Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Chapitres: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Chapitres

expand_more

Navigate

Chapitres

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Chapitre 16

Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom?

16 / 34

Antwoord: Nee; beslis nog nie. Die Seun van die mens het nog nie gekom nie. Die Seun van die mens het Homself met dieselfde “teken van die Messias” geopenbaar deur die profetiese bediening, op dieselfde manier as wat dit gebeur het toe Hy op aarde gewandel het (Luk. 17:30): In Johannes hoofstuk 1 het Natánael en Simon Petrus dit ervaar, in hoofstuk 4 die vrou by die put, in Matthéüs 21 die dissipels wat die vul met die esel na Hom toe gebring het, sodat Sagaria 9, vers 9 vervul kon word.

Die koms in Lukas 21, vers 27, hou nie verband met die terugkeer van die Bruidegom om die Bruid huistoe te neem vóór die groot verdrukking nie, maar vind eers plaas ná die verdrukking:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie … En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid" (Matt. 24: 29-30; Mark. 13: 24-32; Luk. 21: 25-33).

Dit het beslis nog nie gebeur nie. Daniël 7, vers 13 en Openbaring 1, vers 7, praat van dieselfde gebeurtenis: “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”. Soos duidelik uit hierdie konteks blyk, is hierdie koms na alle volke en veral na die Jode, wat dit dan sal erken wie dit was wat hulle deurboor het (Sag. 12:10).

Available translations