OMSENDBRIEF Oktober 2019
Hulle kom vanaf die Ooste en Weste, hulle kom vanaf die Suide en Noorde …
Met groot dankbaarheid kyk ek terug na al die jare waarin ek my maandelikse sendingsreise gedoen het en in die menigte stede in 165 lande regoor die wêreld toegelaat was om te preek. Maar noudat ek die ouderdom van 85 jaar bereik het, ondervind ek, dat ek nie meer so kan voortgaan nie, omdat omtrent alles afgeneem het: die gesig, die gehoor, selfs om te loop; ja, die hele liggaam is in lyding.
Ek het gedoen wat die HERE my gebied het om te doen. Sedert Broeder Branham se heengaan het ek die boodskap die hele wêreld ingedra, die opgestoorde geestelike voedsel tot die beskikking van al die dienende broeders en alle gelowiges gestel. Reeds sedert 1963, direk nadat broeder Branham oor die Seëls gepreek het, was ek gelei om te skryf en om dit wat vir my belangrik was in die Woord van God, te publiseer. Oor die jare het ek meer as 3,000 manuskrip-bladsye met die hand uitgeskryf, wat dan as brosjures, boeke en omsendbriewe gedruk was. Net soos die apostels die vele verklaringe van die Ou Testament in die Nuwe Testament daargestel het, so kon ek alle aanhalings van broeder Branham, selfs dit wat moeilik is om te verstaan, in die Woord daarstel. Dank sy God daarvoor.
Al kan ek nie meer reis soos in die afgelope dekades nie, het die HERE God seker gemaak dat alle gelowiges regoor die wêreld deel het aan die verkondiging. Dus word die byeenkomste wat hier in die missiesentrum plaasvind, elke eerste naweek van elke maand deur middel van die internet in 15 verskillende tale regstreeks uitgesaai, regoor die wêreld. Tot tienduisend verbindings word gemaak waardeur gelowiges, gesinne en tot hele gemeentes op alle kontinente die dienste kan volg. Die preke kan te eniger tyd gratis op ons tuisblad freie-volksmission.de en op ons YouTube kanaal "FreeVolksmission" opgeroep en afgelaai word.
Die maandelikse byeenkomste wat elke laaste Sondag in Zürich en op die eerste naweek in die missiesentrum hier in Krefeld, Duitsland gehou word, word altyd goed bygewoon. As ons al die vertrekke wat ons hier het: die auditorium met sy galery, die eetkamer, die moeders-kamers en ook die sondagskoolkamer insluit, dan het ons tot 1,130 sitplekke, wat op die eerste naweke byna heeltemal beset word. Amos 8 vers 11 word vervul voor ons oë: "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor".
God het vir alles gesorg: vir die 10,000vkm-groot erf, waarop die aanbiddingshuis, die sendinggebou, die drukkersen versendingshuis opgerig kon word. Die inen uitgange is oop, dag en nag. Nie 'n enkele keer was daar oor die afgelope 60 jaar 'n fondsinsamelingsprogram aangebied of 'n donasie aangevra nie. Nie een keer was daar 'n offerhande of tiendes ingesamel nie. Van die begin af tot vandag toe, word alle brosjures, boeke, CD's, DVD's, ens, gratis verskeep.
By hierdie geleentheid wil ek alle broeders en susters wat hierdie werk van God getrou ondersteun, hartlik bedank. Sommige gooi hul liefdegawes in die offerkassie, ander plaas fondse direk oor in die sendingsrekeninge. Aan almal sê ek nogmaals 'n besonderse dankie, in die naam van die HERE Jesus Christus.
Die gelowiges wat van regoor Europa en ander lande kom, getuig daarvan dat die uitverkorenes die koninkryk van God eerste stel en met die verlange kom om God nuut te ervaar. Ja, dit sal gebeur dat die HERE Sy verlossingswerk deur 'n magtige geesteswerking tot volmaaktheid bring. Ons glo dat dit wat geskryf staan in Romeine 9 vers 28, binnekort vervul sal word: "… want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die HERE 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen". Aan Hom alleen kom toe al die eer.
My gebed is dat die Bruid van die Lam, wat deur die boodskap van hierdie tyd uitgeroep, afgesonder, gereinig en geheilig word, met die Heilige Gees verseël sal word, soos geskrywe is:
"… in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte …" (Efé. 1:13).
Dit sal bewaarheid word: "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy Bruid het haar gereed gemaak …" (Openb. 19:7 — Menge Bybel).
"En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet" (Openb. 22:17). Amen.
In Opdrag van God
Br. Frank
Sou u belangstel om ons literatuur te ontvang, stuur gerus ‘n epos aan:
(in Afrikaans of Engels): info@pretoriamission.co.za
Telefoon: +27-73-631-7762
(in Engels of Duits): volksmission@gmx.de
Telefoon: +49-2151/545151
U kan ook inskakel op die Internet vir ons maandelikse uitsending wat val op die eerste naweek van elke maand: op die Saterdag aand om 19h30 en die Sondag oggend om 10h00 (Sentraal-Europese Tyd). Hierdie uitsendings kan gevolg word in vyftien verskillende internasionale tale. Wees deel van God se Verlossingsplan, soos dit nou in vervulling is!
Ons is ook sigbaar op youtube.com onder
“Apostolic Prophetic Bible Ministry”
Internasionale tuisblad: http://www.freie-volksmission.de
© deur die outeer en uitgewer – E. Frank