Die Antichris
Die profeet Daniël het die hoogtepunt van die magsuitoefening deur die antichris ook vooraf gesien. In hoofstuk 7 word die dier met die tien horings, waaruit die antichris voortkom, aan hom gewys. Hy berig as volg: "Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 'n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en 'n mond wat groot dinge spreek" (vers 8). Uit die laaste koninkryk sal 'n persoonlikheid voortkom, 'n man, wie se woord deur alle godsdienstige en politieke leiers aanvaar sal word.
Dit is samehangend met wat in Openbaring 13 vers 5 geskryf staan: "En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen". Dit is presies die drie-en-'n-half jare van groot verdrukking wat nog oor die volk Israel sal uitbreek.
Daniël berig in Hoofstuk 9 vers 27 van 'n verbond wat hierdie heerser met die kinders van Israel sal maak. Dit beteken dat die erkenning van Israel sal plaasvind deur die opneem van diplomatieke betrekkinge. Net soos 'n week sewe dae het, bestaan 'n week van jare in die boek van Daniël uit sewe jare. Maar in die middel van die week van jare sê Daniël 9:27(b): "... sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word". Dit sal gebeur aan die einde, direk voor die begin van God se duisendjarige Vrederyk.
Hoe vêr hierdie horing sal uitstyg en wie agter hierdie mag verberg is, word duidelik aangedui in Daniël hoofstuk 8: "En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap" (vers 10). Ons sien 'n soortgelyke geval in Openbaring 12 waar die Satan, in die gestalte van die draak, ‘n derde van die sterre van die hemel meesleur. Daaraan erken ons dat ons ook hier weer te doen het met die teenstander van God, die een wat homself soos God wou voordoen en gevolglik neergewerp was op die aarde.
Die antichris, die ‘Superman’ van Satan, het homself "... verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (2Thes. 2:4). In die Skrif word gelowiges in Christus beskryf as die tempel van God. Maar net soos die tempel destyds 'n rowerspelonk geword het, so is die christendom vandag van God afvallig. Te midde van hierdie afvalligheid, het die antichris sy woonplek gemaak waar God eintlik moet woon. Hy word aanbid as God, en maak aanspraak op onfeilbaarheid en laat homself aanspreek met 'n titel wat alleen behoort aan die enigste God, ons Heilige Vader in die hemel (Matt. 23:9).
Soos aangekondig in Daniël 7:25, sal hy “... woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd". Hierdie gedeelte van die Skrif maak dit duidelik dat dit die presies-vasgestelde drie-en-‘n- half jare van verdrukking is wat net betrekking het op die Jode. In hierdie verband staan die verandering van "tye" en die "wet"; die nuwe- testamentiese Gemeente word nie daarmee bemoei nie. Dit gaan om die Jode, en dit is die rede waarom die engel vir Daniël gesê het: "Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val ..." (Dan. 10:14).
Ons word vertel in Daniël 11:32 hoe die antichris daarin geslaag het om die mense op sy kant te kry: "En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak ...". Die antichris is nie 'n politieke diktator teen wie die hele wêreld sal opstaan nie, maar soos reeds genoem, word hy erken van alle politieke en godsdienstige owerhede, wêreldwyd. "En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie (onthou, ons het reeds gelees dat die draak hom sy krag en sy troon gee); en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig" (Dan. 8: 24-25). Die presidente van die V.S.A. en Rusland het slegs 'n beperkte invloed. Maar hierdie man het wêreldmag; hy beoefen dit op godsdienstige vlak en terselfdertyd in die wêreldpolitiek.
Gedurende die tyd van sy skrikbewind, word die antichris geopenbaar dat hy die wese van 'n dier het en hy selfs groot dinge spreek teen God, soos dit in Openbaring 13:6 geskrywe is: "En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster". Op daardie stadium is die verlostes alreeds in die hemel ingeneem.
In Johannes 14: 2-3 het die HERE aan Sy eie belowe: "In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is". Almal wie op Christus afwagtend is, word heimlik weggeneem, soos Paulus dit beskryf in 1Thessalonicense 4: 13-17, voordat die vreeslike dag van Gods toorn aanbreek (1Thes. 5: 1-11).
Terwyl die groot verdrukking op aarde plaasvind, is die verlostes in die Heerlikheid. Johannes het die oorwinnaars soos ‘n see van glas gesien. Hy getuig: "En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God" (Openb. 15:2). Die oorwinnaars sal opgemaak word van mense wat die oorwinning verkry het oor die beeld van die dier en die getal van sy naam. Daarop sal ons nog ingaan.