Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering?

« »

Antwoord: Ek gee altyd dieselfde antwoord op hierdie vraag: Wanneer die HERE kom, sal ek saam met al die heiliges die Heerlikheid ingaan. Elke koms van die HERE is ‘n werklikheid, persoonlik en ‘n liggaamlike teenwoordigheid. Die term “par-ou-sia” op sigself, dui op ‘n aankoms — ‘n “fisiese teenwoordigheid”.So lank as die Bruid-gemeente op aarde is, het die Bruidegom nog nie gekom nie. Wanneer die Bruidegom kom, sal hulle wat in Christus gesterwe het, eers opgewek word en wie in Christus in die lewe oorgebly het, sal verander word en Hom saam in die lug te ontmoet (IThes. 4: 13-18). Daar is glad geen belofte in die Woord van God, dat Christus voor die wegraping sal plaasvind, aarde toe sal kom nie. Ons word immers gewaarsku: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! Moet dit nie glo nie” (Matt. 24:23). Dit staan verder ook geskrywe in Matthéüs 24: “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (vers 27). Daar is ook geen belofte dat Sy koms ingelei sal word met die opening van die seëls nie, of dat die troon van genade op daardie tydstip sal verander word in die oordeelstroon nie.

Die onskriftuurlike leringe ontstaan uit blote wanbegrippe wat net menslike uitleggings is. Broeder Branham het gesê:

“Eers kom die boodskap, die lewende brood van die lewe, om die Bruid voort te bring … Dit is 'n boodskap om die mense bymekaar te kry. ‘n Boodskap kom eers na vore. Dit is nou die tyd om die lampe skoon te maak. Staan op en snoei julle lampe. In watter tydperk gebeur dit? Die sewende; nie in die sesde nie, in die sewende. Daar kom die Bruidegom! Staan op en maak julle lampe skoon!” (65-1204).

Neem kennis van hoe die Heilige Gees vanaf IThessalonisense 4 tot Matthéüs 25 lei, waar daar gepraat word van die geroep om middernag. Dit is 'n wekroep, want al tien maagde het aan die slaap geraak. En volgens vers 10 is dit net diegene wat gereed sal wees, wie saam met die Bruidegom die bruilofsmaal binne sal gaan. Ons lees oor die bruilofsmaal in Openbaring 19, verse 1-10. Daar is geen woordspeling tussen bruilof en bruilofsmaal nie. Volgens dieselfde skrifgedeelte, vind die bruilof en bruilofsmaal plaas in die hemel, nie op die aarde nie. Die Bruidgemeente van alle tydperke sal daaraan deelneem saam met Abraham, Isak, Jakob en al die regverdiges in die voltooiing.

Antwoord: Ek gee altyd dieselfde antwoord op hierdie vraag: Wanneer die HERE kom, sal ek saam met al die heiliges die Heerlikheid ingaan. Elke koms van die HERE is ‘n werklikheid, persoonlik en ‘n liggaamlike teenwoordigheid. Die term “par-ou-sia” op sigself, dui op ‘n aankoms — ‘n “fisiese teenwoordigheid”.  So lank as die Bruid-gemeente op aarde is, het die Bruidegom nog nie gekom nie. Wanneer die Bruidegom kom, sal hulle wat in Christus gesterwe het, eers opgewek word en wie in Christus in die lewe oorgebly het, sal verander word en Hom saam in die lug te ontmoet (IThes. 4: 13-18). Daar is glad geen belofte in die Woord van God, dat Christus voor die wegraping sal plaasvind, aarde toe sal kom nie. Ons word immers gewaarsku: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! Moet dit nie glo nie” (Matt. 24:23). Dit staan verder ook geskrywe in Matthéüs 24: “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (vers 27). Daar is ook geen belofte dat Sy koms ingelei sal word met die opening van die seëls nie, of dat die troon van genade op daardie tydstip sal verander word in die oordeelstroon nie.