God en sy plan met die mensdom
Die Messias moes ook Priester wees. In Hebreërs 9:11-14 sê dit: "Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien." In Hebreërs 5, vanaf vers 7 lees ons: "…Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek."
In Génesis 14, vanaf vers 18, word ons vertel: "En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles”. Wie net hierdie skrifgedeelte neem, kry die indruk dat 'n koning regeer in Jerusalem, wat gelyktydig bekleed was as 'n priester. In Hebreërs 7 word hierdie priester-koning nader beskrywe: "hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede” (vers 2). Daar is net een persoon wat as Koning van geregtigheid en as die Koning van Vrede aangespreek kan word, en dit is die Koning van alle konings. In die tyd van Abraham het Hy nog nie in die vlees gekom nie. In die 3de vers word Melgisédek soos volg aan ons verduidelik: "sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde”, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. Elke koning en elke priester op aarde het 'n pa, 'n ma en 'n linie. Maar nie Melgisédek nie. Dit is nog 'n oorweldigende bewys dat toe die HERE Abraham as 'n priester op daardie tydstip ontmoet, was Hy nog nie gebore as 'n seun in die wêreld nie. As 'n priester het hy by Abraham gekom met brood en wyn – simbole van die nagmaal.
In die Ou Testament, was die hoëpriester net een keer 'n jaar toegelaat om die Allerheiligste te betree, naamlik op die groot dag van versoening, nadat hy die bloed van die dierlike offer gestort het (Heb. 9:7). Christus het as Hoëpriester eens en vir altyd met Sy eie bloed, wat nie in die sand van die aarde ingesuipel het nie, opgevaar en dit na die genadetroon geneem. Die bloed het vandag dieselfde regverdige werking, vir almal wat die Bybel glo. Dit is die bloed van die Nuwe Testament, wat nou werksaam is, gedurende die tyd van genade, aan almal wat daarin glo.
Dit is geskryf: "as sy siel ‘n soenoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees" (Jes. 53:10).