Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 17

Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde?

17 / 34

Antwoord: As die opdrag wat die HERE my gegee het, nie op die Skrif gebaseer was nie, sou ek glad nie die reg gehad het om in Sy diens te wees nie. “En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars” (IKor. 12:28). Broeder Branham het gesê:

“Niemand het die reg om te preek, tensy hy, soos Moses, God self ervaar het op daardie Heilige grond nie … .” (“FUTURE HOME”, bl. 36-37).

Almal wat ooit deur God geroep was, ken die dag, uur, plek en die presiese bewoording van daardie roeping. My getuienis is al baie jare regoor die wêreld bekend. Dit was in Maart 1963 gepubliseer in die Duitse uitgawe van die ‘Voice of Healing’ tydskrif. Fred Sothman en Banks Woods was getuies op 3 Desember, 1962, toe Broeder Branham, deur goddelike openbaring, die woorde herhaal het wat die HERE met my op 2 April, 1962, gespreek het. Ek sal dit nooit vergeet, hoe die profeet destyds vir my gesê het:

“Broeder Frank, jy het misverstaan wat die HERE beveel het. Jy het aardse voedsel geberg, omdat jy gedink het dat daar 'n aardse hongersnood sou wees”

Hy het voortgegaan:

“Die HERE gaan 'n honger stuur vir Sy Woord. Die voedsel wat jy moet opstoor is die Woord wat God vir hierdie tyd belowe het … dit is in die band opgeneemde preke … Maar wag totdat jy die res het, voordat jy dit uitdeel”.

Die opdrag wat aan my gegee is, is twee-ledig: Om van stad tot stad te gaan en die Woord te preek, en tweedens, om die geestelike voedsel uit te deel.

God het dit so gelei dat Broeder Don Bablitz, in Augustus 1976, gekom het na die huis van die Wittmeier-gesin in 137ste Laan, Edmonton, terwyl ek daar was. Hy en 'n span het die gedrukte preke van Broeder Branham in die Engelse taal gepos na die adresse, wat aan my gegee was met my reise oor die wêreld. Daardie Saterdagoggend het hy skielik in die gesprek gesê: “Broeder Frank, ons sien Broeder Branham in die Bybel. Wat van u bediening? Is dit ook in die Bybel?”. Ek onderbreek hom toe en sê: “Asseblief, hou op daarmee! Hoe kan my bediening in die Bybel wees?…”

Die volgende oggend nadat ek vroeg wakker geword het en ek geklee was, het ek regop gaan sit op die rand van die bed. Ek was net op die punt om my Bybel te neem, toe ek die volgende woorde met groot gesag uitsgepreek hoor, vanaf my regterkant — soos dit nog elke keer gebeur het: “MY DIENSKNEG, EK HET JOU VERORDINEER OM DIE VOEDSEL UIT TE DEEL VOLGENS MATTHÉÜS 24, VERSE 45 TOT 47”. Tot dan het ek nog nooit hierdie bybelteks opgemerk nie, nog minder dat dit verband hou met die uitdeel van die geestelike voedsel vir hierdie tyd.

God het gesê dat Hy hongersnood sal stuur, “om die woorde van die HERE te hoor” (Amos 8:11); daarom moes Broeder Branham die geestelike voedsel opstoor, sodat dit nou uitgedeel kan word. My God-gegewe bediening is dus direk gekoppel aan die bediening van Broeder Branham. Dit is een ding, om die kos in groot hoeveelhede in mandjies te stoor, soos dit aan hom gewys is, en ‘n ander, om dit wat aan die tafel van die HERE voorberei is, aan die mense te bedien. Alle broeders wêreldwyd wat ook deur God geroep is, bly in die Woord en gee die geestelike voedsel deur.

Available translations