Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Dit is baie vreemd dat byna die helfte van die vrae, op die een of ander manier, betrekking het op Openbaring hoofstuk 10. Weer moet ons goed oplet wat gesê was. Hy het van “verborgenhede” gepraat (meervoud), glad nie soos geskrywe is, van die “verborgenheid” van God nie. Dit het hy gedoen want hy was die boodskapper in hierdie laaste kerkeeu, waarin alle verborgenhede in die Woord geopenbaar sou word. In sy preek van 30 Desember, 1962, “IS THIS THE TIME?”, noem Broeder Branham sewentien verborgenhede wat geopenbaar is. Hy begin met “die verborgenheid van die koninkryk van God” en eindig dan met “die teruggekeer van die vuurkolom”. Jesus Christus is “die verborgenheid van die godsaligheid”. Dit is hoe ons dit in ITimothéüs 3, vers 16 bevestig vind. Die Jode het die openbaring en verskyning van die een ware God in Jesus Christus destyds nie aanvaar nie en erken dit vandag nog steeds nie.
Die nuwe-testamentiese Gemeente het egter die verborgenheid of God van die begin af geken (Kol. 2: 2-3, ens.).
Die oomblik wanneer hierdie groot “verborgenheid van God” tot ‘n einde kom, sal die Jode ingesluit word, soos Hy ook aan Sy diensknegte en profete gewys het. Word die nuwe-testamentiese Gemeente aangespreek, dan lees ons van “apostels en profete” want die Gemeente van Jesus Christus is gebou op die fondament van die apostels en profete (Efé. 2:20). Wanneer dit oor die Jode gaan, dan lees ons: “soos Hy die blye tyding verkondig het aan Sy diensknegte die profete”.
Na die aankondiging in Openbaring 10, vers 7, moes Johannes die oop boek eet en was beveel: “Jy moet weer profeteer…” In hoofstuk 11 profeteer die twee profete van Israel twee-en veertig maande lank in Jerusalem; dit is drie-en-‘n half jaar. Is dit nie duidelik genoeg nie?
In hoofstukke 8 en 9 vind ons die beskrywing van die eerste ses basuin-oordele. In hoofstuk 10 word die sewende basuin-aankondiging gemaak, maar die eintlike vervulling daarvan vind ons eers in hoofstuk 11, vanaf vers 15: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse HERE geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid”. Ons moet die goddelike orde van die gebeure soos dit in die Woord van God vir ons getoon word respekteer. Reg na die sewende basuin weerklink, lees ons: “ … U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges” (hfst. 11, verse 15-19).
Dit is belangrik om te weet dat die Hebreeuse woord, “Shofar”, in ons bybels vertaal word as “basuin”. “Shofar” word in verband met die sewende seël en die sewe basuine-engele vanaf hoofstuk 8, vers 2, regdeur hoofstuk 9 en in hoofstuk 10, vers 7, tot hoofstuk 11, vers 15, elf keer gebruik. Die laaste drie Shofar-basuine wat in Openbaring 8, vers 13, sowel as in Openbaring 10, vers 7, staan, word aangegee as “stemme”:
“Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige stemme van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!”.
“ … maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas…”