Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Wie die preke oor die sewe seëls aandagtig luister of nalees, sal vind dat Broeder Branham elke keer die hele teks van elke seël in die boek Openbaring gelees het, met die uitsondering van die sewende seël: daar het hy net die eerste vers in hoofstuk 8 gelees, wat gaan oor die halfuur van stilte in die hemel. Hy het die sewende seël aan 'n aantal verskillende gebeure gekoppel. En hy het gepraat van die einde van die gemeentelike tydperke, van die einde van die trompette, van die einde van die skale van grimmigheid, tot met die einde van al hierdie dinge. Wie ookal die teks in Openbaring 8 vanaf vers 2 verder lees, sal leer van die sewe engele wat voorberei om die sewe trompette te blaas.
Daar is die sewe engele van die sewe gemeentes (Openbaring, hoofstukke 1-3).
Dan is daar die sewe basuin-engele (Openbaring, hoofstukke 8-11).
En dan is daar die sewe engele wat hul sewe skale grimmigheid uitgiet (Openbaring, hoofstukke 15 en 16). Dit moet alles in hul goddelike orde geplaas word. Aanhaling:
“Die eerste drie hoofstukke van die boek van Openbaring, openbaar al die gebeure wat verband hou met die Gemeente. Daarna is daar nie meer van die Gemeente te sien nie, tot die 19de hoofstuk.
Die Gemeente word opgeneem in die 4de hoofstuk en keer terug in die 19de. Bruid en Bruidegom kom saam na die aarde terug. En daarna, vanaf hoofstuk 19, tot die slotsom in hoofstuk 22, gaan alles oor die Duisendjarige Koninkryk en wat daarna sal wees. Vanaf die 4de, tot die 19de hoofstuk, handel God met Israel” (FEAST OF THE TRUMPETS, bl. 6).
Broeder Branham het dit herhaaldelik beklemtoon. Neem asseblief kennis daarvan, soos ons dit in hoofletters plaas: “INGESLUIT IN HOOFSTUKKE 4 TOT 19, IS HOOFSTUKKE 8, 9, 10 EN 11”. Daar is niks in hierdie vier hoofstukke wat die Gemeente betref nie, soos Broeder Branham self dit 'n paar keer gesê het.
As die genadetroon in die oordeelstroon verander (volgens die 7de Seël, hfst. 8: 2-5), dan is daar nie meer 'n middelaar nie, ook nie meer 'n advokaat, wat die gebede van die heiliges kan ontvang nie. Dan word die gloeiende kole vanaf die goue altaar na die aarde gegooi. Dit word gevolg deur donderslae, weerlig, ens. Broeder Branham was meegedeel dat die sewe basuine nie binne die tydsbestek van die Gemeente val nie en dus nie op hulle van toepassing is nie. Aanhaling:
"Onmiddellik daarna, het die engele van die HERE verskyn en my van die sewe basuine, die sewe seëls vertel … dit was toe dat die Heilige Gees dit my laat verstaan het, dat die Gemeente nie hier op hierdie tydstip enige baat het nie, want dit het niks hoegenaamd met die Gemeente te doen nie … Die versameling van Israel is die trompette. Die trompette gaan oor die versameling van Israel. Onthou, al die trompette word onder die sesde seël geblaas … Let op hoe perfek die sewende basuin en die sewende seël tog is …!” (“FEAST OF THE TRUMPETS”, 20-21, par. 43-44, par. 147-148, 158).