Omsendbrief Desember 2015
Toe ek in April, 1966, van die begrafnis van Broeder Branham af teruggekeer het en met die voltydse bediening begin het, het ek geen idee gehad watter omvang die sendingwerk binne so 'n kort tyd sou het nie. God het van die begin af gesorg vir alles wat nodig was, sodat ons tot vandag nog elke brosjure, elke boek, elke CD of DVD, gratis kon uitgedeel het. Selfs vir die konstruksie van die verskillende geboue — die Huis van aanbidding 1973-1974, die ander geboue in 1977-1978 en ook vir die laaste een in 1990 — was daar geen lening nodig nie. Daar is nog nooit geld genoem nie en ook geen offerandes vir enige spesiale programme ingesamel nie.
Ek is veral dankbaar vir die broeders en susters wie hul verskillende talente aan die Here beskikbaar gestel het: die broeders, wat my ondersteun in die prediking van die Woord; die diakens in die gemeentebediening; die koorleier met die sangers en die orkes; die vertalers wat in die internasionale vergaderings gelyktydig in 12 tale en alle preke op DVD en in druk-vorm vertaal. Ook al die ander wat hier werk in die sendingsentrum, hetsy in die kantoor, in die drukwerk, die versending; tot diegene wat die hele sendingsentrum binne en buite skoon en netjies hou.
Die getroue God het nie net 'n vergadersaal met 'n galery geskenk nie, maar ook 'n eetkamer en 'n sondagskoolvertrek. Dus kan ons met die algemene byeenkomste meer as 1,200 mense akkommodeer.
Selfs met al die nodige tegniese vaardighede, het die Here ons broeders toegerus en gesorg vir die tegnologie. Dit is hoe ons byeenkomste kan hou op die eerste naweek van elke maand en aanlyn, deur middel van die internet, aan die hele wêreld vertaalde dienste kan uitsein, en ook elke maand 11,000 DVD's kan uitstuur. Boeke, brosjures en Omsendbriewe word ook vlot versend deur onse span.
Broeder Paul Schmidt en al die broeders wat in die predikinge deel gehad het in die plaaslike gemeente, sowel as alle dienende broeders wat die Woord in alle lande preek en die reine geestelike voedsel uitdeel, wil ek almal heel hartlik bedank. Ek bedank ook broeders en susters hartlik vir die gebede en die gawes ter ondersteuning van die wêreldwye sendingswerk. Mag God u beloon omdat u dit aan die Here gedoen het.
Ook elkeen van my sendingsreise, die afgelope jaar, was weer 'n triomfantelike tog vir die waarheid. Die Here het gesê: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (Matt 24:14). Duisende gelowiges gaan elke maand aanlyn in 172 lande om die preke te hoor en die byeenkomste te volg. By die vele lande waarin ons al jare ons TV-reekse uitsaai, het daar nou ook 'n TV-stasie in Lahore, Pakistan, bygekom. Aanvanklik was daar 23 stasies in die Arabiese lande. Daar is nou 70 wêreldwyd wat een keer per week my preke uitsaai. Ook in Rusland, Roemenië en Bulgarye het ons gereelde TV uitsendings. Dit behoort nie lank meer te wees totdat die laaste een bereik is nie.
Al het 50 jaar verbygegaan, sedert die Here Broeder Branham weggeneem het, is elke jaar wat die Here aan ons gee, 'n jaar van genade. Wat onse Here gesê het, is geldig tot aan die einde toe: "Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig" (Luk. 4: 18-19).
Die boodskap lui: die gebondes is vry, die skuld is gedelg; alle sonde, ook dié van ongeloof en ongehoorsaamheid, insoverre dit aan Hom bely word met berou, word vergewe. Mag almal die tyd ernstig opneem en kan sê: "Ek het die basuin van God gehoor, die boodskap verstaan, die versoening in Christus en met mekaar aanvaar". God het belowe om alles in Sy Gemeente te herstel en tot die regte stand terug te bring. Sy beloftes is ja en amen (IIKor. 1: 20-22); Hy doen wat Hy belowe het. Die Bruidgemeente is teruggebring, in pas met die Woord en sal aan die einde een hart en een siel word op alle plekke, soos dit aan die begin was.
So waar as wat God leef, het ek die wegraping in Januarie, 1981, gesien en ervaar. Almal was jonk, almal in wit geklee, en ons is opgeneem en het die Nuwe Jerusalem binnegegaan. My gebed is dat elkeen wat hierdie Omsendbrief lees, genade by God sal vind, om teruggebring te word en by die Wederkoms van Christus die bruilofsmaal van die Lam sal meemaak (Openb. 19:9).
"En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom!" (Openb. 22:17).
"Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!" (Openb. 22:20).
Vir 2016 wens ons almal, ongeag in watter stad of land u woon, God se sigbare seëninge, hartlik toe. Ons kyk saam op omdat ons weet dat ons liggaamlike verlossing nader kom. Maranatha.
Gelewer in opdrag van God.
Br. Frank