Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou?

« »

Antwoord: Nee. Tot op hede het niemand, sover my kennis strek, 'n stelling gevind waar hy oor so ‘n visioen praat nie. Hoe hierdie storie die wêreld ingegaan het, weet niemand meer nie. Ons het eers in 1966 van Broeder Branham se sg. “kalendervisioen” gehoor. Later was daar selfs publikasies daaroor, en ek het ook in my Omsendbrief van Februarie, 1967, daaroor geskryf.

Toe ek begin twyfel het oor die 1977 kwessie, het ek soos reeds genoem, vir Broeder Vayle daaroor uitgevra. Sy antwoord met betrekking tot die “Kalendervisioen” in sy brief van 17 Januarie, 1972, was soos volg:

“Wel, Broeder Frank, mense het gepubliseer dat Broeder Branham 'n kalender gesien het met ‘n hand wat dit oopgemaak het by 1977. Maar ons het vasgestel dat dit glad nie sy visioen was nie, eerder iets wat iemand uitgedink het. Ons het dit alreeds bespreek…”

Die tragedie is dat diegene wie verantwoordelik daarvoor was in die VSA, nooit 'n openbare regstelling gemaak het nie, gevolglik word die valse 1977 profesies en kalendervisioen nou nog aan Broeder Branham toegeskryf. Aangesien nie een van hulle dan ook vervul is nie, gee dit die kritici die geleentheid om hom 'n valse profeet te noem.