Wegwyser
Miskien is u vertroue geskud. U was dalk deur 'n kerk of ‘n christelike gemeenskap teleurgestel, óf deur mense na wie u opgekyk het. Veral diegene wat die kerkgeskiedenis ken, weet watter gruweldade gepleeg was in die naam van God en die Kerk, en het hulle daaroor geskaam. Hulle kon nie God en die kerklike handelinge versoen nie en het dus die geloof in albei oorboord gegooi.
Maar ter verdediging van die Gemeente van Jesus Christus, moet dit gesê word, die feit dat hulle nooit gemoor het nie, hulle hul nooit aan ander se goedere vergryp het nie en geen onreg gepleeg het nie. Daar was periodes in die kerkgeskiedenis waarin politieke, godsdienstige en ekonomiese mag vanuit Rome uitgeoefen was, maar dit kan nie op God geblameer word nie. Ongelukkig was die weg na Christus in die afgelope eeue belemmer deur hierdie soort ongewenste verwikkelinge. Mense het teleurgesteld afstand gedoen van die saligheid, wat hulle net in verband met die bestaande godsdienstige instellinge gesien het. Daar is egter geen godsdiens, christelik of andersins, wat jou kan red nie. Niemand kan dit ook op hul eie manier doen nie. Almal moet die regte manier vind en bekering persoonlik ervaar. Christus het gesê: "As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”(Joh. 3:3).
Miskien is u vertroue geskud. U was dalk deur 'n kerk of ‘n christelike gemeenskap teleurgestel, óf deur mense na wie u opgekyk het. Veral diegene wat die kerkgeskiedenis ken, weet watter gruweldade gepleeg was in die naam van God en die Kerk, en het hulle daaroor geskaam. Hulle kon nie God en die kerklike handelinge versoen nie en het dus die geloof in albei oorboord gegooi.
Maar ter verdediging van die Gemeente van Jesus Christus, moet dit gesê word, die feit dat hulle nooit gemoor het nie, hulle hul nooit aan ander se goedere vergryp het nie en geen onreg gepleeg het nie. Daar was periodes in die kerkgeskiedenis waarin politieke, godsdienstige en ekonomiese mag vanuit Rome uitgeoefen was, maar dit kan nie op God geblameer word nie. Ongelukkig was die weg na Christus in die afgelope eeue belemmer deur hierdie soort ongewenste verwikkelinge. Mense het teleurgesteld afstand gedoen van die saligheid, wat hulle net in verband met die bestaande godsdienstige instellinge gesien het. Daar is egter geen godsdiens, christelik of andersins, wat jou kan red nie. Niemand kan dit ook op hul eie manier doen nie. Almal moet die regte manier vind en bekering persoonlik ervaar. Christus het gesê: "As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh. 3:3).