Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Die term “Derde Trek” verwys na die laaste fase van sy bediening. Aanhaling:
“Die Eerste Trek – gesondmaking, Die Tweede Trek – profesie. Die Derde Trek, die opening van die Woord, die verborgenhede geopenbaar” (“ANOINTED ONES AT THE END TIME”, par. 262).
Op 28 Februarie 1963 het Broeder Branham ‘n geweldige, sewevoudige, dawerende donderslae ervaar, wat hy daarna herhaaldelik die “sewe donderslae” genoem het. Hy het in-der-daad ‘n paar kere, sewe maal met sy vuis teen die preekstoel geklop, en gesê:
“Die sewe daaropvolgende donderslae was so kragtig … dit het gelyk asof dit iets wil uitspel” (“THE SEVENTH SEAL”, 24 Maart, 1963).
Dan praat hy van die geheim wat Satan nie van weet nie. So ook van die “derde trek” — van die prediking aan die totaal-verlorenes. Hy praat van die Koning se Swaard wat in sy hand geval het, met die opmerking: “Dit is die derde trek”. Hy praat van “die bediening van die gesproke woord”, ens.
Ons moet onderskei tussen die sewe donderslae wat letterlik gehoor kon word toe Broeder Branham op ‘Sunset Mountain’ was, voordat die sewe seëls geopen was, en die sewe donderslae in Openbaring 10, wat eers sal weerklink wanneer die Engel van die Verbond neerdaal met die boek geopen in die hand. God se stem weerklink met magtige donderslae: “Luister, luister na die gedruis van Sy stem en die dreuning wat uit Sy mond uitgaan … God donder wonderbaar(lik) met Sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is” —Job 37 (Sien ook Ex. 20:18; Joh. 12: 28-29; Hebr. 12: 18-19, ens.).