Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 3

Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het?

3 / 34

Antwoord: “SOOS JOHANNES DIE DOPER GESTUUR WAS OM DIE EERSTE KOMS VAN CHRISTUS VOORUIT TE LOOP, SO SAL DIE BOODSKAP WAT AAN JOU GEGEE WORD, DIE TWEEDE KOMS VOORUITLOOP”.

Dieselfde woorde het ongeveer veertig keer uit die mond van Broeder Branham in verskillende preke gekom. Ongelukkig was die bewoording gewysig na die volgende weergawe en selfs later aan die binnekant van die voordeur van Broeder Branham se huis in Tucson gekerf: “Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van die HERE vooruit te loop, so word jy gestuur om die tweede koms vooruit te loop”.

Niemand het die reg om so 'n verandering aan te bring nie. Daardeur word die oorspronklike opdrag, dat dit die boodskap is wat die tweede koms van Christus vooraf sal gaan, dus ontken! Wie dit doen impliseer dat Broeder Branham meer as veertig keer gelieg het, dws, elke keer toe hy die oorspronklike bewoording weergee het, naamlik dat die boodskap die tweede koms van Christus sal voorafgaan. Hy het selfs benadruk:

“… nie dat ek die voorloper sal wees nie, maar die boodskap sal die voorloper wees” (“TESTIMONY”, Puerto Rico, 10 Februarie, 1959).

Wie praat nou die waarheid? Die manne wie Broeder Branham persoonlik geken het, of William Branham, wie die HERE persoonlik geken het? Wat motiveer hierdie broeders om ander te mislei en geestelik aan húlle siening te bind? Hulle wys op die verlede en ook na die vermeende toekomstige bediening van die profeet, maar ignoreer wat God teenwoordiglik doen.

Available translations