Christus en Sy Gemeente in Profesie
In tye van buitengewone bonatuurlike besoekinge van die Here moeshulle wat uit slawerny uitgekom het, baie versigtig wees en nugter bly. Hulle moes die regte Gees en houding teenoor die dinge van God handhaaf. Dit is maklik om ‘n plaasvervanger te aanvaar en die Heilige Gees weg van ons af te bedroef. Wanneer mense vernalatig om in ooreenstemming met die Woord van God te bly, kan hulle maklik in afgodery in wegsink, sonder om dit te bemerk.
Die kinders van Israel het weggedraai vanaf God en skande op Hom en Sy Woord gebring toe hulle die goue kalf gemaak het. Dit is onverstaanbaar hoe Aäron, die een naaste aan die profeet, die mense kon bymekaar maak en Israel tot afgodery bring. Hulle oë was verblind deur vleeslike vergelykings, wat die bediening van die God-gestuurde profeet gediskrediteer het.
Wat ‘n belangrike les vir ons om te leer! God is nie ‘n aannemer van persoon nie. Om met ‘n God-gestuurde profeet te wees, maak ons verantwoordelikheid soveel groter. Na so 'n bediening volg daar altyd 'n tyd van versoeking. Ons is verplig om alles met die Woord van God te verifieer. Die Israeliete het nie besef dat hul dade eintlik die profetiese bediening gediskrediteer het nie en dit wat God gedoen het, tot skande gebring het nie. Die Woord hou steeds waar: "Ek is die Here, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie" (Jes. 42:8).
Kan dit wees dat die geskiedenis herhaal word onder die sogenaamde gelowiges? Die ware Bruid bly altyd getrou aan die Woord; sy glo en is altyd gehoorsaam en kan nie mislei word deur enige fanatisme nie. Sy glo dat God alle dinge doen volgens Sy plan en voorneme.
Wanneer iets gedoen word in opdrag van God, is dit 'n seëning, maar dieselfde ding kan verander in 'n vloek as die gees van afgodery insluip en vleeslike betekenis daaraan toegeskryf word. Dit is dus noodsaaklik dat almal wat hulself gelowig ag, versoen moet word met God se Woord.
Die eindtyd boodskap op sigself is die goddelik-geopenbaarde, hele Raad van God, en moet korrek geplaas word binne die onthulling van die groot verlossingsplan. Ons bou nie op stellings wat uit verband geruk word nie, maar op die soliede fondasie van die Heilige Skrif, wat vir ons die absolute gesag is. Alle preke van broeder Branham moet korrek geplaas word in die Bybel. Enigiemand wat nie bereid is om die Woord van God die finale gesag te gee nie, word nie deur Sy Gees gelei nie, en sal vroeër of later wegdraai vanaf die waarheid.
God het nie 'n nuwe godsdiens begin nie en ook nie 'n nuwe Bybel gegee nie. Broeder Branham het in die middel van alle denominasies en godsdienstige bewegings gestaan en die Woord van God verkondig om die kinders van die Here uit te roep. Wat hy ookal gesê het, moet in die regte verband gesien word met die Woord van God, waaraan niks bygevoeg kan word nie of niks daarvandaan weggeneem mag word nie. Daar was geen tyd op aarde waarin die verlossingsplan so duidelik soos nou gemaak was nie. Maar tog kom die vyand en saai ‘n saad van teenstrydigheid (Matt. 13). Ons moet nie daardeur mismoedig word nie, of toelaat dat ons aandag daardeur afgetrek word nie, want dit was ook so in die tuin van Eden en in die hele Ou en Nuwe Testamente. Wanneer ‘n ware man van God op die toneel gekom het, het daar altyd nabootsers gevolg. Selfs in die dae van Paulus was daar hulle wie gevolg het met verdraaide leringe.
Volgens die Woorde van Christus moet ons dit laat saamgroei tot die oestyd, wanneer die koringkorrels geskei sal word van die onkruid. Tot dan val die reën op beide sade – die regverdiges en die onregverdiges, en die son skyn op die goeie en die slegte.
Lede van die liggaam van Christus, weerhou hulle van enige interpretasie van die Woord, visioene en voorspellings. Ons verkondig die Woord en die res laat ons in die hande van die Almagtige God. Wanneer die Here ‘n visioen of ‘n belofte gee, sal Hy alleen sorg dra daaroor. Dit is uitsluitlik Sy verantwoordelikheid. In Sy eie tyd sal die betekenis daarvan geopenbaar word.
