OMSENDBRIEF Oktober 2019
Sedert die dood van die man van God, William Branham, in Desember, 1965, het enersyds die voortsetting van die ware Woord-boodskap gevolg, en andersyds was en is daar nog steeds die interpretasies en verkeerde leringe, wat in die algemeen deur godsdienstige fanatieke versprei word. Sommige daarvan sal ons hier noem.
Dit het begin met die aanhalings van broeder Branham dat alles teen 1977 verby sou wees, en dat die Wegraping sou plaasgevind het. Verdere interpretasies het gevolg, byvoorbeeld:
- dat die opstanding plaasgevind het en dat die profeet dan sy bediening in 'n tent binne 30 tot 40 dae sal voltooi.
- dat die Verlosser in 1963, met die opening van die seëls, die genade-troon verlaat het en neergedaal het vir die verlostes.
- dat die HERE reeds in die wekroep van die boodskap neerge-daal het.
- dat die bruilof van die Bruid en Bruidegom nou plaasvind en dat slegs die bruilofsmaal in die hemel sal wees.
- dat die sewe donderslae die Wegrapings-geloof gee en sewe man die sewe donderslae luidkeels sal verkondig.
- dat die Engel van die Verbond uit Openbaring 10 vers 1 al in die leeftyd van die profeet aarde toe gekom het.
- dat William Branham die stem van die sewende engel in Openbaring 10 vers 7 is, omdat hy gereeld daarna verwys het;
- en later, dat hy die stem van God (Voice of God) was, waarom almal na die band-opnames moet luister.
- dat alles vir die Gemeente met broeder Branham se heengaan tot 'n einde gekom het, omdat hy self die tweede koms van Christus vooraf gegaan het.
Op 12 Januarie, 1961, het hy egter beklemtoon: "Dit is die boodskap wat die tweede koms van Christus vooruitgaan. Dit is wat die Angel van die HERE gesê het".
Die lys van dwaalleringe en interpretasies kan nog voortgesit word. Dit is ongelooflik wat manne, wat nie 'n goddelikke opdrag het nie, met aanhalings die profeet as die 'boodskap' versprei! Die belangrike gedeelte in IIJohannes vers 7, is gerig aan alle ontkenners van die liggaamlike wederkoms van Christus: "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie (Luk. 24:51; Hand. 1: 9-11; IKor. 15: 39-58; IThes. 4: 13-17; o.a.). Dit is die verleier en die Antichris.
By nadere ondersoek is die dwaalleringe net oor broeder Branham en wat hy gesê het — nie een keer aangaande Jesus Christus of oor dit wat die Bybel sê nie. Elke dwaalleer het 'n nuwe skeuring gebring, en almal beroep hulle op die profeet. Hulle het baie dinge verkeerd verstaan omdat hulle nie na die Bybel as die eerste en laaste gesag teruggaan nie. Die selferkende predikers dink nie daaraan om hul uitsprake met die Bybel te vergelyk nie.
Broeder Branham, wie vir almal 'n evangelis en 'n profeet was, het al 21 keer in sy nederigheid gesê — ja, 21 keer: "Ek is geen leraar nie … ", maar die vermaning uitgespreek: "Neem niks aan, as dit nie in die Bybel geskrywe is nie". Vir die afgelope 60 jaar vertaal ek sy preke; daarom ken ek dit baie goed.
In die gebedslyne het hy in visioene besonderhede gesien van die siekes wat voor hom gestaan het: dit was aan hom geopenbaar watter siektes hulle het, dikwels ook hul naam, hul woonplek. Met die sienersgawe in sy bediening was hy altyd in staat om te sê: "SO SPREEK DIE HERE: U is genees". Baie keer het die genesing onmiddellik gebeur. Ek het dit in sy byeenkomste in 1955, in Duitsland as ooggetuie gesien, en later ook in die VSA. Dieselfde bediening as wat onse HERE uitgevoer het (Joh. 5:19), het in ons tyd herhaal. Ek dank God vir die eenmalige bediening wat ek persoonlik belewe het!
