Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Kapitola 26

Epiloog

26 / 26

In die veertig jaar van my evangelie-bediening en arbeid in die "wingerd van die Here", het ek die wonderlike leiding van die Heilige Gees ontelbare kere ervaar. Maar toe ek oor hierdie moeilike en betekenisvolle onderwerpe skryf, het ek soos nooit voorheen, herhaaldelik en regstreeks besef, ​​wat dit in die praktyk beteken, omdat daar geskryf staan: "die Gees ondersoek alle dinge ..."en "die Gees sal julle in alle waarheid lei … en die toekomstige dinge aan julle verkondig", ens. Telke male gebeur dit, dat die Gees van God lig skenk en die kontekste wys wat ek voorheen nie gesien en ook nie geweet het nie.

Met diepe dankbaarheid en merkbare verligting het ek hierdie manuskrip voltooi. Dit is vir my asof die Gees van God in my tot rus gekom het en 'n groot las van my afgeneem is. Ook omdat ek hiermee my Godgegewe verantwoordelikheid nagekom het en hierdie belangrike nalatenskap van God se geopenbaarde profetiese Woord, aan Sy volk kan gee. Van alles wat ek al in die gesig gestaar het en van die uitdagings wat in my bediening voor die Here gestel was, was die voorbereiding van hierdie daarlegging die grootste taak. Tog het ek nou die indruk dat God welgevallig daarna kyk. Nou, aan die einde van die sewende gemeentelike tydperk, het dit die Here, die verhewe en verheerlikte Hoof van die Gemeente, behaag om Sy hele raad te openbaar, soos Hy dit aan die profete en apostels bekend gemaak het. Hierdie stelling is betroubaar en seker.

Wie my wil beskuldig van hardheid en liefdeloosheid, oordeel menslik. God sou eerder wou, en so ook ek, dat alles op geestelike gebied suiwer sonskyn is. Maar dit is ongelukkig nie die geval nie. Ek smeek u daarom, dat u my as werktuig en mondstuk van God moet ignoreer en na Hom moet draai, wie verantwoordelik is vir die hele inhoud van Sy Woord. 'n Boodskapper kan niks doen aan die boodskap nie, hy moet dit net aflewer. Die Here self het in Sy Woord sekere dinge veroordeel omdat dit nie van Hom af kom, en nie voor Hom kan bestaan nie. Wie wil tog reg wees met Hom? Die goddelike waarheid is baie skerp en maak aanvanklik seer, maar tog het dit 'n genesende effek.

In die boek "Die Tradisionele Christendom ...", het ek die basiese waarhede van die verkondiging van die evangelie en die fondamentele geestelik-bybelse leringe van die nuwe-testamentiese Gemeente en ook die agtergrond en ontwikkeling van die kerkgeskiedenis aangetoon. In hierdie publikasie gaan dit om die verborge geskrewe openbarings-teks, in duidelike skriftelike taal te weergee. Van die begin af was die prinsiep van onse Here om simboliese gelykenisse te gebruik. Maar Hy het na Sy dissipels gedraai en aan hulle gesê: "Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken".

Alles wat van God af kom, vloei na ons deur die openbaring van die Gees, waardeur ons begrip ​​van die Skrif in die vervulling en realisering daarvan geopen word. Dit is nou die tyd van die volledige en finale openbaring van al die geheimenisse wat in die Woord verborge lê.

In die kerkgeskiedenis wat die vroeë christendom opgevolg het, was daar tot in ons tyd, nooit 'n deurbraak tot die volle openbaring van Jesus Christus gemaak nie. Die Verlosser het die Rots van struikeling en die Steen van aanstoot gebly, wat die geestelike bouers nie reg kon klassifiseer nie. Dit was ook nie moontlik om die antichris duidelik te herken en vanuit die skrif te ontbloot nie. Wat hom betref is daar twee hoofbeskouinge: sommige leer dat hy al gekom het in die tyd van die apostels; die ander glo dat hy te eniger tyd sal kom. Sommige is opsoek na hom onder die Jode, ander soek hom onder die Arabiere, en so voorts.

Johannes, die gunsteling dissipel van Jesus, het duidelik geskryf dat die antichris nog moet kom, maar dat daar reeds al baie antichriste in die wêreld is (IJoh. 2:18). Albei is korrek. Die antichristelike kerk bestaan ​​langs die ware christelike Gemeente sedert die eerste christelike era. Maar in die heel laaste tydperk, wanneer Satan die mens van sondeinvaar, sal die antichris nie net as 'valse profeet' optree nie, maar sal hy ook optree as die 'dier'. Die bekendmaking van die kenmerke van hierdie instelling en sy hoof, is vir die eindtyd van die grootste belang. Daarom het die Heilige Gees, net soos ek dit self ervaar het toe ek geskryf het, so 'n groot waarde daarop gelê en die lig van alle kante af daarop laat skyn.

Wat die manier van aanbieding betref, het ek die leuse van die apostel Paulus ook myne gemaak, "nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie" (IKor. 2: 1-5), asook die riglyn van Martin Luther, die hooggeagte hervormer en bybelvertaler: "Die grammatika mag nie oor die openbaring heers nie, maar moet dit dien".

Net soos God waak oor Sy Woord, mag Hy dit ook doen oor hierdie uitvoering daarvan. Hierdie kort samevatting word toegewy aan onse Here en Verlosser, Jesus Christus. Hy self wil diegene seën en met Sy geliefdes praat terwyl hulle daaraan lees. Alle eer aan die ewige, getroue God, nou en vir altyd. "... die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee" (Efé. 1:17b). Amen!

Krefeld, Duitsland. Desember 1994

Ewald Frank

Available translations