Sommige dink dat 'n paar dinge wat broeder Branham in 'n gesig gesien het, nog moet gebeur maar neem nie in ag dat natuurlike dinge soms geestelike betekenis het nie. As profete in die eerste persoon gepraat het oor dinge wat sou gebeur, het hulle nie altyd geleef ten tye van die vervulling daarvan nie. Hul visioene was egter nietemin "So spreek die Here!".
Toe Petrus op die dak was, het hy ‘n seldsame visioen gesien. Hy het ‘n verskeidenheid viervoetige diere gesien, wildes, kruipendes, ens – 'n baie vreemde prentjie. Hy is meegedeel: "Slag en eet!" die gesegde: "God bedoel wat Hy sê en sê wat Hy bedoel" het slegs betrekking op die geestelike. Die Here toon dikwels natuurlike dinge in 'n gesig om die geestelike te beskryf. Petrus het aanvanklik nie die visioen verstaan nie, maar God het aan hom die antwoord gegee. Hy werk aan beide kante (Hand. 10).
Dink net watter groot skade die fisiese interpretasie van hierdie visioen kon veroorsaak het! Wat as Petrus en andere begin praat en preek het daaroor? Dit was aan Petrus gegee vir persoonlike leiding.
Toe die Here aan my dagbreek op April 2, 1962 gesê het van die opstoring van voedsel en van die komende hongersnood, het Hy verskillende kos-soorte, groente, aartappels, meel, olie, wortels, ens., genoem. Ons het gedink daar kom ‘n natuurlike hongersnood, sonder om te besef wat God se Woord sê oor so 'n hongersnood in Amos 8:11. Ons het die woorde van die Here letterlik opgeneem en die kossoorte gestoor.
Ek het die geestelike betekenis van hierdie woorde nie verstaan nie, totdat ek broeder Branham ontmoet het op Desember 3, 1962, toe hy aan my deur ‘n goddelike openbaring gesê het dat dit nie ‘n natuurlike hongersnood was nie, maar 'n geestelike; ‘n honger na die Woord van God. Hy het my vertel dat die kos wat ek moet stoor, die geopenbaarde Woord van God vir hierdie tyd is, wat die preke was wat op band opgeneem was. God self sal Sy werk voltooi volgens Sy goddelike plan. As ons net kan rus in Hom en voortdurend "... die oog gevestig (hou) op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof ..." (Hebr. 12:2).
Kom ons proklameer die hele Raad van God, die volle Evangelie van die Here Jesus Christus en dien Hom heelhartig. Totdat Jesus kom, sal ons redding verkondig aan die verlorenes, genesing van siekes, bevryding aan die gevangenes en aan die wat verdruk word deur die vyand. Ons sal diegene doop wat Christus aangeneem het en berou het oor hulle sondes, en bid dat hulle die Heilige Gees ontvang. Ons sal die nagmaal bedien en die voetewas waarneem – ons sal al Sy gebooie uitvoer.
Sou u in aanraking kom met individue of groepe wat hul balans verloor het, moenie die kosbare Woord versmaai daaroor nie. Ons verwerp nie vir Petrus net omdat sy standbeeld opgerig is in die Vatikaan en miljoene dit 'n afgod maak deur dit in die openbaar te soen nie. Toe ek dit sien, het ek duiselig gevoel, maar ek hou aan om die Here te loof vir die groot apostel, wat God op so 'n wonderlike manier gebruik het.
Ongelukkig gaan sommige mense oorboord, as dit kom by broeder Branham. Maar laat ons nie daarna kyk nie. Die vyand is altyd oor-aktief waar ookal God aan die werk is, om ons weg te lei van wat God besig is om te vermag.
Die Here Jesus Christus moet die middelpunt van ons gesprekke, ons sang, prediking en gebed wees. Hy moet voorrang geniet in alle sake. Hy is die een in die midde van die sewe-lamp goue kandelaar. Alhoewel Sy dienaars en profete, gerespekteer moet word vir hul bedienings en die posisies waarin Hy hulle aangestel het, verdien die Here Jesus Christus alleen ons bewondering en aanbidding, ons lofprysings en verheerliking.
"Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid. Amen" (Jud. 24-25).
Deur Sy opdrag
© deur die outeer en verspreider, E. Frank
In tye van buitengewone bonatuurlike besoekinge van die Here moes hulle wat uit slawerny uitgekom het, baie versigtig wees en nugter bly. Hulle moes die regte Gees en houding teenoor die dinge van God handhaaf. Dit is maklik om ‘n plaasvervanger te aanvaar en die Heilige Gees weg van ons af te bedroef. Wanneer mense vernalatig om in ooreenstemming met die Woord van God te bly, kan hulle maklik in afgodery in wegsink, sonder om dit te bemerk.

Br. Frank