DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
"Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ekstuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het" (Joh. 13:20).
Soos God vir Abraham, Moses en die profete self geroep en gestuur het, so het Hy ook vir Johannes die Doper gestuur en so het Hy ook Paulus persoonlik beroep en belas met 'n spesiale heilsgeskiedkundige opdrag vir die hele Gemeente. Dieselfde God het belowe om, voor die dag van heil tot 'n einde kom en die dag van die Here aanbreek, 'n profeet soos Elia te stuur (Mal. 4: 5-6). Hierdie belofte vir die laaste gedeelte van die genadetyd waarin ons nou leef, voor die son in duisternis verander en die maan in bloed (Joël 3: 4; Hand. 2:20; Openb. 6:12), is nou in vervulling. Toe die Baptiste-prediker William M. Branham op 11 Junie 1933 sowat 300 nuwe bekeerlinge in die Ohio rivier gedoop het ná sy evangelisasie veldtog in Jeffersonville, Indiana, in die V.S.A., het iets besonders gebeur. Teen 14h00, toe hy op die punt was om die sewentiende persoon te doop, het daar 'n bonatuurlike lig gekom wat ook sigbaar was vir die duisende mense, wat op die rivier-oewer die doping bygewoon het. Die lig het 'n paar meter bo die man van God bly staan en ‘n stem het in die Engelse taal daaruit gesê: "Soos Johannes die Doper gestuur was as voorganger van die eerste koms van Christus, so sal die boodskap wat aan jou gegee is, die Wederkoms van Christus vooruit gaan". So het Associated Press in die Verenigde State en Kanada op daardie tydstip berig. Dit is alom bekend dat William Branham na die Tweede Wêreldoorlog, veral vanaf Mei 1946, gebruik was deur God om die globale genesings- en herlewingsbewegings te lei.
Deur die beproefde bediening van die man van God, William Branham, het die Here self Sy volk teruggebring na die bybelse waarheid oor die Godheid, die doop, die nagmaal, en al die leringe. Die hele raadsplan van God en die suiwer bybelse boodskap oor die uitroeping, skeiding en voorbereiding van die ware gelowiges vir die glorieryke dag van die Wederkoms van Christus, word daardeur nou wêreldwyd verkondig (Joh. 14: 1-3; 2Kor. 6: 14-18; 1Thes. 4: 13-18).
Soos Elia met die 12 klippe volgens die 12 stamme van Israel, God se altaar herbou het en die volk van God op die berg Karmel tot besluitneming geroep het (1Kon. 18: 17-40), is dit nou, in hierdie baie belangrike deel van die heilsgeskiedenis met die leringe van die 12 apostels, wat opnuut op die kandelaar geplaas is. Die ware Gemeente van Jesus Christus is weer op die oorspronklike fondament van die apostels, en die oproep word aan almal gemaak om te besluit: "Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; maar as Baäl dit is, volg hom na!" (1Kon. 18:21).
"Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het" (Joh. 13:20).
Soos God vir Abraham, Moses en die profete self geroep en gestuur het, so het Hy ook vir Johannes die Doper gestuur en so het Hy ook Paulus persoonlik beroep en belas met 'n spesiale heilsgeskiedkundige opdrag vir die hele Gemeente. Dieselfde God het belowe om, voor die dag van heil tot 'n einde kom en die dag van die Here aanbreek, 'n profeet soos Elia te stuur (Mal. 4: 5-6). Hierdie belofte vir die laaste gedeelte van die genadetyd waarin ons nou leef, voor die son in duisternis verander en die maan in bloed (Joël 3: 4; Hand. 2:20; Openb. 6:12), is nou in vervulling. Toe die Baptiste-prediker William M. Branham op 11 Junie 1933 sowat 300 nuwe bekeerlinge in die Ohio rivier gedoop het ná sy evangelisasie veldtog in Jeffersonville, Indiana, in die V.S.A., het iets besonders gebeur. Teen 14h00, toe hy op die punt was om die sewentiende persoon te doop, het daar 'n bonatuurlike lig gekom wat ook sigbaar was vir die duisende mense, wat op die rivier-oewer die doping bygewoon het. Die lig het 'n paar meter bo die man van God bly staan en ‘n stem het in die Engelse taal daaruit gesê: "Soos Johannes die Doper gestuur was as voorganger van die eerste koms van Christus, so sal die boodskap wat aan jou gegee is, die Wederkoms van Christus vooruit gaan". So het Associated Press in die Verenigde State en Kanada op daardie tydstip berig. Dit is alom bekend dat William Branham na die Tweede Wêreldoorlog, veral vanaf Mei 1946, gebruik was deur God om die globale genesings- en herlewingsbewegings te lei.
Deur die beproefde bediening van die man van God, William Branham, het die Here self Sy volk teruggebring na die bybelse waarheid oor die Godheid, die doop, die nagmaal, en al die leringe. Die hele raadsplan van God en die suiwer bybelse boodskap oor die uitroeping, skeiding en voorbereiding van die ware gelowiges vir die glorieryke dag van die Wederkoms van Christus, word daardeur nou wêreldwyd verkondig (Joh. 14: 1-3; 2Kor. 6: 14-18; 1Thes. 4: 13-18).
Soos Elia met die 12 klippe volgens die 12 stamme van Israel, God se altaar herbou het en die volk van God op die berg Karmel tot besluitneming geroep het (1Kon. 18: 17-40), is dit nou, in hierdie baie belangrike deel van die heilsgeskiedenis met die leringe van die 12 apostels, wat opnuut op die kandelaar geplaas is. Die ware Gemeente van Jesus Christus is weer op die oorspronklike fondament van die apostels, en die oproep word aan almal gemaak om te besluit: *"Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; maar as Baäl dit is, volg hom na!"* (1Kon. 18:21).