God en sy plan met die mensdom

Die Eerwaardige

« »

In Daniel 7:9-10 word ons 'n merkwaardige gebeurtenis vertel: "Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur." God is nie oud nie en beslis nie 'n oupa nie. Hy is die vader en van ouds af dieselfde onveranderlike God. By Hom is daar geen sprake van ouderdom nie. In hierdie visie sien Daniel Hom as 'n Regter, as die hoogste gesag in al Sy Majesteit en Eerwaardigheid. In vers 13 getuig Daniel: "Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom". 

Ons word verras om die Seun van die mens te vind in die Nuwe Testament, beskryf as die eerwaardige gryse. In Openbaring 1, vanaf vers 13 sien Johannes: "… en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam…". In die profeet Daniël word God vertoon met ‘n wit kop. In die Nuwe Testament is Jesus Christus, die Seun van die mens, in dieselfde manier beskryf met 'n wit kop. Dit bevestig opnuut dat die openbaring van die Seun steeds God is (1 Kor. 15:28). "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die HERE, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:7-8). 

In Openbaring 20, vanaf vers 11, word die finale oordeel beskryf. Johannes getuig: "En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het". 

Tot by die laaste hoofstuk van die Bybel vind ons nog dit wat betrekking het op die tydige, wat nie verband hou met die ewige nie. Byvoorbeeld, Openbaring 22 praat van die bome wat vrugte dra elke maand. Dit sal tydens die Vrederyk wees (Esé. 47:12). Dan praat dit ook nog van die troon van God en van die Lam; dit is in die enkelvoud – nie in die meervoud nie: "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien" (Openb. 22:3-4). Aan die einde praat dit weer van die Een, soos in die begin gepraat was: "kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste" (vers 12). 

As ‘n heiligdom van geloof, wil ons hou by die Woord van God. Wat nog hangende is, sal beslis op die regte tyd vervul word (Hab. 2:2-3). In die voleinding sal geopenbaar word dat God Sy groot plan verwerklik het en Sy ewige Raad uitgevoer het. Sodra tyd in die ewigheid invou, is daar geen behoefte aan die Seun van die mens meer nie, ook nie Middelaar of Advokaat nie, ens. Die HERE God word dan opgehef en ons saam met Hom. Die finale toestand word op sy mees doeltreffendste beskryf in Openbaring 21:3-7: "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut”. Dit gaan voort: “Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees" Amen! Amen! 