God en sy plan met die mensdom
Die term "versoeningsoffer" lei oor na die Middelaar en Advokaat. Job het hierdie gedagte baie duidelik uitgedruk: "Is daar dan vir hom ‘n gesant, ‘n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee: en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ‘n losprys gevind…” (Job 33:23-24). “Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig" (v.v. 27-28). Hier praat dit van die Advokaat van versoening en verlossing. Job getuig: "Ek weet dat my Verlosser leef" (19:25).
In al hierdie eienskappe, sien ons die Seun van die mens langs God. In 1Tim. 2:5, sê dit: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal." Hebreërs 12:24 sê dat ons "by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel" gekom het. In die Ou Testament word die term "tussenganger" geïllustreer deur die profeet Moses. Daarom word in Handelinge 7:38 die volgende gesê: "Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee."
Die Bemiddelaar moes 'n Advokaat wees. Johannes vermaan die gelowig-gewordenes: "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld" (1Joh. 2:1-2). As 'n Advokaat is Hy aan die regterhand van God, want “die HERE het tot my HERE gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete" (Psalm 110:1).
Nie net tydens Sy aardse lewe nie, maar selfs nou word Jesus Christus langs God gesien. Toe Stefanus die hemele geopen gesien het, sê Hy die volgende: "Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan" (Hand. 7:56). Nooit sien iemand in die Skrif 'n ander god behalwe God. Die HERE Jesus het self voor die Sanhedrin gesê: "Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God" (Matt. 26:64). Elke keer as ons ons geliefde HERE sien in die uitoefening of verrigting van 'n taak in verband met ons verlossing, word Hy vir ons gewys naas God. Die apostel vermaan die gelowiges: "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het" (Heb. 12:2).
Net soos Stefanus die Seun van die mens in die hemel gesien het aan die regterhand van God, het Johannes Hom in die midde van die sewe goue kandelare gesien (Openb. 1:12-20). Hy verskyn aan Saulus op die pad na Damaskus in ‘n helder lig. In Handelinge 9:3-6 lees ons: "En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, HERE? En die HERE antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die HERE antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen" Die HERE kan Homself openbaar aan wie Hy wil, waar Hy wil, en wanneer Hy wil!
Ons kan hom ook op dieselfde tyd in Sy veelvuldigheid sien, en tog bly Hy dieselfde. In Johannes 3:13 sê Hy, "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is". Toe hy dit gesê het, het Hy met albei voete op die aarde gestaan en praat met die mense. Dit is toenemend duidelik dat ons onsself op goddelike openbaringsgrond bevind.