Die Antichris

Anti = Teen

« »

Die sleutel om die regte begrip te kry oor hierdie raaiselagtige persoon se spoor, lê in die woord anti. Soos almal weet, beteken anti "teen". Die antichris is die antagonis – die teenstander van Christus. Die misleiding van hierdie persoon bestaan egter in dit, dat hy hom op Christus beroep maar al sy leerstellinge en al sy praktyke is in teenstelling met Christus en Sy Woord. Hy praat van Christus, maar verbind sy volgelinge, diegene wie hy "gelowiges" noem, tot sy insettinge. Hulle glo in sy woorde, nie in die woorde van Christus nie.

Die besondere erkenningsmerk van die antichris bestaan hierin, dat hy die "leuenaar" is en identies met sy leringe is, wat uitsluitlik uit leuens bestaan – in teenstelling met Christus, wie die Waarheid is, en wie se leerstellinge uitsluitlik uit waarheid bestaan. Die antichris vervang elke lering van Christus met sy eie. 'n Leuen is die waarheid wat verkeerd weergegee word. Net soos die duiwel dit gedoen het in die Tuin van Eden, gebruik die antichris die Woord van God met bedrog en verraad en beroep hom op godsdienstige mense op die mees vrome wyse. Na deeglike ondersoek, kan ons absoluut niks van wat hy leer vind wat in ooreenstemming is met die oorspronklike Woord van God nie. Wie teen die Woord is en inteenstelling daarvan optree, is teen Christus, dws., is "antichris", want Christus is die Woord – die Logos.

Van die antichris hoor ons reeds in die vroeë christendom. Johannes noem hom 'n paar keer in sy briewe. Met ‘n blik op ons huidige tyd, skryf hy oor hom: "Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die antichris kom ...". Dit moet hier in ag geneem word dat Johannes enersyds praat van die koms van die antichris in die enkelvoud en verwys in hierdie verband na die laaste dae, dws., na die tyd van die einde. Maar terselfdertyd het hy gepraat van baie antichriste het reeds verskyn het in sy tyd: "... bestaan daar ook nou baie antichriste ..." (1Joh. 2:18). Daar gaan dit nie oor mense wat Christus verwerp nie, maar oor diegene wat Hom teenstrydig met die Woord verkondig en hul eie interpretasies daarstel.

Die valse "christusse" van wie Jesus gepraat het en die valse broeders oor wie Paulus geskryf het, is die vals-gesalfdes wie reeds met die aanvang van die woord van die profete en apostels wegbeweeg het van die suiwer Woord van God om ander leringe te verteenwoordig. Die Bybel maak spesifiek melding van hierdie redevoerder genaamd Nico. Sy volgelinge was bekend as die "Nikolaïete". Hy omring homself met liggelowiges en verkondig dat die saligheid deur werke geskied, in plaas van deur geloof alleen. Die HERE spreek met lof van Sy volk in die brief aan die engel van die eerste van die sewe gemeentes: "Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat" (Openb. 2:6). In die derde sendbrief het hierdie onbybelse rigting, waarmee die lekedom regeer was, onder die selfaangestelde geestelikes reeds posgevat. Gevolglik het hierdie vermaning in Openbaring 2 vers 15 uitgegaan: "So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete". Dus, net soos die koring en onkruid in dieselfde landery groei, ondervind ons in die christendom ware en valse gelowiges.

Dit het begin toe daar, onder die invloed van die antichristelike geeste, leerstellinge verkondig en geglo was, wat losstaan van die Waarheid af. Later het die mense uit die antichris-stelsel dogmas gevorm, waarvan die bekroning daarvan uiteindelik in die antichris homself is. Paulus, wie ‘n profetiese oog gehad het, het in 1Timothéüs 6 geskryf: "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse HERE Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie" (verse 3-4a).

Die apostel het geweet dat wat hy verkondig het uit Goddelike oorsprong was, omdat hy 'n direkte openbaring van Jesus Christus ontvang het (Gal. 1:12). Hy het homself en sy leringe nie verdedig nie, maar hy het die evangelie van Jesus Christus verdedig as die suiwer en heilige boodskap van verlossing van God. In 2Timótheüs 1:13 en 14 vra hy sy kollegas om vas te hou aan die gesonde leer: "Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is. Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon".

Deur die loop van die geskiedenis van die Gemeente het baie valse leraars en valse profete na vore gekom soos aangekondig in 2Petrus 2:1: "Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die HERE wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring". "Valse profete" word ook hier aangedui in die meervoud.

