Book
William Branham ‘n Profeet van God gestuur
Ewald Frank
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 5
Onder die oop Hemel
5 / 7
Dit wat William Branham op Desember 22, 1962 in 'n visioen getoon was, het regtig gebeur op Februarie 28, 1963, net soos hy dit vooraf op Desember 30, 1962, aan sy plaaslike gemeente meegedeel het. Hy was getoon in 'n visioen dat sewe engele (gérubs) in 'n wolk sou neerdaal. In hierdie visioen het hy die gebied en die individuele gebeure gesien.
Sonder om te weet wanneer dit sou gebeur, het hy en sommige vriende op 28 Februarie, 1963, na die Tucson-woestyn gegaan, in die rigting van Flagstaff, Arizona, om daar te jag. Sy jagvriende het in een rigting gegaan, en hy het na die top van die berg gegaan, soos die Here hom gelei het. Skielik was daar 'n vreeslike geknal, asof 'n groot ontploffing plaasgevind het. Toe hy opkyk, sien hy die sewe engele en die wolk waarin hy toe opgeneem is. Hy het die hemelse wesens van regs na links getel, wat hom in die vorm van 'n piramide genader het. Hul vlerke het mekaar aangeraak. Die een na links van hom, die laaste in die konstellasie, het 'n spesiale indruk op hom gemaak en met hom gepraat. Daar op die berge vanwaar hierdie wolk gekom het, het die oproep na hom gekom: "Gaan terug na Jeffersonville van waar jy gekom het, want, die tyd het aangebreek om die sewe seëls oop te maak". Vanaf 17 tot 23 Maart, 1963, het hy toe die reeks oor die sewe seëls van die boek Openbaring gepreek.
Die wolkkolom wat in die blou lug verskyn het, was vir almal sigbaar. Dr. James McDonald van die Arizona Universiteit in Tucson het verskeie verslae hieroor geskryf. Dit was vir hom onbegryplik dat 'n 26km hoë wolk nog sigbaar was, wat 28 minute na die plaaslike sonsondergang nog in die lug gehang het. Aan die een kant het hy aangevoer dat wolkvorming onmoontlik is op hierdie hoogte. Aan die ander kant kon hy nie homself bring om hierdie fenomeen as 'n bonatuurlike verskynsel te verduidelik nie. Hy het toe gehou by die titel wat hy gekies het:
Available translations
PDF
EPUB