Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 2

Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening?

2 / 34

Antwoord: Ek glo in William Branham se goddelike roeping en sending, of dit nou verwys na 11 Junie 1933, 7 Mei 1946, of enige ander bonatuurlike ervaring. Die hoofpunt van wat in 1933 aan hom gesê was, is dat die boodskap wat aan hom toevertrou was, Christus sou voorafgaan, soos ons dit wêreldwyd vervuld gesien het die afgelope 40 jaar.

Broeder Branham het in die ervaring op 7 Mei, 1946, twee bonatuurlike tekens ontvang, soos dit aan die profeet Moses gegee was (Ex. 4: 1-9), waarmee die gehore op 'n bonatuurlike manier van sy goddelike opdrag oortuig kon word. Honderd duisende het die eerste teken in die laat 1940's aanskou, met die pasiënte wat hul eie siektes kon sien het, bv. ‘n gewas, kanker, ens., op die agterkant van Broeder Branham se hand, wat verdwyn het die oomblik wanneer die genesing gebeur het. Die beste getuies wie ek persoonlik ontmoet het, was Eerw. Gordon Lindsay en sy vrou, wie my vertel het dat gedurende die byna drie jaar wat hulle verskeie kere saam met Broeder Branham gereis het, hulle hierdie gawe herhaaldelik aan die werk gesien het.

Miljoene was getuies van die tweede bonatuurlike teken, bekend as “die teken van die Messias”, in die 1950's en 1960's (verwys na die April 2005 Omsendbrief). Ek het self ook gesien wat gebeur het in hierdie buitengewone bediening, in Broeder Branham se byeenkomste in Europa en in die VSA. As gevolg van my persoonlike ervaring, kan ek voor God en alle mense getuig van die onfeilbaarheid van die profetiese gawe wat God aan hom geskenk het. Broeder Branham se bediening was bybels en goddelik bevestig. Deur hom is miljoene siele na Christus gebring en duisende is genees en verlos vanweë hulle geloof.

Available translations