William Branham ‘n Profeet van God gestuur
Ek vind dit nodig om aan die einde van my kort opmerkings die volgende teregwysing te gee: William Branham word onregverdig beskuldig van baie dinge wat hy glad nie gesê het nie, insluitende 'n verklaring wat eintlik die weergawe van Dr. Lee Vayle is.
Die bo-genoemde skrywer het 'n boekie "The Laodicean Church Age" vrygestel en daar op bladsy 7 geskryf: "So I repeat, I sincerely believe and maintain, as a private student of the Word, along with divine inspiration, that 1977 ought to terminate the world systems and usher in the millennium". Presies dieselfde bewoording kan gevind word op bladsy 322 in William Branham se boek: "An Exposition of the Seven Church Ages", wat Dr. Vayle geredigeer het. Ongelukkig ook in alle vertalings in die verskillende tale. Dit is dus heeltemal verkeerd dat enigiemand uit hierdie aanhaling daarop aanspraak maak dat dit William Branham was wat 'n voorspelling gemaak het wat nie uit die waarheid gekom het nie, naamlik dat die sekulêre stelsels in 1977 sou eindig en die millennium ingestel sou word. William Branham het dit nooit gesê nie. Hierdie menslike fout is heel duidelik vir die rekening van Dr. Lee Vayle.
Hier wil ek nie verder verduidelik nie. In elk geval moet daar egter daarop gewys word dat daar nou ook verskillende groepe is wat hulle op Branham beroep sonder dat hul proklamasies in ooreenstemming met hom en die Skrif is. Die Here lei Sy volk op die regte pad ter wille van Sy Naam en laat ons die beloftes vir hierdie tyd ken en in die vervulling daarvan deel. Hy voltooi Sy werk met almal wat glo en Hom vertrou. Die Here laat Sy aangesig oor ons skyn en is ons genadig. Die Here verhef Sy aangesig oor ons en gee ons vrede.
Ek hoop om vir baie met hierdie daarlegging tot diens te wees. Die Here God het nog altyd dit gedoen wat Hy voorgeneem het. Hy het geneem wie Hy wou en is aan niemand anders enigiets verskuldig nie. Geseënd is almal wat die werk van God herken, dit wat nog altyd in verbinding met Sy heilsraadbesluit in hul tydsbestek staan, dit aanvaar en dus regstreeks en heel bewustelik aan die kant van God staan. Daar kan beslis gesê word dat ons nou aan die einde van die tyd van genade leef en dat die Wederkoms van Jesus Christus nou werklik op hande is. Alle bybelgelowige Christene erken die duidelike tekens van die eindtyd. Ons kan ons hoofde omhoog lig, omdat ons weet dat ons verlossing naby is. Mag die bybelse boodskap wat aan ons toevertrou is, dien om te verseker dat alle ware gelowiges uit alle misleidings geroep word en hulle voorbereiding vir die glorie-ryke dag van die Wederkoms van Jesus Christus ervaar.
"En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (Matt. 24:14).
"Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde 'n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek" (Heb. 12:25).
★★★★★★★