DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Die Eerste en Tweede Koms van Christus Is Deel van God se Heilsplan

« »

By die eerste koms van Christus was die profesie van Maleági 3: 1 vervul deur die bediening van Johannes die Doper: "Kyk, Ek stuur my boodskapper … wat u weg voor U uit sal regmaak" (Matt. 11:10; Luk. 7:27). Die belofte wat vervulling vind voor die wederkoms van Christus, is: "Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek" (Mal. 4:5). Dit was bevestig deur ons Here ná die bediening van Johannes die Doper: "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elia kom eers en sal alles herstel" (Matt. 17:11). In Markus 9:12 word dit ook bevestig: "Dis waar, Elia kom eers om alles te herstel".

In baie bybelgedeeltes praat dit direk van die "Wederkoms van Christus". Van die begin af, is die verwagting van Sy terugkeer die sentrale tema onder al die gelowiges. Hierdie verwagting is gegrond op die belofte wat Hy Homself gegee het: "... En as ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is" (Joh. 14:3).

Die vraag van die dissipels na die tekens van Sy Wederkoms en die einde van die wêreld (Matt. 24:3), het die Here met hierdie woorde geantwoord: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (vers 14). Nog nooit tevore was daar 'n tyd waarin die evan-gelie na die mees afgeleë plekke op aarde gegaan het, deur die moderne media, soos nou nie. Eintlik is die grondige rede vir die verkondiging van die evangelie sodat die ware gelowiges vir die Wederkoms van Jesus Christus kan voorberei: "... En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit" (Matt. 25:10).

Die Wederkoms van Christus was ten tye van die apostels die hooftema van die evangelie en dit is ook so in ons tyd. In sy eerste brief aan die Thessalonicense skryf die apostel Paulus: "Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van die roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by Sy Wederkoms?" (1Thes. 2:19). Die apostel Paulus kon sy getuienis voltooi met hierdie woorde: "Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het" (2Tim. 4:8).

Nou, so na aan die Wederkoms van Christus, moet almal wat deel uitmaak van die Gemeente van die Here, na dieselfde saligheidservaringe teruggebring word, met die oorspronklike skriftuurlike stand voor God, net soos in die begin. So het die apostel Petrus reeds destyds voorspel met betrekking tot Christus en die gelowiges: "Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profete" (Hand. 3:21). In die Gemeente van die lewende God, moet dit wees voor die Wederkoms van Christus, net soos aan die begin; die eerste en laaste preek sowel as die eerste en die laaste doop, elke leer en praktyk, moet ooreenstem met die oorspronklike. Dieselfde Evangelie, dieselfde geloof, dieselfde doop, word nou wêreldwyd verkondig en almal wat waarlik glo “volgens die Skrifte”, ervaar die vergifnis van hulle sondes en word gedoop en ontvang die doping van die Gees van Christus, net soos in die begin, in die Naam van die Here Jesus Christus. Dit is die enigste apostoliese, ware bybelse patroon, wat voor God van toepassing is op die ou einde (Hand. 2: 38-39; Hand. 8: 14-17; Hand. 10: 43-48; Hand. 19: 5-6).