Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening?

« »

Antwoord: Ek glo in William Branham se goddelike roeping en sending, of dit nou verwys na 11 Junie 1933, 7 Mei 1946, of enige ander bonatuurlike ervaring. Die hoofpunt van wat in 1933 aan hom gesê was, is dat die boodskap wat aan hom toevertrou was, Christus sou voorafgaan, soos ons dit wêreldwyd vervuld gesien het die afgelope 40 jaar.

Broeder Branham het in die ervaring op 7 Mei, 1946, twee bonatuurlike tekens ontvang, soos dit aan die profeet Moses gegee was (Ex. 4: 1-9), waarmee die gehore op 'n bonatuurlike manier van sy goddelike opdrag oortuig kon word. Honderd duisende het die eerste teken in die laat 1940's aanskou, met die pasiënte wat hul eie siektes kon sien het, bv. ‘n gewas, kanker, ens., op die agterkant van Broeder Branham se hand, wat verdwyn het die oomblik wanneer die genesing gebeur het. Die beste getuies wie ek persoonlik ontmoet het, was Eerw. Gordon Lindsay en sy vrou, wie my vertel het dat gedurende die byna drie jaar wat hulle verskeie kere saam met Broeder Branham gereis het, hulle hierdie gawe herhaaldelik aan die werk gesien het.

Miljoene was getuies van die tweede bonatuurlike teken, bekend as “die teken van die Messias”, in die 1950's en 1960's (verwys na die April 2005 Omsendbrief). Ek het self ook gesien wat gebeur het in hierdie buitengewone bediening, in Broeder Branham se byeenkomste in Europa en in die VSA. As gevolg van my persoonlike ervaring, kan ek voor God en alle mense getuig van die onfeilbaarheid van die profetiese gawe wat God aan hom geskenk het. Broeder Branham se bediening was bybels en goddelik bevestig. Deur hom is miljoene siele na Christus gebring en duisende is genees en verlos vanweë hulle geloof.