Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 11

Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het?

11 / 34

Antwoord: In een van sy laaste preke het Broeder Branham gesê:

“Wag net totdat ons kom waar hierdie plae, en seëls en die sewe donderslae oopgemaak word” (15 Aug. 1965)

Die sewe donderslae waarvan hy gepraat het, was spesifiek in verband met daardie geweldige gebeurtenis van 28 Februarie, 1963, toe die sewe magtige donderslae geklap en die bonatuurlik verligte wolk verskyn het. Dr. James McDonald van die universiteit van Tucson in Arizona, het die talle foto's daarvan geëvalueer en sy verslag daaroor vrygestel in die tydskrifte “SCIENCE” (19 April, 1963) en “LIFE” (17 Mei, 1963). Broeder Branham praat ook in hierdie verband oor die ervaring van die wegrapingsgeloof, ook van die nuwe naam wat dan geopenbaar sal word, en ander belangrike gebeure.

Die sewe donderslae in Openbaring 10 moet gelaat word waar God dit geplaas het. Dit weerklink eers wanneer die Engel van die Verbond vir Israel neerdaal (“THE REVELATION OF THE SEVEN SEALS”, bl. 72). Die lering dat die sewe donderslae “sewe deugde” of “sewe spesiale manne” is, moet verwerp word, want soos met al die ander “Donderslae”-weergawes in omloop, is dit net eiematige interpretasies en idees, sonder enige bybelse basis.

Nadat Broeder Branham oor die sewe seëls gepreek het, was hy aangesê dat hy terug moet gaan om 'n paar dinge by te voeg, insluitend die volgende:

“Want dit is presies soos geskrywe is, dat “niemand die uur van Sy koms, sal weet nie”. Ook sal hulle nie die geheimenis van die sewe-donderslae ken nie” (“THE REVELATION OF THE SEVEN SEALS”, par. 394).

Prediker, vergeet van hierdie onderwerp en laat die aangeleentheid aan God oor! Johannes was nie toegelaat om te skryf wat die sewe donderslae geuiter het nie; dit het dus nie deel geword van die geskrewe Woord van God nie en kan daarom ook nie verkondig word nie. Dit is die SO SPREEK DIE HERE in Sy Woord! Ons word beveel om net die dinge wat in die Woord geskrywe is, te bewaar (Openb. 1: 1-3). Ons is verbied om by die woorde van die profesie van hierdie boek selfs die geringste ding by te voeg (Openb. 22: 16-21). Is die waarskuwing nie duidelik genoeg nie?

Available translations