Wegwyser
Enigiemand wat deur 'n vreemde land of 'n onbekende gebied reis, is dankbaar vir wegwysers; dit help hulle om hul bestemming beter en vinniger te bereik. Ons bevind ons in hierdie lewe op 'n wonderlike reis. Nietemin, met of sonder ‘n doelstelling kom die eindbestemming vir almal — die laaste dag. Niemand kan dit ontkom nie. Dit is 'n voordurende kom en gaan. Lewe en dood is ‘n konstante siklus.
So uiteenlopend soos die landskappe en klimaatstoestande is, so verskillend is ons lewens ook. As aardbewoners ondergaan ons verskeie gebeure en ook verrassings. Dit gaan oor die hoogtes en deur die dale, deur vreugde en lyding. Almal word vroeër of later, op die een of ander manier getoets. Die mens ontluik soos 'n blom, dan verdwyn hy. Siektes, sorge, behoeftes en probleme van verskillende aard tree na vore.
Sommige vind die weg na sukses, verkry aansien en rykdom, terwyl ander weer met niks uitgaan; maar niemand kan die skaduweekant van die lewe ontsnap nie. Skielik tref dinge ons wat ons nooit mee rekening gehou het nie. Daar is geen uitsonderings nie. Dit stem ‘n mens tot nadenke om dan te vra: Waarom moet dit of dat so wees? Ons word uit die midde van familie en uit die samelewing dan heen geroep, en laat alles agter — ook die miljoenêr moet gaan soos hy gekom het. Tot dusver het niemand al iets met hulle saam geneem nie. By elke begrafnis ontstaan die vraag opnuut, of alles oor is met die dood en of daar 'n lewe is ná die dood. Indien ja: wanneer, waar en watter omstandighede?
Is geloof in die ewige lewe nie net 'n fantastiese idee van die mistieke of 'n bespiegeling van die vroomes nie? Dit is welbekend dat daar al gevra was, of iemand al teruggekom en kom vertel het daarvan. Sommige is teleurgesteld en verbitterd, wil nie van hierdie dinge hoor nie en glo nie in God of in Sy Woord nie.
Oor die veel-besproke vraag oor wat regtig ná die dood gebeur, gee die Heilige Skrif aan ons 'n bindende antwoord. Die inhoud daarvan bevat nie net die hele omvang van die verlede, die hede en die toekoms nie, maar dit sluit ook die ewigheid in. Dit gee uitsluitsel oor waar ons vandaan kom en ook waarheen ons gaan. Soos ons ons gedagtes in woorde tot uitdrukking bring, het God Sy gedagtes in Sy onfeilbare woorde tot uitdrukking gebring en aan die mensdom oorgedra. Natuurlik berig die Bybel ook oor menslike foute, maar dit is juis wat ons bemoedig, want ons het immers almal gefouteer.