Geïnspireer deur die antichristelike gees het ‘n kerk gegroei saam met die ware Gemeente. Self-aangestelde leraars, valse profete en - apostels, wat nie geroep is nie, verkondig nie die leringe van Christus nie, maar eerder hul eie kennis. Hulle het volgelinge gemaak van diegene wat onstandvastig was in die Woord van God. Ten einde word al die kenmerke en eienskappe van die antichris-stelsel verenig onder 'n enkele hoof. Derhalwe lees ons in die boek van Openbaring, waar dit van hom gepraat word as die valse profeet. Net soos die ware profete die Woord van God gehad het en kon sê "SO SPREEK DIE HERE" so beweer die valse profeet dat hy die stem van God op aarde is. Maar in werklikheid het sy leringe eintlik niks in gemeen met die ware Woord van God nie. Hy is 'n profeet van die valse leer, en daarom word na hom verwys as die valse profeet.

Wie dit verkondig wat in teenstelling is met die woorde van die ware profete is self 'n valse profeet. 'n Valse leraar is iemand wat anders leer as wat die God-aangestelde leraars geleer het in die vroeë Gemeente. Deur vergelyking is dit maklik vasstelbaar dat daar ‘n ander Jesus gepreek word en ‘n ander evangelie aangebied word as in die vroeë christendom (2 Kor. 11.4). Die valse word as die ware aangebied en die waaragtige word aangetoon as vals. Sonder dat mense bewus is, is daar deur die eeue heen talle verkeerde leerstellinge ingevoer wat niks in gemeen het met die onderrig en praktyke van die vroeë Christene nie.

Maar wie deursoek nog die Skrif om te toets of die leerstellinge wat aangebied word ooreenstem daarmee? Paulus sê: "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan" (Hand. 20: 29,30). Ons sien die massas wat blootgestel word aan salwings-volle woorde by goed geordende seremonies en dink dit is Christus wat voorgestel word. Hulle sien van buite die vroomheid van 'n lam, maar onderskei nie die bose vervalsings nie, omdat hulle nie die Woord ken nie. Jesus het gesê: "My skape luister na my stem ..." (Joh. 10:27). Sy stem is en bly in ewigheid Sy Woord.

Soos ons reeds genoem het kan ons 'n valse profeet erken omdat hy nie die woord van die ware profete preek nie. ‘n Valse apostel word erken omdat hy nie die bybelse leringe van die apostels verkondig nie. (Openb. 2:2). So erken ons ook die antichris omdat sy leringe oor Christus vals is en hy nie eintlik dit kan doen wat Christus beveel het nie. Hy bely Christus met die mond en tog is hy diep in bygelowigheid verstrik soos bv. om met die dooies te kommunikeer, wat spiritisme is.

Hoe baie ernstig is tog die volgende woorde: "Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees" (Gal. 1:8).

Wie die antichris sien as wêreld-diktator of politieke tiran, sal verbaas wees. Paulus het oor hom geskryf en gesê dat Satan deur hom in die finale fase "... allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid ..." sal vermag (2Thes. 2: 9,10). Hierdie man het geen tekens of bybelse wonderwerke om aan te bied nie, soos dit die geval met die bediening van Jesus en die apostels in die krag van God was nie. In plaas daarvan, het hy die kuns van goëlery bemeester. Deur middel van godsdienstige politiekery bereik hy wat niemand kon vermag nie. Dit is misleidende tekens wat teen die Waarheid is. Deur leuens en misleiding van die godsdienstiges, verlei hy almal wat in sy valse evangelie glo; hy kan tegelyk praat met die staatshoofde en met die kerk-leiers. Hy het die wêreld se beste raadgewende span en is die mees-kundige man; almal gaan na hom vanuit alle kampe. Alle opponerende politieke kante beroep hulle op hom in sy rol as bemiddelaar. Dit is die hoogste geestelike gesag wat bestaan op aarde en, volgens hom, ook die hoogste juristieke instansie.

Die antichris se gebed kan nie verhoor word nie; nooit kan deur hom 'n verlamde loop, ‘n blinde sien en ‘n dowe hoor nie, soos dit die geval met Christus was nie. Dit ten spyte, sal die hele wêreld na hom opkyk en eer aan hom gee, "... die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid" (2Thes. 2: 10-12). Dink daaraan: die antichris is net 'n christen in naam, maar is eintlik teen Christus. Hy praat van God se Koninkryk, maar bou sy eie koninkryk waarin hy regeer.