DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
Vandag weet alle teoloë dat Johannes die Doper, 'n beloofde profeet was (Jes. 40:3, Mal. 3: 1), wie die weg vir die Here voorberei het, maar verwerp was deur die skrifgeleerdes: "Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie" (Luk. 7:30). Het ons nou ‘n herhaling daarvan? In Lukas 19 het die Verlosser selfs geween oor Jerusalem en gesê: "... omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie" (vers 44). Is daar nie vandag ook hulle wat weier om Bybels te glo nie, bybels gedoop te word en om deel van die heilsplan van God te wees nie? Dit is glad nie voldoende om vanuit gods-dienstige tradisie te bid "Onse Vader ... laat u koninkryk kom; laat u wil geskied",as ‘n mens nie die wil van God doen nie, wat slegs in die Woord van God geopenbaar word.
Is dit dan nie ‘n herhaling in ons tyd, van wat die Here destyds gesê het nie: “Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en die wat wou ingaan, het julle verhinder" (Luk. 11:52)? Bou elkeen nie hul eie ryk nie, hul eie kerk nie? Het almal nie hul eie programme nie? Wat van diegene wat uit die Reformasie is, selfs Pinksters, wat hul eie evangelie verkondig?
Die wêreldse kerke streef na godsdienstige eenheid van alle Christelike denominasies en uiteindelik alle gelowe onder die leiding van ‘n hoof, 'n wêreld outoriteit, wie homself beroep op Johannes 17: "... sodat hulle een kan wees!" Pous Francis het al die ander gelowe wat oor die jare vervolg was deur die Rooms-Katolieke Kerk, van die Waldense tot die Pinkters, om vergifnis gevra. Ja, die klem is nie meer op dit wat skei nie, maar slegs op dit wat verenig – soos die algemeen-gebruikte belydenis van die "Drie-enige God". Die vereniging van die kerke is ‘n absolute prioriteit by die beplande 500-jaar herdenking van die Hervorming in 2017.
Wat van die vereniging van alle bybel-gelowiges met God deur Jesus Christus, onse Here, as die hoof van die Gemeente? Wie van almal diegene wat verantwoordelik is in die baie Christelike sendingorganisasies, die wêreldbekende welvaarts-predikers en hul miljoene luisteraars, berei werklik voor vir die wederkoms van Christus? Die uitdaging vir almal is: Terug na God! Terug na die begin! Terug na die ewig-blywende Woord wat uitgegaan het vanaf Jerusalem! Wie is aan die kant van God, om die Woord alleen te neem as 'n rigsnoer, sonder enige kompromie?
Jesaja het uitgeroep: "Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Here geopenbaar?" (Jes. 53:1). Selfs Paulus het dit ervaar: "Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?" (Rom. 10:16). Wie kan glo soos die Skrif sê? Wie kan die Woord van God respekteer en hulself laat korregeer? Elkeen moet persoonlik besluit: om te hou by die totaal onskriftuurlike geloofbelydenisse, of by die geldige en ware belydenis van die apostels en die profete. Daar is geen nut om van een godsdiens na 'n ander, van een kerk na 'n ander te beweeg nie. Die Woord van God moet as saad in die hart opgeneem word (Luk. 8:11) en deur die Gees van God in elke mens 'n nuwe, ewige lewe deur die weder-geboorte voortbring (Joh. 3:7; 1Pet. 1:23). Dit is baie ernstig en ons moet die onderskeid tref van dit wat ons na die ewigheid gaan lei.
Almal wat genade vind by God, beproef alles om te kyk of dit met hulle is soos onse Here gesê het: "Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aan-bid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid" (Joh. 4: 23-24). Wie God nie in Gees en in waarheid, volgens die Woord van die waarheid aanbid nie, aanbid God tevergeefs: "Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is" (Matt. 15: 8-9; Mk. 7: 6-7).
Ten slotte sal dit nog eenmaal beklemtoon word: Die ware geloofsbelydenis, die ware leringe is slegs in die Bybel, en ons moet onsself ondersoek voor God, of ons Jesus Christus erken as Hoof van die Gemeente en bereid is om terug te keer na die leringe van die apostels wat uit Jerusalem kom, of vashou aan die staatskerk van die Romeinse Ryk. Laat ons God se Woord uitsluitlik geld of verhard ons onsself in gods-dienstige tradisies? Die vermaning word aan ons almal gerig: "Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie" (Hebr. 4:7). Wie ore het om te hoor, hulle hoor wat die Gees van God alles aan die Gemeente van Jesus Christus te sê het! Só staan dit sewe keer in die boek Openbaring (hoofstukke 2 en 3).
Vandag weet alle teoloë dat Johannes die Doper, 'n beloofde profeet was (Jes. 40:3, Mal. 3: 1), wie die weg vir die Here voorberei het, maar verwerp was deur die skrifgeleerdes: "Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie" (Luk. 7:30). Het ons nou ‘n herhaling daarvan? In Lukas 19 het die Verlosser selfs geween oor Jerusalem en gesê: "... omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie" (vers 44). Is daar nie vandag ook hulle wat weier om Bybels te glo nie, bybels gedoop te word en om deel van die heilsplan van God te wees nie? Dit is glad nie voldoende om vanuit gods-dienstige tradisie te bid "Onse Vader ... laat u koninkryk kom; laat u wil geskied", as ‘n mens nie die wil van God doen nie, wat slegs in die Woord van God geopenbaar word.