Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 9

Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar?

9 / 34

Antwoord: Wie die preke oor die sewe seëls aandagtig luister of nalees, sal vind dat Broeder Branham elke keer die hele teks van elke seël in die boek Openbaring gelees het, met die uitsondering van die sewende seël: daar het hy net die eerste vers in hoofstuk 8 gelees, wat gaan oor die halfuur van stilte in die hemel. Hy het die sewende seël aan 'n aantal verskillende gebeure gekoppel. En hy het gepraat van die einde van die gemeentelike tydperke, van die einde van die trompette, van die einde van die skale van grimmigheid, tot met die einde van al hierdie dinge. Wie ookal die teks in Openbaring 8 vanaf vers 2 verder lees, sal leer van die sewe engele wat voorberei om die sewe trompette te blaas.

Daar is die sewe engele van die sewe gemeentes (Openbaring, hoofstukke 1-3).

Dan is daar die sewe basuin-engele (Openbaring, hoofstukke 8-11).

En dan is daar die sewe engele wat hul sewe skale grimmigheid uitgiet (Openbaring, hoofstukke 15 en 16). Dit moet alles in hul goddelike orde geplaas word. Aanhaling:

“Die eerste drie hoofstukke van die boek van Openbaring, openbaar al die gebeure wat verband hou met die Gemeente. Daarna is daar nie meer van die Gemeente te sien nie, tot die 19de hoofstuk.

Die Gemeente word opgeneem in die 4de hoofstuk en keer terug in die 19de. Bruid en Bruidegom kom saam na die aarde terug. En daarna, vanaf hoofstuk 19, tot die slotsom in hoofstuk 22, gaan alles oor die Duisendjarige Koninkryk en wat daarna sal wees. Vanaf die 4de, tot die 19de hoofstuk, handel God met Israel” (FEAST OF THE TRUMPETS, bl. 6).

Broeder Branham het dit herhaaldelik beklemtoon. Neem asseblief kennis daarvan, soos ons dit in hoofletters plaas: “INGESLUIT IN HOOFSTUKKE 4 TOT 19, IS HOOFSTUKKE 8, 9, 10 EN 11”. Daar is niks in hierdie vier hoofstukke wat die Gemeente betref nie, soos Broeder Branham self dit 'n paar keer gesê het.

As die genadetroon in die oordeelstroon verander (volgens die 7de Seël, hfst. 8: 2-5), dan is daar nie meer 'n middelaar nie, ook nie meer 'n advokaat, wat die gebede van die heiliges kan ontvang nie. Dan word die gloeiende kole vanaf die goue altaar na die aarde gegooi. Dit word gevolg deur donderslae, weerlig, ens. Broeder Branham was meegedeel dat die sewe basuine nie binne die tydsbestek van die Gemeente val nie en dus nie op hulle van toepassing is nie. Aanhaling:

"Onmiddellik daarna, het die engele van die HERE verskyn en my van die sewe basuine, die sewe seëls vertel … dit was toe dat die Heilige Gees dit my laat verstaan het, dat die Gemeente nie hier op hierdie tydstip enige baat het nie, want dit het niks hoegenaamd met die Gemeente te doen nie … Die versameling van Israel is die trompette. Die trompette gaan oor die versameling van Israel. Onthou, al die trompette word onder die sesde seël geblaas … Let op hoe perfek die sewende basuin en die sewende seël tog is …!” (“FEAST OF THE TRUMPETS”, 20-21, par. 43-44, par. 147-148, 158).

Available translations