DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Eindtyd Profesieë word Vervul

« »

Ons almal let op dat alles op aarde verander het: die huwelik, die gesin en die samelewing is nie meer wat dit eens was nie. Aardverwarming en klimaatsverandering het 'n hoë bron van kommer geword. Natuurrampe is meer en heftiger. Wêreld-wye onrus laat mense vrees vir hul toekoms. Oral is daar toenemende knel-punte, veral in en naby die Midde-Ooste. Die hele wêreld is in 'n warboel en miljoene is op die vlug. Regerings is op soek na oplossings, maar is natuurlik oorweldig.

Onse Here het in Matthéüs 24, Markus 13, Lukas 21 en in ander plekke gepraat oor wat gaan gebeur voor Sy Wederkoms, en ons sien hoe dit besig is om vervul te word. Die hele eindtydse verwikkelinge, waarop ons nie nou hier kan ingaan nie, is voorspel in bybelse profesieë. Met 'n laaste boodskap, 'n laaste geroep, kry die mense op aarde nou die geleentheid om die regte besluit voor God te maak.

Die ewige evangelie word nou aan alle nasies verkondig as 'n getuienis, soos onse Here dit aangekondig het: "En hierdie evangelie van die ko-ninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (Matt. 24:14). Ons is nou eintlik baie naby aan die beloofde Wederkoms van Christus (Joh. 14: 1-3). Die tekens van die tye dui duidelik daarop dat almal wat regtig die Bybel glo, hul eie weë moet verlaat en die pad na God vind. Die Here self het in Lukas 21 gesê: "En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is" (vers 28).

Ons kan nie hierdie daarlegging eindig sonder 'n laaste bybelse oproep aan alle godvresendes nie, wie God se Woord werklik glo:

"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2Kor. 6:14)

“En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?” (vers 15)

“Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: "Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.” (vers 16)

“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem” (vers 17)

“en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige." (vers 18)

"En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie." (Openb. 18:4)

"En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie." (1Joh. 2:28)

"Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar." (Openb. 22:7)

"Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie." (Luk. 21:33)

As U Woord nie meer geldig is nie,

waarop sal my geloof rus? Vir my gaan dit

nie oor 'n duisend wêrelde nie,

maar om U Woord te doen.

(N. L. Graf v. Zinzendorf)