Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Dit is met dankbaarheid dat ek terugkyk op 54 jaar van preek en 42 jaar van internasionale bediening, waartydens ek die voorreg gehad het om die ware Woord van God deur lesings en radio- en TV-uitsendings met miljoene mense in meer as 130 lande kon deel. Dit was dalk veral nuttig vir die broeders op die Afrika-kontinent dat broeder Branham ’n Duitse arend deur Afrika sien vlieg het. In elke land, in elke stad het ek die profeet en sy bediening genoem, maar altyd Jesus Christus verkondig as Verlosser, dieselfde gister, vandag en vir ewig, en natuurlik uitsluitlik die Woord van God geleer. Nog nooit het ek die teenstrydige kwessies in die openbaar bespreek nie, en ek het ook nooit 'n broeder genoem wat valse leringe versprei nie. Maar noudat die mens-verheerliking die punt bereik het om die profeet te verafgod met wat hy agtergelaat het, afbeeldings, kruisies, stukkies lap en pelgrimstogte na plekke, moet ek my stem verhef. Die laaste stukrag het gekom van 'n pakkie van vier CD's en DVD's wat 'n broeder vir my uit die Verenigde State gestuur het. Dit het my bereik net nadat ek hierdie vrae beantwoord het, wat ek eintlik wou vermy het. Maar nadat ek die DVD's gekyk het, was dit ‘n bevestiging van die belangrikheid — ter wille van die uitverkorenes — om die teenstrydige dinge in perspektief te plaas, naamlik in die lig van die ewige Woord.
Ongelukkig fokus dit op 'n ‘Branham-boodskap’, wat glad nie meer in ooreenstemming met die oorspronklike, ewige evangelie van Jesus Christus is nie. Daar word heeltyd gesê: “Die profeet het gesê…”, “Die profeet het vir my gesê…” ens., ens. Hulle noem glad nie meer Jesus Christus nie; dit speel geen rol meer in die broeders se getuienisse nie. Dit gaan altyd oor die profeet en wat hy kwansuis gesê het, maar nooit een keer oor wat Jesus Christus sê nie. Lewensverhale, jagstories, tentstories en vliegtuigstories, ens., ens., is wat gepreek word, en wat Broeder Branham as 'n mens gesê het, word verhef tot ‘SO SPREEK DIE HERE’. Is dit dan nie 'n totale afwyking van die ware evangelie van Jesus Christus, onse Here, soos Paulus dit verkondig het nie (Gal. 1)? Dit is ‘n tragiese afvalligheid wat tot allerlei afgodery lei.
Nou, na meer as 40jaar, word sy lewensverloop gepropageer en nuwe weergawes bly verskyn! Ken ons die lewensverloop van Johannes die Doper, van Petrus of van Paulus? Of het ons die Woord van die Lewe wat God deur hulle gespreek het? William Branham het vir ons 'n kristalhelder boodskap gelaat wat ons na God teruggebring het. Maar het hy nie self in sy preke, ten opsigte van die menslike aspek gesê: “As iemand ’n kersiekoek eet, moet hy maar die saad weggooi en die koek verder eet”? Het hy nie gesê: “As jy 'n hoender eet, sit jy net die bene eenkant”? Maar dit is juis sulke opmerkings wat die hoofsaak gemaak word, en dan is daar 'n hewige argument oor “bene”. Vandag moet die vraag gevra word: Watter boodskap glo jy? Watter evangelie verkondig jy?
In die begin was daar die woord, nie die interpretasie nie! Aan die begin was daar eenheid, nie verdeeldheid nie! 'n Kompromie — 'n vermenging — is nie werkbaar nie. In die begin het God eers die lig geskei van die duisternis, en so bly dit vir altyd. Wie nie die goddelike waarheid van die Woord onvoorwaardelik as die absoluut aanvaar en laat geld nie, is 'n verraaier van die waarheid en verdoem om die leuen te glo en sal daardeur in die oordeel beland (IIThes. 2: 10-12). Ons moet die algemene woorde van Broeder Branham, wat soms moeilik is om te verstaan, aan God oorlaat. Ook die oor sy spesiale bediening. “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid” (Deut. 29:29).
Broeders van regoor die wêreld het hul kommer uitgespreek oor wat in die Verenigde State gebeur. Ek is nie 'n regter nie, maar ek is goddelik geroep om my punt duidelik te maak: My “hoofkwartier” is nie op aarde nie, maar in die hemel, en die “stem van God” is God se Woord, wat wêreldwyd verkondig word. Die vermaning wat in Hebreërs 3 vervat is, geld steeds: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle harte nie!”. Soos alle profete en die HERE en die Apostels, vanaf sekere plekke in hul dag hul hoofbediening het, het Broeder Branham ook sy hoofbediening gehad in Jeffersonville. Niemand hoef nou 'n pelgrimstog na Jerusalem te maak nie, selfs al het die Woord daarvandaan uitgaan (Jes. 2; Hand. 2).
