Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Wie aan Hom behoort, luister na Sy Woord
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Met die vele ou tradisies, skeer die vyand nog steeds die gek met baie mense. Wat hy gedoen het in “die tye van onkunde”, is nog steeds nie genoeg vir hom nie. Hy doen dit skaamteloos, selfs ook nadat direkte openbaring gegee is. Nooit voorheen het ons soveel besonderhede geweet, van wat eintlik in die Tuin van Eden gebeur het nie, naamlik, hoe die vyand sy saad, die nageslag van die mensdom laat betree het, en hoe hy dus alles onder sy invloed en magsbereik gebring het. Dit is as gevolg daarvan dat God vyandskap tussen die twee sade moes bring (Gen. 3:15). Lucifer, wat reeds in die Tuin van Eden was, vóór sy val (Esé. 28: 13-15), wou nie ontmasker word nie, maar wou eerder verhinder dat sy self-verheffing, sy opstand in en val uit die hemel (Jes. 14), ontbloot word. So ook die oorspronklike sonde wat deur sy misleiding en bedrieglikheid verrig is in Eden (Gen. 3) en sy handelinge daarna. Broeder Branham wou nog 'n preek lewer oor die ‘Spoor van die Slang’ en het gesê: “Die dier was in die begin, en die dier is aan die einde". Ongelukkig het hy nie by dit uitgekom nie. Die gedagtes van Satan is egter nie vir ons onbekend nie, het Paulus geskryf (IIKor. 2:11).
Wie ná die direkte openbaring, oor hoe God die verhouding tussen man en vrou ingestel het, nog in hul ou standpunt volhard, getuig dat God nog steeds nie met hulle gepraat het nie. Wat my bekommer, is diegene wat hulle teen die Woord verset, want sonder om dit te weet, openbaar hulle 'n ander gees. Die Woord en die Gees van God gaan altyd saam en stem met mekaar ooreen. Die vrome, antichristelike gees, tree op in almal wat nie buig voor die Woord nie en dit ook nie kan doen nie, ook in die vrouens wat hul eie weg soek, en hulle minagting vir manne duidelik maak, al beland hulle nie in 'n klooster nie. “Hulle onderdruk ons lank genoeg”, sê hulle, om hul onbybelse gedrag te regverdig. Manne moet hulself ook nie toelaat om te doen wat God nie aan hulle gegee het om te doen nie. Geseënd is al die broeders en susters wat hulself onder die gesag van elke Woord van God plaas en dit uitleef.
Mag dit aan elkeen van ons broeders verleen word, om ons aan Christus, wie die Hoof is, te onderwerp; mag ook elkeen van ons susters onderdanig wees aan hul manne, soos dit behoort in die Here; en ook dat die kinders hul ouers sal gehoorsaam, vader en moeder sal eer; dat die vaders nie hul kinders sal irriteer nie, ensovoorts, sodat die hele Gemeente, wat saamgestel is uit alle lede, 'n harmonieuse lewe kan bereik, wat God welgevallig is.
Broeder Branham het in 'n visioen gesien hoe die Bruid geleidelik uit pas gegaan het; toe hy weer kyk, sien hy hoe die Gemeente deur 'n heks gelei word. Hy het ook gesien hoedat sy vinnig herstel word, totdat sy, heel aan die einde, weer die Bruid was soos in die begin. Hy het ook 'n vrou genoem wat haar niks laat vertel het nie, terwyl sy met hoë stilettos geloop het, op 'n gesofistikeerde manier geklee was, en vir die ander vroue geskree het: “Moenie na hierdie man luister nie! Ek sal julle wys dat ‘n mens so óók op hierdie weg kan gaan!”. Maar sy het gegly, neergeslaan en luidkeels weggesink.
Hulle wie uit God is, luister na die Woord van God, laat hulself aanspreek, korrigeer, stryk alles uit en sluit hulself in by die wil van God. Wat onse Here gesê het, bly staan: “My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is ...” (Joh. 7: 16-17). Net diegene wat doelgerig luister na die Woord van God en van plan is om die wil van God te erken, en bereid is om dit te beoefen, sal ervaar dat hierdie lering van God af kom.
Ook hierin sal die Woord in almal bereik waartoe dit gestuur is. Met “almal” word bedoel, elkeen wat uit die Woord-saad gebore is tot 'n lewende hoop. Hy wat geen Woord-saad is nie, kan nie Woord-Bruid wees nie, en het geen verbinding met die goddelike nie, en ook geen verband met die goddelike Woord nie. Om verwant daaraan te wees moet mens dieselfde natuur het, en dit bestaan slegs by diegene wat uit God gebore is.