Christus en Sy Gemeente in Profesie
Toe Johannes op Patmos was, was Hy opgeneem in die Gees en het die profetiese deel van die plan van verlossing in simbole gesien. Die kerk-eeue was aan hom gewys en dit wat sal gebeur tot aan die einde van tyd. Hy het selfs die nuwe hemel en nuwe aarde gesien.
Hy getuig: "Ek was in die Gees op die dag van die Here ..." (Openb. 1:10). Sommige mense dink dat die Dag van die Here is Saterdag, terwyl ander meen dat dit Sondag is. Beide sienings is vleeslike interpretasies. Die 24 uur dag is buite die kwessie, want Johannes was in ballingskap op die eiland van Patmos vir twee jaar.
Die Bybelse beskrywing van die dag van die Here is duidelik. Dit is 'n tydperk wat begin ná die dag van genade en verlossing. Dit begin met die oordeel oor die nasies wat optrek teen Jerusalem: "Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing. Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. Die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en die aarde bewe. Maar die Here sal ‘n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel" (Joël 3: 14-16).
Die eerste drie hoofstukke van Openbaring praat oor dinge wat verband hou met die nuwe-testamentiese Gemeente – 'n tydperk wat bekend staan as die dag van heil en die dag van genade. "Kyk, nou is die tyd van welbehae; kyk, nou is die dag van heil" (2Kor 6:2b). Net soos die dag van heil begin en ook sal eindig met 'n kragtige demonstrasie van God se krag tot redding, begin en eindig die dag van die Here ook met ‘n kragtige demonstrasie van God se oorwinningskrags oor Sy vyande.
Die tyd van genade duur tot die Bruid van Christus volmaaktheid bereik en in heerlikheid opgeneem word. God het die wêreld in ses dae geskape en op die sewende dag gerus (Exo. 31:17). Die 6,000 jaar sal binnekort volledig wees, dan begin die sewende dag, die dag van die Here "Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie … dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag" (2Petr. 3:8).
Sommige mense glo fanaties dat iemand wat aanbidding doen op ‘n Sondag, die merk van die dier het. So 'n noodlottige en vernietigende verklaring draai die Bybel onderstebo; dis net ‘n interpretasie. Hoe kan enigeen dit waag om te sê dat Christus die merk van die dier het omdat Hy met Sy dissipels op die eerste dag van die week (Sondag) vergader het? "En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: vrede vir julle …" (Joh. 20:19). Hy verskyn weer 'n week later, toe Sy dissipels weer bymekaar was (v.26). Hoe kan enigiemand sê dat die eerste Christene die merk van die dier gehad het, omdat hulle op Sondag aanbid het? "En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek ..." (Hand. 20:7) Paulus het selfs die insameling vir die gelowiges uitgestel vir die dag na die Sabbat: "Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie" (1Kor. 16: 1-2).
Die viering van Sabbat is vir die Jode: "En die kinders van Israel (nie die nasies nie) moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken" (Exo. 31: 16-17).
Die Here Jesus Christus en die apostels het altyd vir die Jode op die Sabbat gepreek want dit was die dag wanneer Jode aanbid het. Christene, daarteenoor, eerbiedig die dag van die opstanding, maar is nie beperk tot 'n sekere dag soos die Jode nie. Alle ware dissipels van Jesus Christus het vrede by God en het die ware "sabbatsrus" ingegaan. Hierdie rus is nie net een dag van die week nie, dit is ‘n ewige rus!
Geskiedenis dui aan dat die pouslike stelsel 'n bevel uitgereik het wat verklaar het dat Sondag die enigste dag van aanbidding vir Jode en Christene behoort te wees. Christene het toe alreeds op hierdie dag vergader, vanaf die dae van die apostels. Watter vreeslike gevolge hierdie opdrag egter op die Jode gehad het, kan niemand indink nie! Die Kerk van Rome het hulle daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die dood van Christus en het hierdie gesaghebbende edik teen hulle uitgevaardig. Dit het gelei tot hul vervolging, marteling en menigte is selfs vermoor. Die regverdige God van die hemel gaan eendag hierdie wrede dade wreek!
God het Sy manier met die Jode en so ook met die Nasies. God het die Sabbat as 'n teken van Sy verbond aan die Jode gegee en die Gemeente van die Nasies vier die opstanding van die Here Jesus Christus. God het nooit bedoel dat die Jode die Sondag moet onderhou nie, nog minder was die Nasies aangesê om die Sabbat te hou nie.
Sommige mense glo selfs dat die viering van Sabbat die seël van God is. Dit het geen bybelse grondslag nie. Die Bybel sê baie eenvoudig wat die seël van God is – dit is die seël van die Heilige Gees. Diegene wat na preke van broeder Branham geluister het, verstaan duidelik wat God se seël is en ook wat die merk van die dier is.
Die oes-insameling van die nuwe-testamentiese Gemeente was versinnebeeld deur die beweging van die eerstelingsgerf voor die Here, in die oggend ná die Sabbat (Lev. 23: 10-11). Pinksterdag, die 50ste dag, val ook op die dag ná Sabbat (Lev. 23: 15-16). Die Sabbat sal ook die dag van aanbidding wees tydens die Vrederyk: "En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here." (Jes. 66:23)
Besprekings en argumente oor etery en drinkery of die handhawing van sekere dae is nie opbouend vir enigiemand nie. "Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge" (Kol. 2: 16-17).
Johannes was in die Gees vir 'n veel groter doel as om net ‘n 24-uur dag te vier. Hy het die hele verloop van tyd gesien gepaard met die belangrike dinge wat moet gebeur. Dieselfde Heilige Gees openbaar dit ook nou deur die profetiese bediening.