Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 15

Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering?

15 / 34

Antwoord: Ek gee altyd dieselfde antwoord op hierdie vraag: Wanneer die HERE kom, sal ek saam met al die heiliges die Heerlikheid ingaan. Elke koms van die HERE is ‘n werklikheid, persoonlik en ‘n liggaamlike teenwoordigheid. Die term “par-ou-sia” op sigself, dui op ‘n aankoms — ‘n “fisiese teenwoordigheid”.So lank as die Bruid-gemeente op aarde is, het die Bruidegom nog nie gekom nie. Wanneer die Bruidegom kom, sal hulle wat in Christus gesterwe het, eers opgewek word en wie in Christus in die lewe oorgebly het, sal verander word en Hom saam in die lug te ontmoet (IThes. 4: 13-18). Daar is glad geen belofte in die Woord van God, dat Christus voor die wegraping sal plaasvind, aarde toe sal kom nie. Ons word immers gewaarsku: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! Moet dit nie glo nie” (Matt. 24:23). Dit staan verder ook geskrywe in Matthéüs 24: “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (vers 27). Daar is ook geen belofte dat Sy koms ingelei sal word met die opening van die seëls nie, of dat die troon van genade op daardie tydstip sal verander word in die oordeelstroon nie.

Die onskriftuurlike leringe ontstaan uit blote wanbegrippe wat net menslike uitleggings is. Broeder Branham het gesê:

“Eers kom die boodskap, die lewende brood van die lewe, om die Bruid voort te bring … Dit is 'n boodskap om die mense bymekaar te kry. ‘n Boodskap kom eers na vore. Dit is nou die tyd om die lampe skoon te maak. Staan op en snoei julle lampe. In watter tydperk gebeur dit? Die sewende; nie in die sesde nie, in die sewende. Daar kom die Bruidegom! Staan op en maak julle lampe skoon!” (65-1204).

Neem kennis van hoe die Heilige Gees vanaf IThessalonisense 4 tot Matthéüs 25 lei, waar daar gepraat word van die geroep om middernag. Dit is 'n wekroep, want al tien maagde het aan die slaap geraak. En volgens vers 10 is dit net diegene wat gereed sal wees, wie saam met die Bruidegom die bruilofsmaal binne sal gaan. Ons lees oor die bruilofsmaal in Openbaring 19, verse 1-10. Daar is geen woordspeling tussen bruilof en bruilofsmaal nie. Volgens dieselfde skrifgedeelte, vind die bruilof en bruilofsmaal plaas in die hemel, nie op die aarde nie. Die Bruidgemeente van alle tydperke sal daaraan deelneem saam met Abraham, Isak, Jakob en al die regverdiges in die voltooiing.

Available translations