Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Ek is nie een van diegene wat Broeder Branham verheerlik nie, en ook nie vir Petrus en Paulus nie, maar ek aanvaar en respekteer gewilliglik die besluite van God, aan wie alleen alle eer verskuldig is, deur Jesus Christus, onse Here. God het my waardig geag om die tyd en die uur van Sy genadige besoek aan ons geslag te erken, en om die Boodskap sowel as die boodskapper, dankbaar te aanvaar, soos Hy sê in Johannes 13, vers 20: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het". Deur hierdie unieke en buitengewone bediening van Broeder Branham, kan miljoene mense van hierdie geslag getuig dat dit direk 'n goddelike sending was. Nie een van die ander evangeliste wat vandag regoor die wêreld bekend is, kan van die dag en van die uur getuig van sy goddelike roeping nie; vir hulle kan daar net van 'n bediening gepraat word, maar nie van 'n sending wat verband hou met God se verlossingsplan nie.
Dit was William Branham wat na die Tweede Wêreldoorlog deur God gebruik was, vir 'n deurbraak van die ontwaking van die volle evangelie beweging, later bekend as die ‘Pinkster-beweging’. So ook het die buitengewoon-geseënde bediening van Broeder Branham, indirek die stigting van die “Full Gospel Business-men’s Fellowship” beweging met Demos Shakarian, wie geïnspireer was in ‘n Branham byeenkoms. Ook gaan die charismatiese beweging terug na die historiese byeenkomste van Broeder Branham in Suid-Afrika, waarna David DuPlessis na die Verenigde State gereis het, wie later bekend geword het as “Mr. Pentecost”. Ek ken albei, David DuPlessis sedert 1958, en Demos Shakarian sedertdien 1962, en ek het selfs as vertaler vir hulle gedien. Al die ander evangeliste van die geloofsgenesing-bewegings, was ook geïnspireer deur William Branham se byeenkomste. Die golwe van hierdie herlewing duur op verskillende maniere voort, tot in ons tyd.
William Branham en sy buitengewone bediening, wat in alles vergelyk kan word met die van Jesus Christus en die apostels, het ek vir tien jaar geken, vanaf 1955 tot 1965. Sedert ek deelgeneem het aan die spesiale byeenkomste wat in Junie, 1958, gereël was deur “Voice of Healing” van Eerwaarde Gordon Lindsay, in Dallas, Texas, was die preke van Broeder Branham gereeld vanuit die Verenigde State na my aangestuur. Ek het meer as 300 daarvan vertaal in Duits, en ek kon so dus ook elke fase van sy bediening en sy lering volg soos niemand anders op aarde nie, selfs sy gedagtegang. Die profetiese bediening wat aan hom gegee was, was vir baie heeltemal omstrede en vir die skrifgeleerdes van hierdie tyd onverstaanbaar, net soos vir dié van die tyd van onse Here. Die bonatuurlike was vreemd aan hulle omdat hulle dit nie persoonlik beleef het nie, maar ten spyte daarvan, was dit absoluut bybels en deur God self bevestig. Dit is waarom ek dus met plesier aan enige opregte kritiekus, 'n oorspronklike bandopname beskikbaar sal stel, waarop William Branham sy bediening lewer aan die siekes, deur visioene, onderskeiding en die genadegawe van genesing.
Met sy prediking oor “Die Huwelik en Egskeiding”, en ook met die onderwerp oor die sondeval, het William Branham op ongeëwenaarde wyse in die spervuur van sy kritici beland. In hierdie verband kan ek net soos Petrus sê, met betrekking tot die diepgaande daarleggings van Paulus: “... Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf” (IIPet. 3:16). Dit was, is en sal altyd so bly, dat mense aan wie hierdie dinge nie geopenbaar is nie, dit sal verdraai tot hul eie verlies. Dit is my diepe oortuiging dat 'n mens opreg moet wees in sy hart en eerlik moet wees, om dit korrek te kan verstaan. Ek kan net op een ding hoop: dat die Here vir almal begrip sal gee oor die Skrif, ingesluit oor hierdie onderwerp, en dat elkeen persoonlik sal erken wat op hulle van toepassing is, en hul lewe daarvolgens sal inrig en dit in lyn sal bring, soos geskrywe is: “Maar (elkeen) moet homself beproef ... “. Dan sal dit wat geopenbaar is, die doel bereik het.
Aangesien die Here my met Sy Almagtige stem beveel het: “Ek sal jou na ander stede stuur om My Woord te verkondig”, doen ek soos Paulus gesê het: “... deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig ...” (IIKor. 6:8).
Die geopenbaarde Woord het 'n lamp vir ons voete geword en 'n lig op ons pad. Die Bruid-Gemeente leef nou volgens elke Woord wat God in hierdie tyd bestem het as ons geestelike voedsel. Dit behoort tot my bediening, om volgens die skriftelike orde, deur te gee wat Broeder Branham van die Here ontvang het, soos aan hom geopenbaar is. Baie keer het van die prominente predikers aan my gesê dat ek my bediening skade doen deur na William Branham te verwys, veral as gevolg van sy opvatting oor “die saad van die slang". Ek moet getrou bly aan die hemelse roeping ten spyte van wat die gevolge mag wees. Dit is uit oortuiging dat ek soos Paulus kan sê: “As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie” (Gal. 1:10b). Want soos Paulus het ek ook dieselfde evangelie, wat ek nie van mense het nie, nog minder geleer het nie, maar wat ek ontvang het deur die openbaring van Jesus Christus (Gal. 1: 10-12).
As God deur hierdie daarlegging die geeste finaal skei, kan ek niks verander nie. Hy het altyd die lig vanaf die duisternis geskei. Ek is gereed om die smaad van Jesus Christus te dra, en ook dié van Broeder Branham. Mag God genade skenk aan almal, dat by die Wederkoms van ons geliefde Here, hulle nie teleurgestel agterbly sal nie, maar inteendeel, dat aan hulle die grote vreugde verleen sal word, om aan die Eerste Opstanding deel te neem. Laat dit my beloning wees; Meer kan ek nie vra nie.
God praat baie persoonlik met almal deur Sy Woord. Wat in hierdie daarlegging aangebied word, is nie bedoel om gebruik te word om iemand voor te hou, of dat aan iemand voorgelees moet word, wat aan hom of haar gerig is nie; maar dat elkeen dit self biddend tot hul eie voordeel sal lees en hulself laat aanspreek. Dan word almal gehelp.
My gebed is dat God Sy genade daartoe sal skenk.
Let wel:
Die bladsy aanduidings vir die aanhalings uit die preek “Marriage and Divorce”, is soos dit in ons Afrikaanse vertaling daarvan, nl., “Die Huwelik en Egskeiding” voorkom. As u dit nie saam met hierdie daarlegging ontvang het nie, sal ons dit met graagte aan u stuur op versoek.