Die Antichris

Sy Herkoms

« »

Om die taktieke en wese van die antichris beter te verstaan, moet ons in die eerste plek eers die Satan behandel. Dit mag dalk vreemd voorkom, maar ons sal die parallelle tussen hom en die antichris uitwys. In Esegiël 28: 12-15 staan geskrywe: "Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is".

Lucifer word hier aangespreek, wie God geskep het as ‘n prins van die engele. As 'n skepsel van God was hy perfek, maar net soos ons, was hy met ‘n vrye wil toegerus. Ongelukkig het hy dit gebruik om teen God op te staan en uit te styg. Dieselfde word gesê van sy verteenwoordiger, wat homself bo alles verhef. Omdat Satan nie alwetend is nie, kon hy nie vooruit sien na watter gevolge sy handelinge sou lei nie. Dit is dieselfde met die antichris wat dieselfde rol nou inneem. Sy einde is vir hom verborge; hy weet baie dinge, maar nie alles nie.

Soos aan ons gesê was, het Satan homself in die Tuin van Eden bevind. Dit was daar dat hy ná sy val, in die vorm van die slang, die eerste mense verlei het om God se Woord te oortree en hulle daarmee gelei het tot ongehoorsaamheid. Deur die vraag te vra: “Is dit so dat God gesê het ...?", het hy twyfel gesaai ten opsigte van die Woord van God. Sy verteenwoordiger doen dieselfde nou op aarde. So het die mensdom van die begin af onder die invloed van die Bose een gekom, wie altyd die Woord van God bevraagteken. Die bevraagtekening bring ongeloof, gevolg deur ongehoorsaamheid en dan die uiteindelike oortreding van die Woord. So het die sondeval gebeur, waarin ons almal gedompel was. Almal het misluk en is skuldig omdat ons almal presies dieselfde sou gedoen en gereageer het soos Adam en Eva.

Met sy val het Satan toe ook die verderf oor die ganse mensdom gebring. Maar die HERE het reeds direk na die val verklaar dat 'n Verlosser sal kom toe Hy gepraat het van die saad van die vrou wat die kop van die slang sal vermorsel (Gen. 3:15). Dit was op grond daarvan dat Jesus altyd vir Maria "vrou" genoem het en nie "ma" nie. HY was die saad van God deur wie die beloofde Woord ‘n werklikheid geword het. Die goddelike Saad is aan die een kant die Woord van God (Luk. 8:11); andersyds is die goeie saad die seuns en dogters van die Koninkryk van God (Matt. 13:38). Hulle spruit uit die goddelike Saad, wat hulle ‘n goddelike geslag maak (1Pet. 2:9 en Hand. 17:29).

Die profeet Jesaja beskryf die val van Satan as volg: "Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!" (Jes. 14: 12-14.).

Tot vandag toe het hy nie sy voorneme verander nie. Vanaf die Tuin van Eden al probeer hy sy gesag oor die mens uitoefen om sy planne te verwesenlik. Ons lees hoe hy die koning van Tirus in besit geneem het, en daarin het ons 'n voorbeeld van Satan se aanspraak om sy diaboliese mag op die mensdom uit te oefen. God sê aan hom deur Sy profeet: "Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë – terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie – en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god ..." (Esé. 28:2).

Dit is hoogs merkwaardig dat 'n mens kan indink om soos God te wees. Dit is egter nie die mens nie, maar Satan in hom, wie aangewys is in 2Korinthiërs 4:4 as die god en die owerste van hierdie wêreld. Satan het selfs geëis dat onse HERE neerval voor hom en hom aanbid. Daarmee bied hy hom die koninkryke van die wêreld aan (Matt. 4: 8-10). Sy verteenwoordiger op die aarde sal dieselfde kenmerke het as hy. Rykdom en eerbewyse ontbreek nie. Hy plaas homself in die plek van God en boots ook Christus na. Maar hy het al die eienskappe van Satan wat soos God wou wees en ontvang die skatte wat aangebied word.

Dit sê verder: "Deur julle wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf; deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom" (Esé. 28: 4-5). Dié sigbare aardse kenmerke is ook 'n teken van Satan, sy volgelinge en sy verteenwoordiger, wie hy oorheers. Tot vandag toe het niks hiervan verander nie. Wie is nog onbewus en onduidelik oor waar die skatkamers met al die skatte is? Wie het nog niks van die onskat- bare rykdom in goud, silwer, kosbare gesteentes, ens. gehoor nie?

"Weens die grootheid van jou koophandel, het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe ..." (Esé. 28:16). Van wanneer af dryf die Satan handel? In hierdie beskrywing, sien ons dat dit om die beurt gepraat word van die Satan en die prins van hierdie wêreld waarin hy verpersoonlik word. Satan is 'n geestelike wese; hy benodig 'n fisiese liggaam om sy mag te kan uitoefen.

Ons moet die algemene beskrywing van Satan en sy verskillende eienskappe in gedagte hou omdat ons dit ook elke keer sal teëkom wanneer dit kom by sy verteenwoordiger op aarde. Besonders belangrik is dat hy homself voordoen as 'n engel van die lig en so sal ook sy aardse verteenwoordiger hier in die laaste dae, in wie hy in die vlees sal verskyn. Vir die apostel Paulus was dit ooglopend, soos geskrywe is: 

"Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtig-heid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke" (2Kor. 11: 13-15).