Book
God en sy plan met die mensdom
Ewald Frank
Formats
Typ písma
Výška riadku
Medzera odseku
Veľkosť písma
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 19
Die Lam van God
19 / 23
In die Ou Testament moes ‘n onskuldige lam as 'n offer dier sterf, 'n simbool van die volmaakte Offerlam wat die plek van die skuldige moes neem. Johannes die Doper het na Jesus gewys en uitgeroep: " Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem" (Joh. 1:29). Petrus het geskrywe: "omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos" (1Pet. 1:18-19). Die Gemeente van God word deur Sy goddelike bloed verkry (Hand. 20:28).
"Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys … en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is" (Rom. 3:25-26). Wat 'n wonderlike waarheid! Dit is die kern van die evangelie. Alle Skrifte, hul verbintenis met mekaar en hul ooreenstemming, lei tot ‘n goddelike antwoord.
Available translations
PDF