Christus en Sy Gemeente in Profesie

Christus in Sy verskeie Aspekte

« »

Die Woord van God wys aan ons die Here Jesus Christus in Sy baie verskillende hoedanighede en titels soos Hy in die plan van verlossing gemanifesteer word. Ons sien hom as die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (Joh. 1:29). Hy was die Hoëpriester wat die heiligdom ingegaan het met Sy eie bloed (Hebr. 9: 11-12). Hy is die Middelaar tussen God en die mens (1Tim. 2:5) – die bemiddelaar wat vir ons intree (1Joh. 2:1). Hy is die Leeu uit die stam van Juda (Openb. 5:5), Koning van die konings, Here van die here (Openb. 19:16). Hy is die alles in almal vir die gelowiges, God geopenbaar in die vlees (1Tim. 3:16). Hy is die Seun van God, Seun van die mens en die Seun van Dawid.

Die vier Evangelies beskrywe die lewe van Christus, Sy bediening en lyding, Sy dood, roemryke opstanding en geseënde hemelvaart. Hy verlos Sy eie aan die kruis van Golgota met die storting van Sy Heilige bloed. Op die dag van Pinkster kom Hy terug in die vorm van die Heilige Gees, en kom maak Sy woning in dié wat Hy verlos het. Sedertdien, doen Hy dieselfde werke deur hulle, soos tydens Sy aardse bediening. Hy bevestig die verkondiging van Sy Woord met gepaard-gaande tekens (Heb. 2:4).

Die vroeë Gemeente het "volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede" (Hand. 2:42). Kan ons dieselfde sê? Hulle het besef dat die apostels geïnspireer was om te skryf en te praat onder die leiding van die Heilige Gees. Kan dieselfde gesê word van ons en van die kerk waaraan ons behoort?

Die Apostels het die funksionering en orde van die Gemeente in hul briewe beskrywe. Volgens Efésiërs 4:11 en 1Korinthiërs 12:28, het God aan Sy Gemeente apostels, profete, leraars, evangeliste en pastore geskenk. Hierdie bedieninge is God-gegewe vir die vermaning en vervolmaking van die liggaam van Christus. Hy het ook aan die Gemeente geestelike gawes gegee tot opbouing en stigting daarvan (1Kor. 12: 4-11). Elke ware lid van die liggaam van Christus dra die vrugte van die Heilige Gees (Galasiërs 5: 22-26). Mag dit heeltemal duidelik wees aan almal dat die hele Woord van God nog steeds geldig is.

Die Woord van God gee ons duidelike en akkurate inligting oor al die bedieninge, leringe en ordinansies van die Gemeente van Christus. Niemand moet mislei word nie. Enigeen wat die begeerte het om dit te doen wat reg is, moet die ware bybelse patroon volg. Perfeksie kan net bereik word deur gehoorsaamheid aan al die fondamentele leerstellinge van die Bybel. "Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na volmaaktheid voortgaan ..." (Hebr. 6:1).

Die profetiese aspek van Christus en Sy Gemeente is baie belangrik, veral nou, wanneer bybelse profesieë vervul word. Ons kan natuurlik praat oor die huidige chaotiese wêreld situasie, oor die tekens van die eindtyd, oor Israel en vele ander onderwerpe. Ons dank gaan aan die Almagtige God wat Sy belofte aan die Jode én aan Sy Gemeente gestand hou. Elke ware gelowige kyk gunstiglik na Israel, ongeag die verhouding en die uitkyk van die land waarin hy woon teenoor Israel. Die Israeliete en hul oorlewing is op sigself 'n wonderwerk. "Hoor die woord van die Here, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde" (Jer. 31:10).

God sal Israel sekerlik nooit vergeet nie en hou by al Sy goeie beloftes vir die natuurlike nageslag van Abraham, totdat al Sy bedoelinge met hulle vervul is. Daar is twee dinge wat parallel loop in hierdie geslag – die hergroepering van die Jode vanuit al die nasies en die roeping van die Bruid van Christus uit alle organisasies. Alles het nou hul hoogtepunt in die vervulling van profesieë bereik. Binnekort sal die finale oorwinning kom en dan sal die Allerhoogste verheerlik word. Dit is heeltemal opwindend om te weet hoe die Bruid voorberei word voor die wegraping plaasvind. Daarna sal die Gees van die Here opgehef word vanaf die nasies, en die Here sal aan Sy broeders, die Jode, bekend gemaak word (Sag. 13).

Om 'n totale oorsig van Christus en Sy Gemeente in profesie te kry, moet ons ons wend tot die boek van profesieë, die Openbaring van Jesus Christus. Ware Christene handhaaf altyd 'n gebalanseerde benadering tot die Skrif en erken elke woord in die regte konteks.

Die vier Evangelies wys veral die lewe van Christus vanaf Sy geboorte tot Sy hemelvaart. Die briewe van die Apostels bevat al die leringe en insettinge van die nuwe-testamentiese Gemeente. So ook toon die boek Openbaring Jesus Christus as die Seun van die mens in die midde van die sewe goue kandelaars. Die Here het dit goed gevind om in ons tyd die Woord van profesie aan ons te openbaar. Johannes het die voorreg gehad om in te kyk op al die dinge wat moet gebeur, totdat tyd invou in die ewigheid. Ons moet alle dinge reg plaas en sien in hul behoorlike perspektief in die lig van God se Heilige Woord.

Die boek Openbaring begin met 'n spesiale seëning: "Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie lees, en die wat dit hoor, en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby" (1: 3). Dit eindig met die mees ernstige vermaning wat ons baie, baie versigtig moet oorweeg: "Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is" (Openb. 22: 18-19). Dit spreek van ‘n totale afskeiding vanaf die Here en die ewige lewe.

Regdeur die tydperk van die kerk-eeue het mense die laaste boek van die Bybel gelees, maar was nie in staat om hierdie dinge te verstaan nie, want die profetiese uitinge bly verborge totdat die tyd aanbreek dat dit vervul moet word. Ongelukkig moet ons sê dat die predikers en andere het dit wat in die Evangelies, die briewe van die apostels en profetiese skrifte vervat is, na hul goeddunke geïnterpreteer, in plaas daarvan om hulle te bepaal by wat deur die Heilige Gees aan die lig gebring word.

Net soos die teoloë by die eerste koms van Christus hulle eie opinies gegee het, in plaas van om net te wag en te kyk na die self-vervulling van bybelse profesieë, so gebeur dit ook vandag. Predikers en kerke is so verskans in hulle weë en leringe dat hulle nie meer voorsiening maak vir geestelike openbaring nie. Verduidelikings en interpretasies van profetiese temas van God se Heilige Woord, veroorsaak baie verwarring onder christene. Bybelprofesieë word geskrywe, sodat ons vooruit kan weet wat God van plan is om te doen. Dit laat geen ruimte vir spekulasie nie en moet net erken word soos dit gebeur.

Laat ons ag slaan op die raad wat Petrus ons gee, onder die inspirasie van die Heilige Gees: "... terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie …" (2Petr. 1:20).