Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 29

Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte?

29 / 34

Antwoord: Nee. Hierdie stelling uit die “Kerkeeue”-boek kom nie uit die mond van Broeder Branham nie, maar vanaf die skrywer van die boek. Daarom word dit nie in enige van die opgeneemde preke aangetref nie en verder is dit ook nie skriftuurlik nie.

Die een is die wedergeboorte deur die gees en die ander die vulling met die Heilige Gees. Mense het in Handelinge 8 gelowig geword deur te luister na die prediking van die evangelis Filippus en hulle was gedoop. Daarna het die apostels vanaf Jerusalem gekom en vir die gelowig-gewordenes gebid dat hulle die Heilige Gees moet ontvang. In Handelinge 10 het die gelowiges alles tegelyk ervaar, in dieselfde byeenkoms: berou, vergifnis, regverdiging, die wedergeboorte en die doop met Heilige Gees. Deur weergebore te word, word ons seuns en dogters van God; deur met die Heilige Gees gedoop te word, word ons opgeneem as lede in die liggaam van Christus en ontvang krag vir diens (Luk. 24:47; Hand. 1:8; Hand. 2; IKor. 12:1; IKor. 14; o.a.).

Die belangrikste ding is dat ons albei ervaar, of dit nou alles op een slag gebeur, of afsonderlik, en dat dit nie net by twispunte bly nie, maar wel persoonlike ervarings, wat ons net deur God se genade kan bekom. Broeder Branham het gesê: “As jy in die HERE glo, ontvang jy nuwe gedagtes, 'n nuwe lewe, maar dit is nie die doop met die Heilige Gees nie. Jy ervaar die wedergeboorte wanneer jy glo. Dan ontvang jy die ewige lewe … Maar die doop van die Heilige Gees plaas jou in die liggaam van Christus, onderhewig aan die gawes om te dien” (C.O.D. Vol.1, bl. 269, §§ 363, 364).

Available translations