Book
Christus en Sy Gemeente in Profesie
Ewald Frank
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 4
"Om aan Sy diensknegte te toon ..."
4 / 10
Die Almagtige God het nooit opgehou om duidelike instruksies aan Sy volk te gee nie, deur Sy boodskappers, dienaars en profete wat Sy spesiale Woord het vir hul tyd. As mense in hul oorvloed die Here vergeet het en afgedwaal het van Sy weë, dan stuur God 'n boodskap van waarskuwing voordat die oordele tref:
"En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die Here terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie ... So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die Here verlaat het, het Hy julle verlaat" (2Kron. 24: 19,20b). God se oordeel is weer op hande. Wat is die boodskap wat nou weerklink, voordat dit tref?
Ek wil graag u aandag vestig op die boek van profesie – Die Openbaring van Jesus Christus. Daarin het die Here belowe, "om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur ..." (Openb. 1:1). Die profetiese boodskappe daarin was gestuur om die mense reg te help, en terug te bring na God. Die sukses of mislukking van u eie geestelike lewe hang af van hoeveel waarde u daaraan heg. Die Heilige Gees wat in ons is, sorg altyd dat ons "Ja" en "Amen" sê vir die beloofde Woord.
Die woord ‘diensknegte’ is in die meervoud en verwys hoofsaaklik na die sewe boodskappers in die regterhand van die Here, wie die profetiese openbaring van die Woord deur die Heilige Gees tydens die sewe kerk-eeue ontvang.
Die feit dat die Here Sy engel gestuur het na Johannes, toon die belangrikheid van die inhoud van die laaste boek van die Bybel. "… wat Hy deur die sending van Sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het ..." (Openb. 1:1b). God het Sy engele in die hemel en op aarde het Hy boodskappers, om dinge wat moet gebeur aan te kondig.
Nie sommer enige lid van die liggaam van Christus kan so ‘n dienskneg van God wees nie. Die Woord van die Here kom aan so een wie se bediening direk gekoppel is aan God se stem, maar almal moet die stem van Sy Woord hoor. God neem iemand van Sy eie keuse om te getuig wat hy gesien en gehoor het. Johannes het getuig "... van die Woord van God en die getuienis van Jesus Christus – alles wat hy gesien het" (Openb. 1:2). Hy het visioene gesien en het die Woord deur 'n openbaring ontvang, net soos die diensknegte en profete van ouds. Daar is 'n uiterse groot verskil om die kennis van die Woord te het, wat ons geleidelik kan ophoop, en om die openbaring van Jesus Christus te het, wat slegs deur die Heilige Gees ontvang kan word. Eers dan sal die woord vir ons Gees en lewe word.
Daar is 'n groot verskil tussen 'n man wat praat van Christus, en Christus wat praat deur ‘n profeet wat "So spreek die Here" het. Paulus, die groot apostel, bely: "... want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus" (Gal. 1:12).
Available translations
PDF
EPUB