Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Chapters: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Chapters

expand_more

Navigate

Chapters

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Chapter 5

Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte?

5 / 34

Antwoord: Hoe kan ek dit waag om die onfeilbare profetiese bediening te korregeer! Maar as ek leerstellige uitsprake vind, bv. meer as sewentig verskeie uitsprake oor die sewe donderslae en ook verskeie uitsprake oor ander onderwerpe, wat hy in sy preke op verskillende tye gemaak het, dan het ek geen ander keuse as om uit die Woord van God advies te neem nie. In antwoord op 'n bybelse vraag, kan ek net een korrekte antwoord gee. Die verskillende uitsprake maak dit duidelik dat dit nog steeds nie ten volle geopenbaar was nie en dus nog nie korrek georden kon word nie.

Ons sien sy perfekte profetiese bediening, wat op visioene wat hy gesien het gebaseer was en ons het ook sy bediening as evangelistiese prediker geken. Ons erken ook dat hy in groot verwagting was op die magtige dinge wat God op die punt was om te doen. William Branham was die beloofde profeet wat volgens Maleági 4, verse 5-6, voor die Wederkoms van Jesus Christus, alles weer in orde bring, soos onse HERE self gesê het in Matthéüs 17, vers 11 en Markus 9, vers 12. Dit was hy wat die harte van God se kinders teruggebring het na die oorspronklike leerstellings van die apostoliese vaders, want deur sy bediening moes alles in die Gemeente van Jesus Christus herstel word, sodat die Gemeente tot die goddelike heilsorde teruggebring kon word. Die profete het alles aangekondig soos dit deur die apostels en leraars, volgens God se plan van verlossing georden is. Ons moet die besluit van God, wie die verskillende bedieninge vir die opbou van die Gemeente daargestel het, respekteer (Efé. 4: 7-16, ens.). Nou eers kan al die los punte op die regmatige wyse, volgens die goddelike patroon, saamgevoeg word.

Available translations