Wegwyser
In die skeppingsverslag word God aan ons voorgestel as die Skepper. Die bestaande skeppingwerk, dui op die bestaan van ‘n skepper. Pseudo-wetenskaplikes het veral onlangs probeer om, in hul konflik, die bybel-weergawe van die skepping te weerlê. Maar hul aansprake word soos kaf deur die wind weggewaai. Dit is gebaseer op hipoteses wat spruit uit hul eie idees of dié van ander. Maar dit is algemeen bekend dat welbekende wetenskaplikes kort voor hul dood erken het dat daar 'n God moet wees.
Wie beweer dat alles vanself ontstaan het, wys dat hulle alle logiese denke ontbreek. So 'n bewering is net so onsinnig soos om te beweer dat 'n motor, 'n huis of ander voorwerpe, vanself ontstaan het.
Wie beweer dat alles uit 'n oorspronklike sel ontwikkel het, moet ons vertel wie die oorspronklike sel geskep het en waarom dinge nie vandag vanself ontwikkel nie. Waarom verloop die ganse skepping in die oorspronklike gegewe lyn, sonder afwyking?
Sommige beweer dat die mens afstammelinge van ape is; waarom ontwikkel ape deesdae dan nie tot mense nie? Soms is die teendeel waarskynliker. Wie God en Sy woorde weerspreek sal in innerlike konflik leef. Sielsvrede sal vir hom vreemd bly, want die gewete sal hom altyd aankla.
Kom ons stel ons die heelal voor met sy ontelbare sterre en die geweldige omvang daarvan. Dink net aan die aarde, wat die son met ongekende presiesheid omwentel. Die verskeidenheid diere- en plantlewe is ook bewonderenswaardig. en nie in die minste is die mens self, wat as die kroon van die skepping, die meesterstuk van God, in Sy beeld met unieke intelligensie geskape was. Gee dit alles nie aan ons ‘n vae idee van die oneindige grootheid van die Een wat alles so wonderlik gemaak het nie?
Die menslike kennis en vaardighede waarmee ons toegerus is, moet ons nie so arrogant maak dat ons die Heilige Skrifte moet ondermyn en ontken nie. Paulus, die groot apostel, het geskryf: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword … hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen” (Rom. 1: 22+25). Sonder enige twyfel prys die majestueuse skeppingswerk sy Meester. "En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so”. Ons is daaraan gewoond om elke jaar die oes in te bring, die vrugte van die bome te pluk, en die groente uit die tuin te haal. Het ons al ooit gedink wie sit dit alles saam en wie sorg eintlik vir ons? Wie is dit, wat alles laat groei en voorspoedig maak? Wat sou gebeur het, as daar geen lewenskiem of geen voorsorg vir vermeerdering of voortplanting in die saadkorrels en plante sou gewees het nie? Dan sou daar geen gesaai of geoes kon plaasvind nie. Ons moet toegee dat die Skepper aan alles gedink het en dit op die beste manier georden het. Die mens het die vermoë om verbasende dinge te doen, net die lewe kan hy nie skape nie. Al is dit bv. kunsmatige koring waarvan die stof en samestelling 100% ooreenkom met die natuurlike koring, ontbreek dit egter die lewenskiem. Die lewe is en bly 'n verborgenheid. Dit kan nie ontdek, verduidelik of deurgrond word nie. Dit het sy oorsprong in die een wat die Lewe is en waardeur alle lewe kom.
Dit is oorweldigend hoe die skepping en die skeppingsberig saamstem. Almal moet dit erken. Maar dit lyk, asof hierdie gedagte nie regtig inpas in ons moderne samelewing nie. Die mens het homself op die voorgrond geskuif. Hy dink: omdat alles in oorvloed is, waarom sal ons dan nog bid? Daar word dan eerder verwyte geslinger wanneer rampe voorkom en misoeste. Dan word God beskuldig, ja, deur hulle wie God eintlik nie glo nie.
In die skeppingsverslag word God aan ons voorgestel as die Skepper. Die bestaande skeppingwerk, dui op die bestaan van ‘n skepper. Pseudo-wetenskaplikes het veral onlangs probeer om, in hul konflik, die bybel-weergawe van die skepping te weerlê. Maar hul aansprake word soos kaf deur die wind weggewaai. Dit is gebaseer op hipoteses wat spruit uit hul eie idees of dié van ander. Maar dit is algemeen bekend dat welbekende wetenskaplikes kort voor hul dood erken het dat daar 'n God moet wees.
Wie beweer dat alles vanself ontstaan het, wys dat hulle alle logiese denke ontbreek. So 'n bewering is net so onsinnig soos om te beweer dat 'n motor, 'n huis of ander voorwerpe, vanself ontstaan het.
Wie beweer dat alles uit 'n oorspronklike sel ontwikkel het, moet ons vertel wie die oorspronklike sel geskep het en waarom dinge nie vandag vanself ontwikkel nie. Waarom verloop die ganse skepping in die oorspronklike gegewe lyn, sonder afwyking?
Sommige beweer dat die mens afstammelinge van ape is; waarom ontwikkel ape deesdae dan nie tot mense nie? Soms is die teendeel waarskynliker. Wie God en Sy woorde weerspreek sal in innerlike konflik leef. Sielsvrede sal vir hom vreemd bly, want die gewete sal hom altyd aankla.
Kom ons stel ons die heelal voor met sy ontelbare sterre en die geweldige omvang daarvan. Dink net aan die aarde, wat die son met ongekende presiesheid omwentel. Die verskeidenheid diere- en plantlewe is ook bewonderenswaardig. en nie in die minste is die mens self, wat as die kroon van die skepping, die meesterstuk van God, in Sy beeld met unieke intelligensie geskape was. Gee dit alles nie aan ons ‘n vae idee van die oneindige grootheid van die Een wat alles so wonderlik gemaak het nie?
Die menslike kennis en vaardighede waarmee ons toegerus is, moet ons nie so arrogant maak dat ons die Heilige Skrifte moet ondermyn en ontken nie. Paulus, die groot apostel, het geskryf: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword … hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen”(Rom. 1: 22+25). Sonder enige twyfel prys die majestueuse skeppingswerk sy Meester. "En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so”. Ons is daaraan gewoond om elke jaar die oes in te bring, die vrugte van die bome te pluk, en die groente uit die tuin te haal. Het ons al ooit gedink wie sit dit alles saam en wie sorg eintlik vir ons? Wie is dit, wat alles laat groei en voorspoedig maak? Wat sou gebeur het, as daar geen lewenskiem of geen voorsorg vir vermeerdering of voortplanting in die saadkorrels en plante sou gewees het nie? Dan sou daar geen gesaai of geoes kon plaasvind nie. Ons moet toegee dat die Skepper aan alles gedink het en dit op die beste manier georden het. Die mens het die vermoë om verbasende dinge te doen, net die lewe kan hy nie skape nie. Al is dit bv. kunsmatige koring waarvan die stof en samestelling 100% ooreenkom met die natuurlike koring, ontbreek dit egter die lewenskiem. Die lewe is en bly 'n verborgenheid. Dit kan nie ontdek, verduidelik of deurgrond word nie. Dit het sy oorsprong in die een wat die Lewe is en waardeur alle lewe kom.