Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 13

Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7?

13 / 34

Antwoord: Dit is baie vreemd dat byna die helfte van die vrae, op die een of ander manier, betrekking het op Openbaring hoofstuk 10. Weer moet ons goed oplet wat gesê was. Hy het van “verborgenhede” gepraat (meervoud), glad nie soos geskrywe is, van die “verborgenheid” van God nie. Dit het hy gedoen want hy was die boodskapper in hierdie laaste kerkeeu, waarin alle verborgenhede in die Woord geopenbaar sou word. In sy preek van 30 Desember, 1962, “IS THIS THE TIME?”, noem Broeder Branham sewentien verborgenhede wat geopenbaar is. Hy begin met “die verborgenheid van die koninkryk van God” en eindig dan met “die teruggekeer van die vuurkolom”. Jesus Christus is “die verborgenheid van die godsaligheid”. Dit is hoe ons dit in ITimothéüs 3, vers 16 bevestig vind. Die Jode het die openbaring en verskyning van die een ware God in Jesus Christus destyds nie aanvaar nie en erken dit vandag nog steeds nie.

Die nuwe-testamentiese Gemeente het egter die verborgenheid of God van die begin af geken (Kol. 2: 2-3, ens.).

Die oomblik wanneer hierdie groot “verborgenheid van God” tot ‘n einde kom, sal die Jode ingesluit word, soos Hy ook aan Sy diensknegte en profete gewys het. Word die nuwe-testamentiese Gemeente aangespreek, dan lees ons van “apostels en profete” want die Gemeente van Jesus Christus is gebou op die fondament van die apostels en profete (Efé. 2:20). Wanneer dit oor die Jode gaan, dan lees ons: “soos Hy die blye tyding verkondig het aan Sy diensknegte die profete”.

Na die aankondiging in Openbaring 10, vers 7, moes Johannes die oop boek eet en was beveel: “Jy moet weer profeteer…” In hoofstuk 11 profeteer die twee profete van Israel twee-en veertig maande lank in Jerusalem; dit is drie-en-‘n half jaar. Is dit nie duidelik genoeg nie?

In hoofstukke 8 en 9 vind ons die beskrywing van die eerste ses basuin-oordele. In hoofstuk 10 word die sewende basuin-aankondiging gemaak, maar die eintlike vervulling daarvan vind ons eers in hoofstuk 11, vanaf vers 15: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse HERE geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid”. Ons moet die goddelike orde van die gebeure soos dit in die Woord van God vir ons getoon word respekteer. Reg na die sewende basuin weerklink, lees ons: “ … U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges” (hfst. 11, verse 15-19).

Dit is belangrik om te weet dat die Hebreeuse woord, “Shofar”, in ons bybels vertaal word as “basuin”. “Shofar” word in verband met die sewende seël en die sewe basuine-engele vanaf hoofstuk 8, vers 2, regdeur hoofstuk 9 en in hoofstuk 10, vers 7, tot hoofstuk 11, vers 15, elf keer gebruik. Die laaste drie Shofar-basuine wat in Openbaring 8, vers 13, sowel as in Openbaring 10, vers 7, staan, word aangegee as “stemme”:

“Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige stemme van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!”.

“ … maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas…”

Available translations