Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees?

« »

Antwoord: Broer Branham het nie so 'n profesie gemaak nie! Hy het wel 1977 in verskeie kontekste genoem. Wat egter in die “Kerkeeue”-boek staan, dat die wêreld-stelsels in 1977 tot 'n einde sou kom en die Duisendjarige Vrederyk sou aanbreek (bladsy 322 van die engelse uitgawe), kom nie van die lippe van Broeder Branham nie. Daar is geen sprake van so iets in die band-opgeneemde preke nie. In werklikheid het die boek sy oorsprong, woord-vir-woord, uit die pen van Lee Vayle, die skrywer van die boek. Dieselfde aanhaling is ook op bladsy 7 van sy boekie van 48 bladsye, “The Laodecean Church Age”. Op 17 Januarie, 1972, het Lee Vayle my vraag oor 1977 só beantwoord:

“Ek glo saam met die profeet dat alles in 1977 tot voltooiing gebring sal word en dat ons in die Millennium sal wees…”.

Dit was uiteraard die mening van die skrywer, nie die profeet nie.