Voordat Broeder Branham begrawe is, het ek al die preke gekry en dus, die kosbare geestelike voedsel — vir baie jare voordat ‘Voice of God Recordings’ in Jeffersonville geopen is. Die geopenbaarde Woord is nie onder menslike toesig geplaas nie, maar toeganklik vir almal. Vir my geld die hele Heilige Skrif in ewigheid, ook die waarskuwing: “Soek My, dan sal julle lewe! Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie. Soek die HERE, dan sal julle lewe…” (Amos 5). Hulle was almal plekke van spesiale goddelike openbaring, wat later noodlottig geword het vir die volk van God. Jerusalem, die stad wat deur God gekies is, is verskeie kere verwoes en op die Godverkose berg Moria, die latere Tempelberg, het die Moslems die Al Aksa-moskee en die ‘Koepel van die Rots’ gebou. Solank God op ‘n plek teenwoordig is, vervul dit Sy doel. Sodra 'n bediening verby is, word al sulke plekke sonder uitsondering vinnig 'n pelgrimstog van bygeloof en afgodery. Teen die tyd van die koningskap van Hiskia, het die Israeliete selfs aan die koperslang van Moses offerhande gebring, tot Hiskia dit verwoes het (IIKon. 18: 1-4).
Vandag sê die HERE: “Soek My, dan sal julle lewe!”. Die HERE kan nie sê: “Gaan na Jerusalem of na Jeffersonville nie”, ook nie: “Maak 'n pelgrimstog na die graf van die profeet”, of “Gaan na Arizona en maak 'n pelgrimstog na Sunset Mountain” nie, omdat Hy gesê het: “… glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie … Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid … God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Joh. 4: 19-24). Wat onse HERE destyds gesê het, is vandag nog steeds van toepassing. Amen! Amen!
Ek het óók Broeder Branham as mens geken, saam met hom aan dieselfde tafel geëet en saam met hom in sy motor gery. Hy het dinge aan my toevertrou wat min weet. Ek het sy 21 briewe vanaf 1958 tot 1965, tot nou nog bewaar. Ek het twee keer in Jeffersonville gepreek op sy direkte versoek. Hy het my gevra om vir die ‘Full Gospel Businessmen’s Association’-mense, by Demos Shakarian, te gaan preek, in ‘Clifton Cafeteria’ in Los Angeles. Daar is dinge wat ek graag onthou. Hy het selfs aan my die naam van die broeder toevertrou, wat sy belastings-heffing van $40,000 betaal het, sodat hy sy paspoort kon terugkry. Ek het saam met hom tee by die huis gedrink. Ná sy heengaan, kon ek verskeie kere tydens my besoeke aan Tucson by sy woonstel bly. Maar wat het al hierdie private dinge met die goddelike raad te doen?
Broeder Branham was ook net 'n mens. Dit is glad nie so erg as hy 700 gesê het in 'n preek, i.p.v. 7,000, of dat Henog 500 jaar met God gewandel het, al was hy tog net 365 jaar op die aarde. Dit wys net hoe menslike tongglipse is. As hy bv. sê: “ … die koring sal verbrand word…”, dan korregeer hy homself onmiddellik: “… die stingels sal verbrand word, maar die koring in die hemelse skuur versamel word”.
As hy sê dat Noag 120 jaar gepreek het, het hy net herhaal wat ander gesê het. Dit was die leeftyd wat God in Genesis 6, vers 3 daargestel het. Noag was 500 jaar oud toe die drie seuns vir hom gebore was (Gen. 5:32), en hy was 600 jaar oud toe die vloed die aarde tref (Gen. 7:6).
Daar is eintlik ‘n hele aantal stellinge wat Broeder Branham gemaak het, wat verskil van mekaar. Maar dit is eintlik 'n goeie ding, want ondanks sy onfeilbare bediening as profeet, het hy 'n volkome normale persoon gebly. Hy het bv. met verwysing na IThessalonicense 4, in sy preek “DIE WEGRAPING”, wat praat van die direkte Wederkoms van onse HERE, die volgende gesê:
“Drie dinge moet geskied voordat die HERE verskyn … die geroep, die stem, die trompet … Jesus doen al drie wanneer Hy neerdaal”.
