Book
Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Ewald Frank
Formats
Typ písma
Výška riadku
Medzera odseku
Veľkosť písma
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 33
Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan?
33 / 34
Antwoord: Ons is nou in die proses om die finale fase van die gemeentelike tydvak te betree — die tydperk van die Bruid. Die Wederkoms van Jesus Christus is waarlik op hande. Dit kan ons sien in die tekens van die tye en in die vervulling van veral die vooruitgespreekte bybelprofesies oor Israel. Die eindtyd-boodskap is die belangrike oproep om middernag. Dit is die tyd om almal uit te roep wat aan die Bruidsgemeente behoort. Waarvan die apostel Paulus in sy dag getuig het, word nou uiteindelik vervul: “… net die uitverkorenes het dit verkry…” (Rom. 11: 4-7). Net hulle sal alles erf, omdat dit hulle is wat luister na en volg wat die Gees aan die Gemeentes sê. Natuurlik sal die groot, finale werk van God op aarde sy voltooiing vind in die volle herstel van die beloofde volmaaktheid. Daartoe behoort die bediening van die gesproke woord en die magtige werk van die Gees, wat sal voortvloei uit die sigbare openbaring van die seuns van God en die opstanding van die dooies, wat, as die hoogtepunt, sal uitloop in die Wederkoms van Jesus Christus.
Available translations
PDF