Die Antichris
Soos ons reeds voorheen vermeld het, het die profeet Daniël vooraf die wesenlike gebeure van die eindtyd in simbool-vorm gesien. Hy het dus aan die koning getuig, "Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur" (Dan. 2:28). So is die volk van God ook nou heeltemal ingelig oor al die huidige gebeure. Wat die HERE sê in Mattheus 23:34 is nog steeds geldig vandag: "Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes". Terwyl politici op veronderstellings vertrou aangaande die toekomstige, herken die gelowiges die tekens van die tye, aan die hand van die Woord van God. Hulle begryp dat ons nou in 'n profetiese tyd lewe. Hulle kan wat die profete en apostels in gesigte gesien en onder die inspirasie van die Gees geskryf het, korrek plaas. God se Woord kom altyd na die profete, nie na die teoloë nie.
Tog erken elke ware profeet en apostel soos Daniël: "En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur 'n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie ..." (Dan. 2:30). In sy gebed loof Daniël die HERE en sê: "Hy verleen wysheid aan wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duisternis is, en die lig woon by Hom" (vv. 21 en 22).
Eerstens sien die profeet Daniël ook die standbeeld wat Nebukadnésar vooraf in ‘n droom gesien het en beskryf dit aan hom op hierdie manier: "Daar was ‘n groot beeld ... sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei" (Dan. 2: 31-33). Die standbeeld verteenwoordig natuurlik 'n persoon omdat dit praat van ‘n hoof, bors, arms, buik, dye, bene en voete. Terselfdertyd versinnebeeld dit die vier agtereenvolgende wêreldryke.
In verse 37-45 gee hy die betekenis van hierdie vier groot wêreldryke wat histories as volg geleë is: die Babiloniese ryk, verteenwoordig deur die hoof van goud, was in beheer van die wêreld-mag gedurende die jare 606-538 v.C.; dan die koninkryk van die Mede en die Perse, verteenwoordig deur die bors en arms van silwer, was aan bewind gedurende die jare 538-330 v.C.; die Griekse wêreldryk, wat begin het in die tyd van Alexander die Grote, het die maag en lendene van koper verteenwoordig. Dit het gestrek vanaf 330 tot en met 30 v.C.; sedert daardie tyd het die Romeinse Ryk die wêreld heerskappy oorgeneem en heers tot die einde.
In hoofstuk 7 sien dieselfde profeet hoe die vier winde van die hemel die groot see van mense in beroering bring, waaruit vier kragtige diere verskyn. Die eerste was soos 'n leeu, die tweede soos 'n beer en die derde soos 'n luiperd. Die vierde dier word nie van naby aangedui nie; dit word net op hierdie wyse beskryf: "Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad" (Dan. 7:7).
Hierdie vier diere, wat uit die volkere-massas van die wêreld voortkom, simboliseer die vier koninkryke, maar terselfdertyd ook elkeen hul onderskeidelike heersers. Ons sal ons nie bemoei met die eerste drie diere nie, maar eerder met die vierde dier wat vir ons van groot belang is (v. 19). Daniël gee die volgende inligting: "Die vierde dier – die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel" (vers 23). Die vierde dier is die Romeinse Ryk wat volgens bybel-profesie die hele aarde verslind en vertrap. Dit is "SO SPREEK DIE HERE" in Sy Woord.
Johannes het dieselfde dier gesien met die tien horings wat ook uit die volkere-massas voortkom. Dit het verder ook sewe koppe gehad en op die sewe koppe was daar godslasterlike name. Volgens Openbaring 13:10 was daar op sy horings tien koninklike krone. Dit stem ooreen met wat Daniël sê in hoofstuk 7, vers 24: "En die tien horings – uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan ...". Die eerste drie diere wat Daniël gesien het en wat die wêreld magte verteenwoordig, word ook in Openbaring 13 vers 2 gevind en is daar geïntegreer in die vierde dier: "En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote was soos dié van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu".
'n Bietjie verder aan sê dit dat Satan homself, sy troon en sy kragte geplaas het tot die beskikking van die laaste koninkryk op aarde: "... en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees" (Openb. 13: 2,3). Wie die draak is, wat aan hierdie wêreld-mag sy troon en krag gee, word duidelik aangedui in Openbaring 18 vers 9: "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan ...". Die antichris sal, onder die direkte invloed van Satan, uit die laaste wêreldryk kom, soos ons later sal sien.