OMSENDBRIEF Oktober 2019
By die inwyding van die tempel, "… het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in" (IIKron. 5:7).
Salomo het die hoogagting van die Verbondsark beklemtoon: "… en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel, en die ark waarin die verbond van die Here is, wat Hy met die kinders van Israel gesluit het, daar neergesit" (IIKron. 6:11).
In die toewydingsgebed, het Salomo onder inspirasie van die Gees gesê: "Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het" (IIKron. 6:4).
Hy het benadruk dat alles wat die HERE mondelings belowe het, het ook tot vervulling gekom: "… wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.
Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het" (IIKron. 6: 15-16). Oor al die beloftes wat die HERE in Sy Woord gegee het, waak Hy om te vervul dit wat Hy belowe het (IIKor. 1: 20-22).
In die Nuwe Testament het God 'n nuwe verbond gesluit. Die Nuwe Testament is die stigtings-akte van die Gemeente. Die HERE het self gesê: "… sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie" (Matt. 16:18).
Die HERE het die Nuwe Verbond bevestig met die woorde: "Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes" (Matt. 26:28).
Ons gebed is: "O HERE, onthou die verbond wat u gesluit het met ons, die bloed wat u vir ons vergiet het, die beloftes wat U aan ons gegee het, en skenk aan ons die ewige lewe".
Die beloftes, wat die HERE mondelings gegee het, was deur Sy apostels neergeskryf. Die stigting van die Gemeente het gevolg, deur die uitgieting van die Heilige Gees (Handelinge 2). Onder die direkte inspirasie van die Heilige Gees lê Petrus in sy eerste preek die patroon vir die Gemeente neer, wat die geldigheid van die Nuwe Testament bevestig het: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die HERE onse God na Hom sal roep" (Hand. 2: 38-39). In die Handelinge van die apostels, en in hulle sendbriewe, is alles aan ons oorgelaat wat aan die Gemeente in lering en lewe verorden is.
Die belofte aan die Gemeente voor die Wederkoms van Christus lui: "Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel" (Matt. 17:11; Mark. 9:12a). Voor onse HERE terugkeer en Sy Bruid-Gemeente na Hom toe kan neem, moet ín hulle elke bybelse lering en 'n goddelik-welgevallige lewe herstel wees, insluitende die geestesdoping, geestelike gawes en geestelike vrugte. Ja, alles moet terug na die regte posisie gebring word soos in die begin, dit is die mondelinge belofte van ons Verlosser wat aan ons in Matthéüs 17 vers 11 en Markus 9 vers 12, op skrif gelaat is.
Elia het die verstrooide volk van Israel op die berg Karmel bymekaargemaak, die 12 klippe geneem en die altaar van God herstel. Net so het die Elia van ons tyd die leer van die 12 apostels weer op die kandelaar geplaas, dit op die ou fondament van die apostels en profete gebou (Efé. 2:20), en die volk van God, wat in alle godsdienste en denominasies verstrooid was, weer terug geroep na God, na die ware geloof soos dit in die begin was.
Die gebod van ons tyd lui: "… gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die HERE, die Almagtige" (IIKor. 6: 17-18).
Wie nou genade by God vind, neem aan en glo dit wat in die grondings-Akte van die Nuwe Testament staan. Wie van God is, glo dit wat God aan Sy nuwe-testamentiese Gemeente belowe het.
'n Ernstige vermaning: Niemand mag by die Akte van die Nuwe Verbond, tot en met die boek van Openbaring, hoofstuk 22, iets byvoeg of wegneem nie. SO SPREEK DIE HERE: "As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad" (Openb. 22: 18-19).
Die apostel Petrus was onder die leiding van die heilige Gees toe hy geskryf het: "… En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie" (IIPet. 1: 19-20).