God en sy plan met die mensdom
Hoe dikwels na die HERE God in die Ou Testament verwys word as “Koning”, is nie van gewyde lesers van die Bybel versteek nie. David roep uit: “Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek” (Ps. 5:3). Die profeet Jeremia sê: “Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en ‘n ewige Koning” (hoofstuk 10:10). Die profeet Jesaja druk dit uit met die volgende woorde: “So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare” (hoofstuk 44:6). Sagaria 9:9 sê: “Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel – op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.”
Dit is 'n profetiese belofte wat letterlik vervul word in die Nuwe Testament. Vir hierdie doel, staan in Matthéüs 21:1-4: “En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die HERE het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur. En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is”. Die skare was buite hulself, gooi hulle klere op die pad, skeur takke van die bome en versier die pad, sodat die Koning sy weg kan vind in Jerusalem. Hulle skree toe: “Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die HERE! Hosanna in die hoogste hemele!” (v. 9)
Toe die Verlosser gebore word, kom daar wyse manne uit die Ooste na Jerusalem en vra: “Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys” (Matt. 2:2). Nadat Hy gevange geneem was, word onse HERE gevra: “Is U die Koning van die Jode?” Aan die einde van die ondervraging, kom Pilatus tot die slotsom: “Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem” (Joh. 18:33-37).
Net soos die HERE God Koning in die Ou Testament genoem word, word ook Jesus Christus in die Nuwe Testament beskryf as Koning. Paulus som dit só op: “Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen” (1Tim. 1:17). O, die diepte van die wysheid en kennis van God! Slegs deur openbaring kan ons die menigvuldigheid van God sien. Slegs diegene wat bybels glo, dat God Homself geopenbaar het in Christus, kan al die Skrifgedeeltes bring na 'n gemene deler.
Die oprigting van die koninkryk lê nog voor ons, maar ook is hierdie gebeurtenis reeds voorspel in die profetiese Woord: “Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing. God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon” (Ps. 47:7-9). Net so staan in Psalm 96:9: “Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. Laat die hemele bly wees en die aarde juig”.
Openbaring 11:17 staan in dieselfde konteks: “Ons dank U, HERE God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het”. In Matthéüs 25:31-32 staan: “En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word…”. Sagaria 14:9 sê: “En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een”. In dieselfde konteks behoort Openbaring 15:3: “Groot en wonderlik is u werke, HERE God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!”. Hierdie skrif-gedeeltes behoort voldoende te wees om ons te wys dat God die HERE en die HERE Jesus Christus eweneens beskryf word as Koning. Was dit nie so nie, dat Yahweh en Yahshua dieselfde is nie, dan sal ons met twee verskillende konings te doen gehad het.