Broeder Branham wou sê: Hierdie drie dinge sal gebeur wanneer Jesus weer kom. “Want dit sê ons vir julle deur die woord van die HERE, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die Wederkoms van die HERE, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die HERE self (nie ‘n boodskap nie) sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die HERE tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die HERE wees” (IThes. 4: 15-17). Dit sal op dieselfde dag, dieselfde uur, dieselfde tyd gebeur. “Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word” (IKor. 15: 51-52). Broeder Branham het duidelik gesê:
“Eerstens kom die boodskap. Dit is nou die tyd om die lampe skoon te maak. Staan op en maak julle lampe skoon!”.
Dit is nie IThessalonicense 4 nie; dit is Matthéüs 25: “Daar kom die Bruidegom; gaan uit, Hom tegemoet!”. Onvoltooide sinne en tongglipse word gebruik om te leer dat Jesus sedert die opening van die seëls die troon van genade verlaat het, wat dan die troon van oordeel geword het, en is sederdien besig om “neer te daal”. Wat 'n rampspoedige argument en dwaalleer!
Nog een ding om te sê: In die eerste veertien jaar vanaf 1966, daar was 'n wonderlike harmonie in die kringe van die eindtyd-boodskap. In 1979 het Satan die werk van God probeer vernietig en ook hierdie bediening. Van daardie tyd af het alle verkeerde leerstellings en aanwysings hul gang gegaan. Die meeste broeders weet vandag nie van die nuwe begin en die voortsetting ná Broeder Branham se heengaan nie. Broeder Branham het gesien hoe die Bruid uit pas uit gaan, maar hy het ook gesien hoe sy deur die Woord terug in pas gebring word.
Solank as wat sy preke net so gelaat was, was daar geen verdeeldheid nie. Dit was slegs toe aanhalings buite verband geruk was, dat spesiale leerstellings en verwagtinge ontstaan het, wat nie ooreenkom met die Skrif nie. Die Woord bring ons na die belofteland; interpretasies lei na ‘n niemandsland! In die lig van die huidige situasie, moet ons erken dat geen mens die probleme binne die eindtydboodskap kan oplos nie — net God alleen. Almal sê: “Die uitverkorenes kan nie verlei word nie!”, maar hulle self word verlei en verlei ander verder. Die verleiding kom nie van buite nie; dit kom altyd van binne en is verbasend soortgelyk aan die oorspronklike. Keer op keer word daar spesiale leringe verklaar, wat nie in die geskrewe Woord gevind kan word nie. Dit is hartseer, maar waar, dat onder gelowiges van die eindtyd-boodskap dit herhaal word wat reeds onder alle denominasies voorheen gebeur het: hulle wys op ‘hul profeet’, ‘hul profetes’ of hulle stigter. Hulle belydenis is: “Ons glo die Bybel en wat ons profeet gesê het!”
Ek sê dit weer in die Naam van die HERE Jesus Christus: die ware houding moet wees dat ons God se Woord respekteer en dit alleen laat geld. Elke denominasie het hul bepaalde bybelgedeeltes wat veral vir hulle belangrik is, maar verkeerd geïnterpreteer word, waarop hulle dan hulself vestig. So het dit gebeur binne die boodskap met Openbaring 10. Elke verkeerde leer binne die boodskap van die uur, het op die een of ander manier ontstaan omdat Openbaring 10 verkeerd verstaan, verkeerd geïnterpreteer, buite konteks geneem en misplaas word.
Broeder Branham het al die fondamentele leringe van die Skrif weer nuut op die kandelaar teruggeplaas. Dit is in volle ooreenstemming met die hele Woord van God. Ons glo nie blind nie, ons ondersoek die Skrif, of dit so is (Hand. 17:11). Volgens Maleági 4: 5-6, plaas ons Broeder Branham as die beloofde profeet. Hy was die boodskapper van die laaste gemeentelike tydperk. Amen.
Dit is my besorgdheid om die HERE so te dien, dat almal wat tot die Bruid-gemeente van Jesus Christus behoort, tot die eenheid van die geloof kom. Veertig jaar het verloop sedert die heengaan van Broeder Branham en ons verwag nou 'n keerpunt, en daarmee, die magtigste werk van God wat nog ooit op aarde bestaan het.
Job word aan ons voorgehou as 'n voorbeeld uit die Skrif, hoe hy met sy standvastige uithouvermoë, ‘n dubbele restitusie ontvang het. Satan het alles rondom hom vernietig. Selfs sy vrou het teen hom gedraai en gesê: “Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!”. Sy naaste vriende het hom kwalik geneem en hom nie geglo nie. Maar toe kom die oomblik dat God self met Job gepraat het, en so het die hele situasie verander. Hy het vir sy vriende gebid en alles was dubbeld herstel (Job 42: 10-17). Hierdie voorval word aan ons gedemonstreer in verbinding met die vroeë en laat reëns en die laaste werk van God, voor die Wederkoms van Christus. Van daardie oomblik af was alles wat mev. Job en vriende gesê het vergete. Dit sal nou dieselfde wees. “Wees dan geduldig, broeders, tot op die Wederkoms van die HERE … Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job…” (Jak.. 5: 7-11).
