Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom?

« »

Antwoord: Nee; beslis nog nie. Die Seun van die mens het nog nie gekom nie. Die Seun van die mens het Homself met dieselfde “teken van die Messias” geopenbaar deur die profetiese bediening, op dieselfde manier as wat dit gebeur het toe Hy op aarde gewandel het (Luk. 17:30): In Johannes hoofstuk 1 het Natánael en Simon Petrus dit ervaar, in hoofstuk 4 die vrou by die put, in Matthéüs 21 die dissipels wat die vul met die esel na Hom toe gebring het, sodat Sagaria 9, vers 9 vervul kon word.

Die koms in Lukas 21, vers 27, hou nie verband met die terugkeer van die Bruidegom om die Bruid huistoe te neem vóór die groot verdrukking nie, maar vind eers plaas die verdrukking:

“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie … En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid" (Matt. 24: 29-30; Mark. 13: 24-32; Luk. 21: 25-33).

Dit het beslis nog nie gebeur nie. Daniël 7, vers 13 en Openbaring 1, vers 7, praat van dieselfde gebeurtenis: Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”. Soos duidelik uit hierdie konteks blyk, is hierdie koms na alle volke en veral na die Jode, wat dit dan sal erken wie dit was wat hulle deurboor het (Sag. 12:10).

Antwoord: Nee; beslis nog nie. Die Seun van die mens het nog nie gekom nie. Die Seun van die mens het Homself met dieselfde “teken van die Messias” geopenbaar deur die profetiese bediening, op dieselfde manier as wat dit gebeur het toe Hy op aarde gewandel het (Luk. 17:30): In Johannes hoofstuk 1 het Natánael en Simon Petrus dit ervaar, in hoofstuk 4 die vrou by die put, in Matthéüs 21 die dissipels wat die vul met die esel na Hom toe gebring het, sodat Sagaria 9, vers 9 vervul kon word.

Die koms in Lukas 21, vers 27, hou nie verband met die terugkeer van die Bruidegom om die Bruid huistoe te neem vóór die groot verdrukking nie, maar vind eers plaas ná die verdrukking: