Wegwyser

Beproef alles!

« »

Baie dinge is in die Christendom ingevoer, waarvan daar in die vroeë Christendom geen spoor was nie. Alhoewel ons in 'n tyd van grondliggende klaarheid lewe, gee meeste mense nie om oor geestelike dinge nie. Hoekom dan nie? Die Bybel is in ons taal en elkeen het die geleentheid om dit na te vors. Niemand moet net blindelings glo nie, maar self sien of dit wat geleer en geglo word, goddelike oorsprong het, of dit uit die vroeë Christendom kom. As dit om ons eie saligheid gaan, moet niemand op mense se woorde fokus nie, net op God se Woord. Slegs die suiwer bybelse leringe wys ons die regte weg, nie dogmas wat deur mense ingelei is nie.

Om aan 'n godsdienstige gemeenskap te behoort, sê absoluut niks oor ons verhouding met God nie. Die grootste deel van die mensdom is onwetend in 'n verskriklike dwaling. Vanaf geboorte tot die dood is die massas mislei. Die meeste is net Christene in naam, sonder ‘n verhouding met Christus. Jongmense van Europa gaan op pelgrimstogte deur Indië, skaamteloos geklee, op soek na innerlike vrede. Wat die Christendom nie aan hulle gegee het nie, soek hulle in Hindoeïsme, smagtend na die diepste begeertes van hull siele. Hier en daar mediteer hulle dan voor heiligdomme in die hoop op antwoorde. Maar dit is ook tevergeefs. Dit is in alle mense om 'n hoër wese te aanbid. Maar 'n idee kan nie ‘n verlange bevredig nie. Wie sal hand uitreik na die jong mense en hulle op die regte weg lei? Word die geloof in skole en universiteite geleidelik ondermyn? Wat het nou oorgebly? — Terreur en rebellie teen die owerhede. Die vrees vir God het verlore gegaan. Dit wat in vorige jare gesaai is, was 'n bose saad, en dus ook die oes. Die enigste help wat ons het, is God.

Die alles-omvattende uitnodiging van die Here lui: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee”(Matt. 11: 28-30). Niemand hoef na 'n vêr land op pelgrimstogte te gaan of 'n spesiale plek op te soek om Christus te ontmoet nie. Wie in ‘n kinderlike geloof smeek, sal 'n God-ervaring hê en sal kan sing: “Wat ‘n vreugde is dit om verlos te wees!”.

Wie sonder Christus lewe, sal ook sonder Hom sterwe. Dit kom daarop neer, dat ons genade by God moet vind, en met Sy seëninge hiervandaan vertrek. Niemand moet mislei wees nie. Slegs diegene wat reeds die ewige lewe ontvang het in hierdie lewe, sal dit ná die dood het. Die dood vervoer ons net na die hiernamaals. Die koers word hiér bepaal of ons op of af gaan.

Baie dinge is in die Christendom ingevoer, waarvan daar in die vroeë Christendom geen spoor was nie. Alhoewel ons in 'n tyd van grondliggende klaarheid lewe, gee meeste mense nie om oor geestelike dinge nie. Hoekom dan nie? Die Bybel is in ons taal en elkeen het die geleentheid om dit na te vors. Niemand moet net blindelings glo nie, maar self sien of dit wat geleer en geglo word, goddelike oorsprong het, of dit uit die vroeë Christendom kom. As dit om ons eie saligheid gaan, moet niemand op mense se woorde fokus nie, net op God se Woord. Slegs die suiwer bybelse leringe wys ons die regte weg, nie dogmas wat deur mense ingelei is nie.

Om aan 'n godsdienstige gemeenskap te behoort, sê absoluut niks oor ons verhouding met God nie. Die grootste deel van die mensdom is onwetend in 'n verskriklike dwaling. Vanaf geboorte tot die dood is die massas mislei. Die meeste is net Christene in naam, sonder ‘n verhouding met Christus. Jongmense van Europa gaan op pelgrimstogte deur Indië, skaamteloos geklee, op soek na innerlike vrede. Wat die Christendom nie aan hulle gegee het nie, soek hulle in Hindoeïsme, smagtend na die diepste begeertes van hull siele. Hier en daar mediteer hulle dan voor heiligdomme in die hoop op antwoorde. Maar dit is ook tevergeefs. Dit is in alle mense om 'n hoër wese te aanbid. Maar 'n idee kan nie ‘n verlange bevredig nie. Wie sal hand uitreik na die jong mense en hulle op die regte weg lei? Word die geloof in skole en universiteite geleidelik ondermyn? Wat het nou oorgebly? — Terreur en rebellie teen die owerhede. Die vrees vir God het verlore gegaan. Dit wat in vorige jare gesaai is, was 'n bose saad, en dus ook die oes. Die enigste help wat ons het, is God.

Die alles-omvattende uitnodiging van die Here lui: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11: 28-30). Niemand hoef na 'n vêr land op pelgrimstogte te gaan of 'n spesiale plek op te soek om Christus te ontmoet nie. Wie in ‘n kinderlike geloof smeek, sal 'n God-ervaring hê en sal kan sing: “Wat ‘n vreugde is dit om verlos te wees!”.