Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: In een van sy laaste preke het Broeder Branham gesê:
“Wag net totdat ons kom waar hierdie plae, en seëls en die sewe donderslae oopgemaak word” (15 Aug. 1965)
Die sewe donderslae waarvan hy gepraat het, was spesifiek in verband met daardie geweldige gebeurtenis van 28 Februarie, 1963, toe die sewe magtige donderslae geklap en die bonatuurlik verligte wolk verskyn het. Dr. James McDonald van die universiteit van Tucson in Arizona, het die talle foto's daarvan geëvalueer en sy verslag daaroor vrygestel in die tydskrifte “SCIENCE” (19 April, 1963) en “LIFE” (17 Mei, 1963). Broeder Branham praat ook in hierdie verband oor die ervaring van die wegrapingsgeloof, ook van die nuwe naam wat dan geopenbaar sal word, en ander belangrike gebeure.
Die sewe donderslae in Openbaring 10 moet gelaat word waar God dit geplaas het. Dit weerklink eers wanneer die Engel van die Verbond vir Israel neerdaal (“THE REVELATION OF THE SEVEN SEALS”, bl. 72). Die lering dat die sewe donderslae “sewe deugde” of “sewe spesiale manne” is, moet verwerp word, want soos met al die ander “Donderslae”-weergawes in omloop, is dit net eiematige interpretasies en idees, sonder enige bybelse basis.
Nadat Broeder Branham oor die sewe seëls gepreek het, was hy aangesê dat hy terug moet gaan om 'n paar dinge by te voeg, insluitend die volgende:
“Want dit is presies soos geskrywe is, dat “niemand die uur van Sy koms, sal weet nie”. Ook sal hulle nie die geheimenis van die sewe-donderslae ken nie” (“THE REVELATION OF THE SEVEN SEALS”, par. 394).
Prediker, vergeet van hierdie onderwerp en laat die aangeleentheid aan God oor! Johannes was nie toegelaat om te skryf wat die sewe donderslae geuiter het nie; dit het dus nie deel geword van die geskrewe Woord van God nie en kan daarom ook nie verkondig word nie. Dit is die SO SPREEK DIE HERE in Sy Woord! Ons word beveel om net die dinge wat in die Woord geskrywe is, te bewaar (Openb. 1: 1-3). Ons is verbied om by die woorde van die profesie van hierdie boek selfs die geringste ding by te voeg (Openb. 22: 16-21). Is die waarskuwing nie duidelik genoeg nie?