Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte?

« »

Antwoord: Nee. Hierdie stelling uit die “Kerkeeue”-boek kom nie uit die mond van Broeder Branham nie, maar vanaf die skrywer van die boek. Daarom word dit nie in enige van die opgeneemde preke aangetref nie en verder is dit ook nie skriftuurlik nie.

Die een is die wedergeboorte deur die gees en die ander die vulling met die Heilige Gees. Mense het in Handelinge 8 gelowig geword deur te luister na die prediking van die evangelis Filippus en hulle was gedoop. Daarna het die apostels vanaf Jerusalem gekom en vir die gelowig-gewordenes gebid dat hulle die Heilige Gees moet ontvang. In Handelinge 10 het die gelowiges alles tegelyk ervaar, in dieselfde byeenkoms: berou, vergifnis, regverdiging, die wedergeboorte en die doop met Heilige Gees. Deur weergebore te word, word ons seuns en dogters van God; deur met die Heilige Gees gedoop te word, word ons opgeneem as lede in die liggaam van Christus en ontvang krag vir diens (Luk. 24:47; Hand. 1:8; Hand. 2; IKor. 12:1; IKor. 14; o.a.).

Die belangrikste ding is dat ons albei ervaar, of dit nou alles op een slag gebeur, of afsonderlik, en dat dit nie net by twispunte bly nie, maar wel persoonlike ervarings, wat ons net deur God se genade kan bekom. Broeder Branham het gesê: “As jy in die HERE glo, ontvang jy nuwe gedagtes, 'n nuwe lewe, maar dit is nie die doop met die Heilige Gees nie. Jy ervaar die wedergeboorte wanneer jy glo. Dan ontvang jy die ewige lewe … Maar die doop van die Heilige Gees plaas jou in die liggaam van Christus, onderhewig aan die gawes om te dien” (C.O.D. Vol.1, bl. 269, §§ 363, 364).