Die tweede voorbeeld is Josef, wie deur sy broers in die put gegooi was en onskuldig in die tronk beland het deur 'n vrou. Maar dit was die diep paaie wat hy moes loop voordat hy die voedsel kon uitdeel aan sy broers tydens die hongersnood. Hy het hulle nie verwyt nie, inteendeel, hy het gesê: “Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uitgestuur … Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God…” (Genesis 45).
As dit nie vir Job was nie, sou ons nie van 'n dubbele vergoeding geweet het nie. As daar nie 'n Josef was nie, sou ons geen voorbeeld van die verspreiding van voedsel in die tyd van hongersnood gehad het nie. As daar nie ‘n Johannes die Doper was nie, sou die weg van die HERE nie gebaan was nie. As Paulus nie bestaan het nie, dan sou die heidene nie die evangelie gehoor het nie. As daar geen William Branham was nie, sou ons glad nie 'n eindtyd-boodskap gehad het nie. En dan sê sommige: as Broeder Frank nie ‘n direkte opdrag van die HERE ontvang het nie, sou die wêreld nie van ‘n boodskap gehoor het nie. Dit gaan hier nie oor bedieninge in die plaaslike gemeente nie, maar oor bedieninge wat direk gekoppel is aan die verloop van die goddelike verlossingsplan.
In lyn met die skrifgedeelte wat ek reg aan die begin aangehaal het, is hierdie daarlegging geskryf na die beste van my kennis en oortuiging. Dit sal goed wees as almal, regtig almal, hulself bevry van die strikke van die duiwel en nie langer na sy wil in die interpretasies bly nie. So seker as wat die Heilige Gees die Gees van die waarheid is en ons in alle waarheid lei (Johannes 16:13), so seker is alle dwaalleringe en alles wat daarmee gepaard gaan, van demone afkomstig (ITimothéüs 4). Dit is misleidende geeste wat aan die werk is. 'n Jubeljaar — 'n jaar van genade — het aangebreek vir almal en goddelike vryheid word nou aan almal verkondig (Lukas 4: 17-21). Enigiemand kan terugkeer na die HERE en na Sy Woord, om, ná hulle die wil van God volbring het, die vervulling van die belofte kan beleef en sodoende besit van die erfenis kan bekom (Hebreeus 10: 35- 38).
Met God se hulp sal ek my kruis opneem — maar nie met die gewig van misverstande nie — totdat ek die kroon van die lewe ontvang. Ek sal die smaad van Christus, die smaad van Broeder Branham en veral my eie smaad dra, totdat ek die Heerlikheid ingaan. Deur my lewensomstandighede, net soos met die meeste van God se diensknegte op aarde, kon ek ook nie daarin slaag om 'n lewe sonder foute te lei nie. Daarom was en is dit steeds meer belangrik om, soos met al die diensknegte van God, die mense van God die Raad van God met foutlose verkondiging te bedien. Mag God dit toelaat tot my laaste asem! Net soos my HERE en Verlosser van Homself kon sê: “Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem” (Joh. 18:37), kan ek ook sê: Ek is deur die dieselfde Woord en dieselfde Gees verwek en wedergebore tot 'n lewende hoop om van dieselfde Waarheid te getuig. Dit is steeds waar dat geen leuen sy oorsprong uit die waarheid het nie (IJoh. 2:21) en dat: “… hy wat God ken, luister na ons.…” (IJoh. 4:6) en: “Die wat uit God is, luister na die woorde van God…” (Joh. 8:47). In die begin was die Woord — dieselfde Woord is nou aan die einde. Elke interpretasie en modifikasie is die vergiftigde glans-werk van die duiwel, wat homself dan as 'n engel van die lig voorstel.
Wat God beplan het, sal met die Bruid-gemeente wêreldwyd gebeur: Sy sal die Bruidegom as ‘n voorbereide Bruid ontmoet wanneer Hy kom. Ek lê voor God die vereiste, dat alle siele wat voor die grondlegging van die wêreld georden is om tot die Bruid-gemeente te behoort, almal uit verwarring moet kom, om in lyn te kom met die Woord en in die eenheid van die geloof. Niemand het die reg om hulle langer in die verskillende kampe gevange te hou nie, om hulle langer aan interpretasies te verslaaf nie, maar dat hulle voortaan vry sal wees om slegs te glo dit wat die Skrif sê. Amen!
“En die Gees en die Bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet …
Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, HERE Jesus!” (Openb. 22: 17-21).