God en sy plan met die mensdom
In Johannes 8:24 staan: “Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe”. Die term "EK IS", vanuit die dae van Moses het 'n spesiale betekenis: “Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS die EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur” (Exo. 3:13-14).
Herhaaldelik het onse HERE hierdie woorde vanuit die Ou Testament in die Nuwe gebruik: " EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe.” “EK IS die opstanding.” “EK IS die brood van die lewe.” “EK IS die lig van die wêreld", ens. Weer en weer kom ons dieselfde verklaring teë. In Johannes 8:57 staan: “Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, IS EK”. Die “EK IS” het as Jahweh met Abraham gepraat.
In Jesaja 44:6b sê die HERE: “EK IS die Eerste, EK IS die Laaste, en buiten My is daar geen God nie”. Ons vind in Jesaja 48:12 'n soortgelyke woord: “…EK IS die Eerste, ook IS EK die Laaste.” Dieselfde verklaring is ook in die Nuwe Testament: “Moenie vrees nie; EK IS die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid…” (Openb. 1:17-18). Dit is duidelik van wie hier gepraat word.
Die HERE sê in die Ou Testament: "EK IS die eerste en die laaste …"; Jesus sê in die Nuwe Testament: "EK IS die eerste en die laaste …". Besonders belangrik is Sy eie getuienis in Openbaring 1:8 (soos in die oorspronklike skrywe), waar Hy weer die HERE God is: “EK IS die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die HERE (God), wat is en wat was en wat kom, die Almagtige”. Dit is tog wonderlik, om die redenasie van die Woord te volg. Jahweh van die Ou Testament is Jesus van die Nuwe Testament, en Hy bly altyd dieselfde. Salig is hy wat glo soos die Skrif sê. God het geen voorneme gehad om 'n nuwe Bybel te skryf nie. Hy sou vandag sê wat hy in alle ewigheid gesê het; Hy hoef niks te korregeer nie.