Maar soos die ou-testamentiese profesieë, eers in die evangelies en in die briewe van die Nuwe Testament hul ordening gevind het, moet alles nou ook in die boodskap in die skriftuurlike konteks geplaas word. As broeder Branham byvoorbeeld 258 keer die woorde uit Sagaría 14 vers 7 "… teen die aand sal dit lig wees …" aangehaal het, omdat dit vir hom net so belangrik was noudat, teen die aandtyd van die dag van verlossing, die volle Lig van die geopenbaarde Woord weereens helder skyn voor die donker middernagtelike uur. Wie die hele hoofstuk lees, sal vasstel dat dit oor die begin van die koninklike Heerskappy gaan, wanneer God die HERE met Sy voete sal staan op die Olyfberg (vers 4). In vers 9 staan daar: "En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE die Enige wees, en sy Naam "die Enigste". (Menge Bybel).
Die veel-aangehaalde vers in Lukas 17 vers 30 is dieselfde: "… net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word". Wie graag wil weet presies waarna vers 30 regtig verwys, moet eers vers 24 lees: "Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees"
en lees dan verder tot vers 36. Die regte antwoord is alleen in die Woord self. Verse 34-36 wys duidelik wat dan sal gebeur: "Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word". Ons weet almal wanneer dit sal gebeur: by die wegraping.
Openbaring 10 het duidelik 'n baie spesiale betekenis vir broeder Branham gehad. Hy het 86 maal daarna verwys. Maar ook hier moet 'n mens die hoofstuk tot aan die einde toe lees, asook hoofstuk 11, om te sien presies waar alles behoort.
In Maart 1962 het broeder Branham die bekende visie gehad van die verskyning van die bonatuurlike wolk en van die berging van die voedsel. Hy het daaroor gepraat aan die begin van sy prediking van 1 April, 1962.
In Desember, 1962, het hy aan my vertel wat hy in die visioen gesien het en wat gesê was: "As die stad opmetings maak, om jou pad te verbreed en die heining op die grasperk plaas, dan moet jy na Arizona gaan".
In Desember 1962 het ek die heining met my eie oë op die grasperk gesien, en broeder Branham het vir my gesê: "Ek moet pak en saam met die gesin na Tucson, Arizona, gaan. Daarom het hy my gevra om in sy plek in Los Angeles en in Oakland, Kalifornië, te preek.
Wat op 28 Februarie, 1963, gebeur het, het broeder Branham op 24 April, 1965, vertel en almal weet dit. 'n Geweldige storm wat die boomtoppe geknak het, en 'n aardbewing het die hele omgewing geskud toe sewe magtige donderslae weerklink het. Die bonatuurlike wolk het neergedaal oor die berg. Daar het hy die opdrag gekry, om na Jeffersonville terug te keer, omdat die sewe seëls geopen moes word. Ek self het later die terrein, 40 myl van Tucson af, gesien, selfs die geknakte boomtoppe en die rotse wat teen die berg afgerol het.
Broeder Branham het hierdie spesiale gebeurtenis op 24 Maart, 1963, in sy preek oor die 7de Seël, genoem toe hy die preekstoel sewe keer met sy vuis slaan en gesê het: "Die 7 donder-slae was so kragtig!" Keer op keer het hy hierdie 7 donderslae genoem, want hulle het weerklink ten tye van die opening van die seëls.
Daar is enkele dinge in die preke van broeder Branham wat moeilik is om te verstaan: oor die 7 donderslae, die derde trek (Third Pull), oor die tentvisioen, ens.; maar ons moet dit laat staan en dit nie tot ons eie vernietiging verdraai nie. Dit is wat Petrus gesê het oor die sendbriewe van Paulus (IIPet. 3:16). Broeder Branham se bediening is verby, maar die boodskap wys aan ons die weg in die hede, tot met die Wederkoms van Christus.