God en sy plan met die mensdom

Seuns van God

« »

Die verbinding wat God met die mens het deur die Seun van die mens word vir ons in Hebreërs 2:6-9 aangetoon: "maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak." Dit is alles gedoen namens ons. In Hebreërs 2:10-11 sê dit: "Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie." 

Wat in die Ou Testament geskryf is as 'n belofte, word letterlik vervul in die Nuwe. Na die opstanding, het die HERE vir die vroue wat na sy graf gekom het gesê: "Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan: en daar sal hulle My sien" (Matt. 28:10). In Johannes 20:17 vind ons bevestig dat die heiliges en die wat geheilig word, dieselfde Vader het: "Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God". Johannes skryf dat dit in die voltooiing duidelik sal word dat ons sal verander na die beeld van God se Seun: "maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is" (1Joh. 3:2). So gewis soos dit geskrywe is, so seker sal dit gebeur; Sy ewige raad met diegene wat in Hom glo, in die naderende finale verwesenliking. 

In Psalm 22:23 sê: "Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys" Die naam is nie alom bekend nie, maar soos geskrywe is, het Hy Homself bekend gemaak aan Sy broers, naamlik diegene wat God tereg hul Hemelse Vader kan noem,. In die Seun het God ons alles gegee. "Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag" (Kol. 2:9-10). Ons sien onse HERE wat in sy menswording die verskillende take moes uitvoer. Jesus het gesê: "Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig" (Joh. 5:39). In hierdie navorsing het ons die getuienis dat die Skrif volle geloof gee. Jesus sê in Johannes 17 vers 3: "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het". Hy het ook gesê: "En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê…" (Joh. 6:40). Die belangrikheid van geloof in God se openbaring in die Seun, word in die volgende vers uitgedruk: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom…" (Joh. 3:36). Ten spyte van die menigvuldigheid waarin onse HERE bekend is, bekyk ons vanuit die menslike punt en bely met Thomas: "My HERE en my God" (Joh. 20:28). Volgens die getuienis van die apostel Paulus getuig nie enigeen van Jesus Christus as HERE nie; net hulle wie werklik die Heilige Gees het (1Kor. 12:3). 

As die goeie Herder het Hy Sy lewe vir ons gegee en het Hy ons die skape van die weiding van Sy hand gemaak. Hy is die Koning en Priester, en het van ons konings en priesters gemaak (Openb. 1:6). Hy is die Rots, die kosbare Hoeksteen, waarop ons as lewende boustene tot 'n geestelike huis opgebou word (1Pet. 2:4-10). As Seun het Hy ons seuns en dogters van God gemaak (Efé. 1:6), ens. Enigiemand wat die HERE in Sy menslikheid langs God sien, moet voor oë hou, dat dit alles gebeur het sodat God Sy ewige plan kon uitvoer met die mensdom. As Seun van God is Hy die Verlosser, as Seun van die mens is Hy Profeet, as Seun van Dawid is Hy die Koning. Hy sal sit op die troon, en ons sal 'n duisend jaar saam met Hom regeer (Openb. 20:6). Hierdie groot belofte het Hy aan Sy kinders gegee (Openb. 3:20-21). Daarna open die tyd in die ewigheid, en sal God dan alles in almal kan wees.