Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Dit was die begeerte van die apostel Paulus, om destyds al 'n onberispelike Gemeente aan Christus voor te stel (IIKor. 11: 2-4). Hy het egter gevrees dat, net soos Eva deur die slang verlei was, die gedagtes van die gelowiges ook verdorwe sou word, omdat Christus eenvoudig is. Dan wys hy hoe die verleiding geskied, nl., deur predikers wat 'n ander Jesus en daarom 'n ander evangelie verkondig, omdat hulle ‘n ander gees kry. In Efésiërs 5: 26-27, sal die HERE Jesus self die Gemeente voor Sy aangesig daarstel: “ … sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees”. Die grootste man van God kan net die Woord preek; dit is die HERE self wat Sy Gemeente verlos het en hulle uit roep om die verlossingswerk in hulle te voltooi. Hulle wie preek, sal in die teenwoordigheid van diegene wat die woord uit hul monde gehoor het, geoordeel word. So het Broeder Branham dit ook in sy ervaring, “agter die gordyn van die tyd”, gesien. Dit stem ooreen met Romeine 14, verse 7- 12 en IIKorinthiërs 5, verse 9-10, waar Paulus sê: “… ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn…”.