Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: U kan die indruk kry dat ek heel verskillend leer, maar, soos reeds genoem, sal by nadere ondersoek gevind word dat ek altyd met die gesamentlike Woord van God in ooreenstemming moet wees. Ek is in besitting van al sy preke en het dit geluister, daarom ken ek al die verskillende uitsprake wat hy gemaak het aangaande ‘n onderwerp.
Byvoorbeeld, as Broeder Branham met betrekking tot die “jaarweke”, veral in die reeks oor die “SEVENTY WEEKS OF DANIEL” praat van ‘n sewe-jaar tydperk en selfs die hele gemeente laat hardop herhaal het: “One week equals seven years” (“Een week is gelyk aan sewe jaar”) — en dan weer van net drie-en-'n-half jaar praat, word ek gedwing om die Woord van God, as die heel ‘laaste instansie’ te laat geld. As hy die tydperk tussen die wegraping en die oprigting van die Duisendjarige Koninkryk in gedagte gehad het, het hy van sewe jaar gepraat. As hy praat van die bediening van die twee profete wat vir die Jode bedoel word, noem hy drie-en-'n-half jaar. Dit is nie genoeg, om net woorde te herhaal as dit kom by lering gee nie, ons moet dit in die regte konteks, volgens die profetiese Woord bring. Luister gerus na sy volgende verklaring:
“Die oomblik wanneer Hy daardie sewentigste week, oftewel die laaste sewe jaar begin, is die Gemeente weg. Kan julle dit sien, vriende? Steek u hand op as u dit kan sien … Die oomblik wanneer Hy die sewentigste jaarweek, die sewe jaar begin, is die Gemeente weg. Luister nou, ek sê dit weer en herhaal dit, sodat julle dit nie vergeet nie. Dit is wat die Heilige Gees deur my pen aangegee het om te skryf…” (bl. 38, par. 189-192, “SEVENTY WEEKS OF DANIEL”).
In die boek “THE REVELATION OF THE SEVEN SEALS”, lui vraag 18 (63-0324M), op bl. 440, as volg: “Wanneer word die verbond, waarna verwys word in Daniël 9, vers 27, bevestig vir 'n week?”
Die antwoord lui:
“Die helfte van die verbond is gesluit toe Jesus Christus op aarde was en aan die Jode gepreek het”.
Hier het Broeder Branham net herhaal wat andere voorheen gesê het. Maar kom ons kyk mooi na wat eintlik in Daniël 9, verse 24-27, geskryf staan, waar die sewentig jaarweke drievoudig opverdeel word, naamlik 7 + 62 + 1. Die SO SPREEK DIE HERE in die Skrif oor Christus, die Messias, lees soos volg: “En ná die twee-en-sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word…” Dit het vir ons aan die kruis op Golgota plaasgevind. Direk daarna lees ons in die tweede deel van vers 26: “ … en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes…” Dit verwys na Titus, wat met sy Romeinse leër Jerusalem en die tempel in die jaar 70 na Christus vernietig het. Ons lees die volgende in vers 27 oor die antichris – nie oor Christus nie: “En hy sal een (jaar)week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die (jaar)week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees…”
Onse HERE het 'n ewige verbond met ons gesluit deur die bloed van die verbond wat Hy aan die kruis op Golgotha gestort het (Matt. 26:28; Mark. 14:24, onder andere). As jy byvoorbeeld die C.O.D.-volumes, met die 431 vrae en antwoorde lees, sal jy vind dat Broeder Branham die een ding sowel as die ander in verskillende preke gesê het. Die Skrif getuig dat die Messias Sy lewe sou verloor ná die twee-en-sestig jaarweke en die sewe jaarweke wat dit vooraf gaan (Dan. 9:26). Die eerste deel van hierdie vers hou duidelik verband met Jesus Christus, die Messias; die tweede deel met die Romeinse vorste. Daniël 9:27 praat uitsluitlik van die antichris en die sewejaar lange verbond van Israel, waarvan hier gepraat word, sal 'n "Verdrag van Rome" wees oor Jerusalem. In die eerste helfte van die sewentigste week van jare, sal die twee profete hulle bediening uitvoer (Openbaring 11); in die tweede helfte, nadat die verbond verbreek is, regeer die antichris met brutaliteit vir twee en veertig maande en voer hy oorlog met die heiliges (Openb. 13: 1-10). Tydens hierdie vervolging word die Joodse martelare gedood onder lyding, as vervulling van die tweede deel van die vyfde seël (Openb. 6: 9- 11). Dit is volgens die SO SPREEK DIE HERE in Sy Heilige Woord!