Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 10

Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is?

10 / 34

Antwoord: Openbaring 10 is nog nie vervul nie. Soos ons gesien het, hou dit nie verband met die Gemeente nie. Broeder Branham was die boodskapper van die laaste gemeentelike tydperk, soos ons dit in Openbaring 3, verse 14-22 geskrywe vind, nie die sewende basuin-engel nie. Hy het Openbaring 10 genoem omdat dit die enigste gedeelte is wat van sewe donderslae praat. Maar ons erken die profetiese karakter van hierdie twee heeltemal verskillende gebeurtenisse. As byvoorbeeld in die Evangelie van Matthéüs 2, vers 15, die woord uit Hosea 11, vers 1: “… uit Egipte het Ek my seun geroep”, toegepas word op Jesus Christus, bly dit wat geskryf staan in Exodus 4, verse 22-23, nietemin ‘n feit: “My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien!”. Bybelse profesieë maak voorsiening vir 'n twee-voudige toepassing, maar dit moet nog steeds, volgens die verlossingsplan, elke keer gelaat word in die konteks waartoe dit behoort. Die werklike vervulling van Openbaring 10, was vooruitgespreek en sal in meer besonderhede in die volgende gedeeltes toegelig word. Weereens moet ons die goddelike “moet” beklemtoon, dat alles gebaseer moet word op meer as een Skrifgedeelte.

Die eerste sleutelwoord is "brul":

“en Hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul!” (Openb. 10:3).

“Die HERE sal brul uit die hoogte en Sy stem verhef uit Sy heilige woning!” (Jer. 25:30).

“Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom” (Hos. 11:10).

“En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy Sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir Sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel” (Joël 4:16).

“Die HERE brul uit Sion en verhef Sy stem uit Jerusalem…” (Amos 1:2).

Die volgende sleutelwoord is "sweer":

“En die Engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het Sy hand na die hemel opgehef, en Hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie” (Openbaring 10:6). “Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd” (Dan. 12:7).

Dit kon nie duideliker gesê word nie, dat vanaf daardie oomblik van sweer, daar net drie-en-'n-half jaar tot die einde van die laaste tydvak sal wees. Die tydindeling is eenvoudig perfek!

Wanneer die HERE neerdaal as die engel van die verbond, sal Hy een voet op land en een op die see plaas en Sy aanspraak as die oorspronklike eienaar toepas. Eers op daardie oomblik sal die donderslae hul stemme laat hoor. Ons moet verstaan dat elke Skrif letterlik vervul word en dat elke interpretasie 'n misleiding van die vyand is. Ook die tweede deel van Maleági 3, verse 1-2 — wat nie by die eerste koms van Christus vervul was nie en daarom nie eens in die Nuwe Testament genoem word nie — sal verwerklik word sodra hierdie magtige gebeurtenis plaasvind: “… dan sal skielik na Sy tempel kom die HERE na wie julle soek, naamlik die Engel van die Verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare. Maar wie kan die dag van Sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers…” Hierdie koms as Engel van die Verbond, wat in die ses genoemde skrifgedeeltes in detail beskryf word, moet presies in die konteks gelaat word soos dit in die Skrif geplaas is — naamlik vir Israel. Op daardie tydstip sal die tempel dan gemeet en herbou wees, waarheen, volgens Openbaring 11, verse 1-2, die Engel van die Verbond, wie die HERE van die leerskare is, sal kom. Amen.

Available translations